‘n Jong wetenskaplike van Pretoria is op die regte pad om sy droom te bewaarheid – hy wil volg in die voetspore van die Suid-Afrikaanse uitvinder Elon Musk.
Lees meerAlles vir Maandag 11 Julie 2016
Brittanje het teen dan nuwe leier
Brittanje sal teen Woensdagaand ʼn nuwe premier hê en dis moontlik weer ʼn vrou.
[Foto’s] Passasiers ure op lughawe na kapingsalarm
Passasiers van SA Airlink se vlug SA8678, moes Maandag vir langer as vier ure op die Wonderboom-lughawe wag na ʼn vals alarm oor ʼn moontlike kaping.
SAL se goue handdrukke meer as R22 miljoen
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) het die afgelope paar jaar meer as R22 miljoen in goue handdrukke aan uitvoerende hoofde en finansiële hoofbeamptes betaal.
SAUK gaan nie sensuur-besluit terugtrek
Hlaudi Motsoeneng, omstrede bedryfshoof van die SAUK, het Maandag tydens ʼn mediakonferensie gesê die openbare uitsaaier sal nie voorgeskryf word nie.
Die wêreld in foto’s – 11 Julie 2016
Foto’s bied ʼn blik op die wêreld wat nie noodwendig in woorde beskryf kan word nie. Beleef al die nuusgebeure, een foto op ʼn slag.
[Video] ‘Leuens maak die seerste’ – Oscar se suster
Oscar Pistorius se suster Aimée is dankbaar dat regter Thokozile Masipa dit benadruk het dat die voormalige Paralimpiese atleet sy vriendin Reeva Steenkamp nie tydens ‘n argument doodgeskiet het nie.
Twee in hof na KZN-plaasmoord
Twee 18-jariges het Maandag in die Greytown-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op Sarel David Theron (49).
Bekende egpaar op plaas aangeval
Dr. Koos Troskie, ʼn bekende geneesheer op Kroonstad in die Vrystaat, en sy bedlêende vrou, Natalie, is op hul plaas buite die dorp aangeval.
Oorweeg dié oorbruggingsjaar ná matriek
Hoe weet jy watter beroep om te kies op 18-jarige ouderdom? Jy leer eers jouself ken, waarvoor jy lief is en wat jou belangstellings is. By Mooikrans kan hulle jou hiermee help.
Chad le Clos deel hartseer nuus
Le Clos sê dit is ʼn moeilike tyd vir sy gesin, maar hy oefen steeds hard vir die Olimpiese Spele.
‘Terreur’-arrestasies: Tweeling verskyn in hof
Tweelingbroers, wat die naweek saam met nog twee verdagtes in Johannesburg in hegtenis geneem is op terreurverwante aanklagte, het Maandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.
Jongman ‘soos hond’ doodgeslaan
“My seun is soos ʼn hond in die straat doodgeslaan,” het ʼn gebroke pa gesêwat die nuus moet verwerk dat sy seun, Pierre de Necker (24), Vrydagaand in Belfast in Mpumalanga so erg aangerand is deur ʼn groep mense wat hom glo van diefstal beskuldig het, dat hy Saterdag aan sy beserings beswyk het.
SAUK moet sensuur-instruksies terugtrek
Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) het Maandag uitspraak gelewer oor die SAUK se besluit om voortaan nie gewelddadige beeld- en klankmateriaal oor betogings uit te saai nie.
CY Mark nie sommer elke hierjy se mark nie
Die Kaapse CY Mark, wat daarop fokus om plaaslike vroue te bemagtig en terselfdertyd niewinsgewende organisasies die geleentheid bied om terug te ploeg in die samelewing, word tussen 20 en 25 September net buite Durbanville in die Wes-Kaap gehou.
Tegniese fout lei glo tot kapingsgerug
ʼn Gerug dat ʼn vliegtuig van SA Airlink onderweg van Kaapstad Internasionale-lughawe na Wonderboom-lughawe, noord van Pretoria, gekaap is, is glo deur ‘n tegniese fout veroorsaak.
[Video] STROOP: Hope, die renoster wat wêreldwyd mense aangegryp het
“Ek voel so bevoorreg om oogkontak te maak met hierdie dier wat lelik gemaak en geskend is deur die mens se gierigheid, maar wat so mooi is danksy haar wil om te oorleef.”
Luister: Só hanteer jy konflik met vrymoedigheid
Leer in dié uitsending hoe om konflik met vrymoedigheid te hanteer.
Man langs motor op snelweg doodgery
ʼn 35-jarige man is Maandagoggend op ʼn snelweg aan die Oos-Rand langs sy stilstaande motor doodgery.
Afrikaanse kommentators vasgevang in Euroskeptisisme
Bart Bouwman meen gerekende rubriekskrywers ry tans saam op ’n Euroskeptiese kommentaargolf en vergeet skoon om verder te kyk as hierdie soort kommentaar.