Vrou skuldig bevind op 16 aanklagte van bedrog

(Foto: Maroela Media/ Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Die Kaapstadse streekshof het die 49-jarige Dolene Harrison Saterdag op 16 aanklagte van bedrog skuldig bevind.

Harrison was in diens van Nedbank se afdeling vir beleggingsbestuur in Kaapstad en het as ʼn administrateur in die bedryfsentrum en interne Nedbank-rekeninge vir beleggingsbestuur gewerk.

Lt.kol. Siyabulela Vukubi, woordvoerder van die Valke, sê die vrou het gedurende die tydperk van Mei en November 2015 onwettige transaksies vanaf die werknemer se rekening gemaak.

“Soveel as R5,3 miljoen is van die algemene grootboekrekening, wat by Nedbank gehou is, na ʼn betalingsrekening oorbetaal, waarna geld na verskeie rekeninge by Standard Bank, ABSA en FNB oorgeplaas is,” sê Vukubi.

Die saak is na die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad vir ondersoek verwys, waarna Harrison skuldig bevind is.

Sy word op 24 Januarie 2024 gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yvonne ·

Mens werk so swaar vir jou geld dan kom gierigheid die oorhand kry…hoe tragies as Mamon jou in sy kloue kry

electricmango ·

Dit maak van haar die top kandidaat om minister van finansies te word.

Bekkie ·

Ag jitte tog, kan die mense nie besef een of ander tyd gaan hul uitgevang word nie?

Surfer ·

Laat my baie dink aan Jan Taks, vat ons swaar verdiende geld en plaas dit ook in ander se bank rekeninge vir onwettige transaksies of “affirmative shopping”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.