Vrou ook dood ná Oos-Vrystaatse plaasaanval

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Lorraine Claasen)

’n Jong vrou is die tweede slagoffer om aan veelvoudige skietwonde te beswyk ná Sondagaand se aanval op ’n plaas naby Ficksburg in die Oos-Vrystaat.

Die 19-jarige vrou is Maandagaand in die hospitaal dood. Polisieondersoekers is intussen van haar dood in kennis gestel, sê sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder.

Die jong vrou is tydens die plaasaanval in haar bolyf en bobeen geskiet.

“Al die slagoffers het veelvuldige wonde opgedoen. Die meeste van hulle is in die bolyf gewond,” het Kareli Dinsdagmiddag aan Maroela Media gesê.

Die jong vrou en vyf ander – drie vroue en twee mans –  is Sondagaand na ʼn hospitaal geneem nadat twee plaasaanvallers op twee huise op die plaas tussen Fouriesburg en Ficksburg toegeslaan en skote afgevuur het.

’n Seun, vermoedelik 10 jaar oud, is tydens die aanval dood. Hy is in die maag geskiet.

Kareli sê die slagoffers is almal deel van twee “doodgewone” families. “Die families was bure van mekaar.”

Maroela Media het vroeër berig die aanval het hom Sondag omstreeks 21:50 op die plaas afgespeel toe die aanvallers te voet by die twee wonings op die plaas opgedaag en sonder meer op die inwoners losgebrand het.

Die verdagtes het weer te voet gevlug en later in ʼn onbekende motor geklim wat langs die R26-pad gewag het.

Die motief vir die skietery is in hierdie stadium steeds onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

JohanR ·

30 jaar van die ANC en plaas moorde op wit mense gaan maar net aan en aan en aan. ANC gee die geld, EFF maak die reelings, en taxis ry aan na die plaas wat moet aan geval word. Na die tyd is dit terug waar die taxi wag, of weg ry in die boer se voertuig.

Corne123 ·

Die land val uitmekaar en moet se ek kan noe sien hoe enige party dit sal kan omkeer nie dit gaan jare se harde werk en Baie gevegte kos om ons land te kan red dit regtig so so sad dat die mood land van ons so geplunder en in n misdaad land verval het

Sobymykoolkop ·

Nie ń poging om te roof nie? So, hulle was absolutuut daarop uit om dood te maak?

Christine ·

Waar gaan alles eindig
DIS ALLES DIE ANC SE SKULD
FAMILIES MOET VIR HOED VERANTWOORDELIK HOU

Linda ·

Elke dag meer moorde waarmee weggekom word
Niks word gedoen nie.

willie ·

So waar is mnr die hoed nou, hoekom stel hy nie ‘n taakspan saam om onmiddelik die moordenaas te gaan soek nie?

Casper ·

JohanR nêrens het ek in die berig gelees dat dit witmense is wat aangeval was nie.Miskien het ek iets gemis.Die berig maak ook nie melding van ras of name nie,so ons sal seker nooit weet nie.

Casper ·

Dit is betreurenswaardig en hartseer dat hierdie sonskyn land van ons na 1994 in ‘n misdaadparadys verander het.

Cherokee ·

As jy dit nie genoem het nie Casper, dan sou ek dit doen. Johan het gelees wat nie geskryf is nie.

Sindy ·

Die motief is onbekend ??? Die motief is moord , maar nee dis mos n plaasaanval so dis mos nie belangrik nie ,veral nie in die land nie.

Papsak ·

Die hele klomp anc eff is almal n klomp op stokers en aanhittsers hulle sit saam agter al hierdie moorde niks gaan stop nie hierdie land is m*er toe weet nie of ons poit die land gaan kan red nie regtig alles te ver heen !!!!!

Spook ·

Dit was seker maar weer onderlinge stamgevegte wat hier tot uiting gekom het. Die plaas is op die grens met Lesotho, en die familie het seker een of ander vete aan die gang, wat nou tot die “oplossing van die probleem” gelei het.

Martie ·

Vir my ook vreeslik snaaks dat daar nie gesê word wie die slagoffers is nie. Gewoonlik is dit ‘n plaasboer of vrou, nou wie is hierdie mense, boere of bywoners of werkers?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.