Vrou sterf, twee gewond in skietery in spreekkamer  

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

ʼn Vrou is dood en twee mense gewond toe gewapende rowers Woensdag by ʼn doktersspreekkamer in Mabopane, noord van Pretoria, ingebars en geld geëis het.

Paramedici is omstreeks 16:30 na die spreekkamer in Peter Maganostraat ontbied, het Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Volgens berigte het ʼn onbekende aantal gewapende verdagtes die spreekkamer binnegestorm en kontant geëis. ʼn Skietery het uitgebreek en die ontvangsdame is noodlottig gewond.”

Nog ʼn vrou, glo ʼn assistent in die spreekkamer, is geskiet en ernstig gewond. Sy is op die toneel deur paramedici behandel voordat sy na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

“Die dokter is ook geskiet en is met ʼn private voertuig na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Hy is hierna met ʼn Netcare 911-lugambulans na ʼn spesialisfasiliteit geneem.”

Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fedup ·

Okay, today i will be polite as freedom of speech and expression seem to offend people.
Anyhoo, i feel for the families.
Hope the “culprits” will pay for what they have done.

Werner ·

Ons het strenger wapen wette as Amerika maar die moord en doodslag is erger hier.Met ander woorde om die wetsgehoorsame burger te ontwapen werk nie.Gee hulle maar liewer wapens dat hul hulself kan verdedig want die vergete polissie van ons kan nie

Tanniepetoors ·

Skokkend en uiters tragies. Simpatie en sterkte aan familes

Pot se lepel ·

RSA het n rowerspelonk geword. En onse President kater oorgrens om aan ISIS in Moz te gaan torring terwyl hier daagliks baie meer landsburgers onder tereur ly as in n week doer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.