Vrou gered na motor by Chapmanspiek afstort

(Foto: Facebook/WSAR)

ʼn 43-jarige vrou het wonderbaarlik oorleef nadat haar motor glo sowat 180 m ver by Chapmanspiek afgestort het.

Lede van die Wildernis-soek-en-reddingspan (WSAR), reddingswerkers en nooddienste is Maandagmiddag na die toneel ontbied.

Volgens David Nel, WSAR se woordvoerder, was die vrou glo na Houtbaai onderweg toe haar motor teen ’n steil helling afgestort het. Sy was alleen in die motor.

’n Klein mediese en reddingspan het teen die steil terrein afbeweeg om die wrak te bereik.

(Foto: Facebook/WSAR)

“Die vrou kon daarin slaag om uit die motor te kom, maar sy kon nie verder loop nie,” sê Nel.

Die pasiënt is op die toneel behandel voordat sy op ’n draagbaar geplaas is wat aan toue vasgemaak is en sy veilig tot bo by die pad gehys is. Sy is daarna per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere mediese behandeling vervoer.

’n Hommeltuig van die Wes-Kaapse nooddienste is gebruik om die reddingspoging te monitor en terugvoer te gee.

Volgens Nel was dit ʼn veeleisende reddingspoging, maar is dit vergemaklik danksy verskeie bekwame reddingspesialiste wat op die toneel was.

“Ons wens die vrou ʼn spoedige herstel toe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Burt ·

onthou ek ewe skielik die ou Mercedes advertensie bergaf, met Land Rover se advertensie agterna, terug op

Casper ·

Huilend hert,so baie reddingswerkers om een vrou by te staan.Een helikopter met 4 reddingswerkers sou ook die ding kon doen.

Koen ·

Jammer, maar ek moet lag “Huilende hert”…Bhahahaaaaaaaa. Iewers iets gehoor maar weet nie mooi nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.