Vrou en kêrel in hof oor moord op haar man

Misdaadtoneel (Archibald Manaka se huis) (Foto verskaf deur SAPD Limpopo)

Agrinate Makhubela (27) en Mapula Manaka (38), die vrou van die oorledene, het Vrydag in die Seshego-landdroshof in Limpopo verskyn op aanklag van sameswering om moord te pleeg, moord, meineed, dwarsboming van die gereg en dat hulle die aandklokreël kragtens die Rampbestuurwet oortree het.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee bly in aanhouding tot 7 Desember wanneer vir hul aansoek om borgtog en verdere polisieondersoek.

“Makhubela en Manaka is op 18 November 2020 in hegtenis geneem in verband met die moord op Archibald Manaka (43),” het Ngoepe bygevoeg.

Manaka is na bewering op 8 April 2020 in sy huis in Moletjie, Ga-Makweya in Seshego, in sy huis aangeval en verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek. Polisiebeamptes het aanvanklik gedink hy is tydens ʼn huisroof aangeval. “Toe polisiebeamptes by die toneel opgedaag het, het Mapula gesê drie onbekende persone het die huis betree, haar man aangeval en met kontant en ʼn skootrekenaar van die toneel gevlug.”

Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur. “ʼn Spesiale taakspan is deur die adjunk- provinsiale polisiekommissaris aangestel om die saak te ondersoek. Die span het onverpoosd gewerk en tydens hul ondersoek is Mapula, en haar vermeende kêrel, Makhubela, in Namakgale buite Phalaborwa en Moletjie in hegtenis geneem. Makhubela se vermeende medepligtige, ʼn 30-jarige man, is ook in hegtenis geneem. Die vermeende medepligtige kon egter nie met die saak verbind word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.