Vrou se kop in mans se besit gevind

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Twee mans is in Polokwane in hegtenis geneem nadat ʼn vrou se kop by hulle gevind is, het die polisie in Limpopo gesê.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het Sondag inligting opgevolg oor mense wat glo menslike liggaamsdele verkoop. “Die beamptes het ʼn voertuig voorgekeer in Markstraat naby die taxistaanplek.”

Volgens Otto het beamptes die voertuig deursoek en op ʼn vrou se kop afgekom wat in koerantpapier toegedraai was. Twee verdagtes is in hegtenis geneem. Otto het gesê dit is nog nie duidelik waar of wanneer die vrou vermoor is nie.

Otto het intussen bevestig dat polisiebeamptes Maandagoggend op die verbrande liggaam van ʼn vrou afgekom het onder ʼn brug in Mahwelereng. Sy het gesê die moontlikheid word ondersoek dat dit die liggaam is van die vrou wat vermoor en wie se kop verwyder is.

Die verdagtes sal Maandag in die Mahwelereng-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

CHRISTA ·

Hoe kan jy die doodstraf wil terugbring, DBD? Moord is mos een van ons land se nasionale sporte! Die ander is verkragting en roof (gewapen of slegs net “grab a bag”)!!!

KarooKlong ·

En dan nog ‘n dag of wat met die kop rondry om te probeer om ‘n paar rand daaruit te maak.

Steven Siege ·

Dit is Afrika, en meer siek mense as wat n mens kan droom van.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.