Vrou op staproete aan die Wes-Rand beseer

Foto verskaf deur Netcare 911

ʼn Vrou, in haar 30’s, is Saterdagmiddag gered op die Karee-staproete in Rustig aan die Wes-Rand.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici, die bergreddingsklub MSAR, reddingsgroep Sarza en die Hekpoort-plaaspatrollie het omstreeks 12:45 reageer op ʼn noodoproep van die Karee-staproete.

“Die vrou was reeds ver op die roete toe sy geval en haar been beseer het. Reddingspanne is op die roete ontplooi om die vrou op te spoor.”

Sy is op die toneel behandel voor sy met ʼn gespesialiseerde draagbaar na ʼn ambulans vervoer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.