Vrou vas vir gruwelike moord op pasgebore baba

Paramedici het met die pasgebore kind na ʼn plaaslike hospitaal gejaag, maar sy is dood voordat hulle die hospitaal kon bereik het (Foto: Limpopo Department of Health, Facebook)

Waarskuwing: Die inhoud van hierdie berig kan sensitiewe lesers ontstel.

ʼn 30-jarige vrou is Maandag in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar pasgebore baba om die lewe gebring het. Sy het glo in die geheim in ʼn toilet in ’n winkelsentrum in Malamulele, Limpopo, gekraam voordat sy haar baba grusaam vermoor het. Daar word ook beweer dat die ma haar swangerskap vir haar familie weggesteek het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die vrou en haar ma is omstreeks 08:00 na die Kunjani-kliniek in Malamulele. Hulle wou glo die verpleegpersoneel raadpleeg waarom die vrou se maag so groot word. Dit nadat sy ontken het dat sy swanger is.

“Terwyl die vrou en haar ma by die kliniek gewag het om gehelp te word, het die vrou glo vir haar ma gesê dat sy gou na die toilet by die Masingita-winkelsentrum, wat langs die kliniek geleë is, gaan,” sê Mojapelo.

“Die vrou het glo in die toilet in dié winkelsentrum gekraam. Sy het daarna die baba wreed aangerand.”

Thilivhali Muavha, woordvoerder van die provinsiale departement van gesondheid, sê die vrou het die pasgebore baba, ʼn dogtertjie, se kop na bewering teen die muur van die toilet geslaan. Sy het daarna glo die baba se kakebeen met haar hande oopgerek.

Skoonmakers het die baba se gehuil gehoor en hulle na die toilet gehaas en die vrou op heterdaad betrap.

“ʼn Algemene werker by die winkelsentrum, wat die voorval aanskou het, het die nooddienste ontbied. Paramedici het met die pasgebore kind na ʼn plaaslike hospitaal gejaag, maar sy is dood voordat hulle die hospitaal kon bereik het,” sê Muavha.

Die vrou is ook na afloop van die voorval na die hospitaal geneem. Sy is later uit die hospitaal ontslaan en toe dadelik in hegtenis geneem.

Sy sal na verwagting Woensdag in die Malamulele-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Mojapelo sê die motief vir die moord is in hierdie stadium nie bekend nie.

Dr. Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, en lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale polisiekommissaris in Limpopo, het die voorval ten sterkste veroordeel. Ramathuba het die voorval as “hartverskeurend” beskryf.

“Die departement van gesondheid se sielkundiges sal saam met die polisie werk om te probeer vasstel waarom die vrou haar baba so gruwelik vermoor het. Ons kan nie geestesongesteldhede uitsluit nie,” sê Ramathuba.

“Vir ʼn vrou om haar swangerskap weg te steek en daarna die kind dood te maak, kan nie normale gedrag wees nie. Daarom sal praktisyns deur ons geestesgesondheidsorg die polisie ondersteun in die hantering van die saak.”

Ramathuba het voorts ʼn beroep op alle mans gedoen om hul vroue gedurende hul swangerskap by te staan. Sy het ook die publiek daaraan herinner dat daar beskikbare opsies is indien ʼn vrou swanger raak, maar nie die kind wil behou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Persheks Adri ·

Hoe op dees aarde kan ‘n MENS dit doen? Dis baie wreed ek hoop sy sit vir altyd!!!

Retha ·

My hart huil vir daardie babatjie, maak nie saak wat die oorsaak vir die wreedheid gewees het nie. Tien teen een was die ma op drugs.

Frank ·

Nee wat, sy was heeltemal by haar sinne, geen geestesversteurdheid nie.
Sjoe, kan ‘n mens dit sê van iemand wat soiets aanvang

Retha ·

Ek het een woord, maar dan sal Maroela my afgooi, so ek sluk liewer my woorde

Swanies ·

ONMENSLIK WREED! Mag die Hemelse Vader daardie onskuldige kind in Sy arms toevou.

Andre ·

As ek hier sê wat ek graag wil sê, sluit hulle my toe saam met Zuma.

Retha ·

Ja, jy lees reg. Gisteraand al op News24 berig gesien, maar kon nie lees omdat ek nie geld het om in te teken nie. Baba se voetjies was ook daar getoon

Mariana ·

Liewe hemel wat ‘n wrede, sadistiese vroumens is dit die. Hoe kan enige persoon, wat nog te sê ‘n ma so iets aan ‘n pasgebore baba doen. Daar is nie plek op hierdie aarde vir so iemand nie. Sy is ‘n demoon. Ons wêreld raak daagliks ‘n wreder plek en vir wat sy gedoen het is daar geen verskoning of vergifnis nie.

Die Boerepompie ·

Ek dink nie eers n dier sal haar baba so dood maak nie

Fae Fubar ·

Die ergste van als: die moordenaar is nie ‘n dogter van 13 jaar oud nie, maar ‘n vrou van 30 jaar! Ek is tot in my siel geskok oor die wreedheid waarmee die baba se dood gepaardgegaan het.

anniekiewiet ·

Ek is verskriklik hartseer, daardie arme baba. Maar mag die ma die kans kry om eendag te besef wat sy gedoen het, en om ook op haar knieë voor God om genade te mag vra, soos ons almal dit doen. Ek wil haar dalk ook verwens en veroordeel, maar vra liewer vergifnis vir haar en vir my vir al my sonde ook.

Gerhard ·

As ek hierdie tipe goed sien wonder ek of dit nie beter is almal gesteriliseer word en jy kan eers kinders kry as jy jouself bevoegd bewys. Dis siek wat met die arme kind gebeur het.

Cindy ·

ek het nie eens woorde vir wat ek voel nie. Mag sy nooit weer die wonder van swangerskap beleef nie!

Marlene ·

Fisies siek en naar nadat ek hier gelees het … dis mos nie ‘n mens met ‘n verstand wat so iets kan doen nie! Daai arme stomme babatjie. Ek weet ek mag nie oordeel nie, maar so waar.

Johanna ·

Nie eers n wilde dier verskeur sy kleintjie nie..
Daar is soveel opsies maar sy kies die wreedste en moeilikste. Dis erger as n aborsie op 9 maande swangerskap..
Dis hartseer maar maak mens woedend.

Etienne ·

Onmenslik, nie eens ‘n dier doen dit aan sy kleintjies nie.

Louise ·

Ek dink nie enige iemand , wat so iets beleef en sien is ooit weer dieselfde nie. My hart gaan so uit na die mense wat dit moes sien, so jammer julle moes die wreedheid beleef, dis nie n ma nie. Sy verdien nie die titel nie. Daar is absoluut NIKS fout met haar nie. Sy het GOED geweet sy is swanger, geweet hoe om dit weg te steek en om skelm geboorte te gaan skenk met die hoop niemand weet dit nie. My hart is stukkend, stukkend vir daai onskuldige klein mensie wat daai pyn moes deur maak van n MONSTER.
Rus sag engeltjie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.