Vrou skuldig aan geliefde veearts se moord

Dr. Freddie Malan. (Foto: Facebook)

Die 28-jarige Linda Samantha Carolina Venter is skuldig bevind aan die moord op die geliefde Pretoriase veeaarts, dr. Freddie Malan.

Malan is in Januarie 2019 in sy praktyk in die Moot doodgeskiet toe ’n vrou en twee mans die betrokke aand op die Jakaranda-dierehospitaal toegeslaan het.

Dié trio is daarna met talle misdaadsake verbind. Venter is tot op hede egter die enigste om in hegtenis geneem te word.

Venter is Vrydag in die Johannesburgse hooggeregshof ingevolge ’n pleitooreenkoms skuldig bevind aan Malan se moord.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media gesê regter Mahango het Venter ook aan 25 aanklagte van gewapende roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Linda Samantha Carolina Venter is destyds op beeldmateriaal vasgevang (Foto: Verskaf)

Maroela Media het vroeër berig Venter is in Augustus 2019 in Roodepoort in hegtenis geneem nadat sy en haar makkers in verband met talle misdade in Gauteng gesoek is. Dit sluit in etlike rooftogte by mediese praktyke.

Rooftog loop skeef

Venter het op die dag van Malan se moord in die Jakaranda-dierehospitaal ingegaan om kwansuis meer inligting te kry oor die behandeling van ’n troeteldier waarna sy die dierehospitaal se hek vir haar twee makkers oopgehou het.

Die twee mans het die personeel van die dierehospitaal gekonfronteer. ’n Woordewisseling het ontstaan en Malan is doodgeskiet.

Mjonondwane sê die saak is uitgestel sodat ’n voorvonnisverslag opgestel kan word. Venter sal na verwagting op 5 Julie gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Corne ·

Grote griet. Wat gaan aan met die vrouens dat hulle, hulle mans vermoor. Ek is self ‘n vrou en verstaan nie wat dryf jou na so iets nie. Daar is seker soveel ontbeantwoorde vrae

Belinda ·

Daar is geen manier dat sy vrou dit ooit sou kon doen nie

Anoniem ·

Gewetenlose misdadigers! Daar is nie plek vir sulke mense in ons samelewing nie.

SomeOne ·

die wiel draai, baie stadig, maar verseker, iewers gaan misdadigers ‘n fout maak, dan is die gevolge daar

Elize ·

Vragie: wat gebeur nou met haar kind? Word die kind in pleegsorg geplaas totdat sy eendag uitkom? Waar is haar familie? Indien enige sou sy mos nie met die kind by die hof rondgehang het nie of was die kind al hierdie tyd saam met haar in die gevangenis?

Adrie ·

Ek wil net weet HOEKOM. Wat gaan in ‘n mens se kop aan om ‘n ander leed aan te doen en dood te maak. HOEKOM. Mag sy tot inkeer kom in die tronk. Use the time in prison and REPENT.

Objektief ·

Ongelooflike goeie veearts. Hy het twee keer my worshond se reg ge-opereer. Was een van die kenners op ortopediese operasies op diere. Sy fooi was 50% van die veeartse in JHB omgewing. En hulle het hom vermoor vir omtrent niks nie

SwartBees ·

Party doen dit uit liefde vir diere en ander uit liefde vir geld.

Tiptol ·

My veearts het 6 mense wat vir haar by haar praktyk werk en 3 kinders op universiteit. Sy doen dit ook vir die liefde vir die diere, maar sy het ook afhanklikes.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.