ʼn Vrou in haar dertigs is Sondagoggend dood toe die motor waarin sy ’n passasier was teen ʼn boom gebots het.Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die voorval het op die M1 op die Higginson-hoofweg naby Havenside in Chatsworth plaasgevind.
“Paramedici het omstreeks 10:10 by die toneel opgedaag. Die vrou was in die wrak vasgekeer. Sy het baie ernstige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Jamieson gesê.
Volgens hom het die bestuurder van die motor geringe beserings opgedoen en is op die toneel behandel.
Die polisie ondersoek die voorval.