ʼn Vrou, vermoedelik in haar 40’s, is ernstig beseer toe haar motor teen ʼn verkeerslig en ʼn betonversperring gebots het voordat die motor in vlamme uitgebars het.
Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die voorval het Saterdag teen 03:00 op die hoek van Randlesweg en Stanley Copleyweg in Sydenham, Durban, plaasgevind.
“Toe ons paramedici by die toneel opdaag was die voertuig op sy sy en behoorlik aan die brand. Die Durbanse brandweer was vinnig op die toneel om die brand te blus,” het Jamieson gesê.
Die bestuurder is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat sy na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas is vir verdere mediese behandeling.
Die omstandighede rondom die voorval is in dié stadium nog nie bekend nie.
Die polisie ondersoek die voorval.
Wat se raaiselantige botsings vind deesdae plaas???
Daar moet altyd eers verder ondersoeke plaas vind voor dat die rede verstrek kan word.