Vrou eerste keer aan stuur van SANParke

Hapiloe Sello (Foto: Verskaf)

Dit is die heel eerste keer sedert die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (SANParke) se stiging in 1926 dat ʼn vrou aan die hoof van dié instelling staan.

Hapiloe Sello is Woensdag ná ʼn kabinetsvergadering as uitvoerende hoof van SANParke aangestel.

Volgens Pam Yako, voorsitter van die SANParke-raad, is die raad verheug om ʼn leier van Sello se kaliber in die rol aan te stel – “iemand met diepgewortelde kennis van die onderlinge verbondenheid van bewaring, toerisme en mense”.

“Ek twyfel nie daaraan dat SANParke in goeie hande is vir die volgende fase van sy groei nie,” het Yako gesê.

Sello het in 2015 by SANParke aangesluit as uitvoerende hoofbestuurder vir toerisme-ontwikkeling en -bemarking en het onder meer as SANParke se uitvoerende hoof opgetree vanaf Junie tot November verlede jaar.

“As hoof van toerisme het sy aan die hoof gestaan van die implementering van die organisasie se kommersialiseringstrategie en verskeie toerismeprodukte, geleenthede en strategiese vennootskappe, wat gehelp het om die nodige hulpbronne vir die SANParke in te bring.”

Yako sê Sello se aanstelling is ʼn belangrike stap vorentoe vir transformasie en vrouebemagtiging in die sektor.

“Dit is ʼn groot sprong vorentoe vir Afrika-bewaring en toerisme as ʼn katalisator vir vooruitgang en volhoubare verandering.”

Die raad het Sello sterkte en voorspoed toegewens vir haar nuwe rol.

“Ons moedig interne én eksterne belanghebbendes verder aan om haar in hierdie rol te ondersteun.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Harley Davidson ·

Solank sy bevoeg is om die werk te doen sal sy suksesvol wees alternatief sal sanpark ook soos Denel, Escom,spoorweg, poskantoor ten gronde gaan .

Di ·

Voorspoed, hoop van harte dat SY ‘n verskil kan maak. Mens deesdae maar baie sku weens al die korrupsie van kader aanstellings

Realis Thailand ·

Ek herhaal weer.oor n jaar of twee is daar weer nuwe skandes by die Parkeraad en niks sal verbeter nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.