ʼn 46-jarige vrou het Maandag in ʼn swembad by ʼn huis in Hurlingham, Johannesburg, verdrink.
“Die vrou het op die bodem van die swembad gelê toe paramedici omstreeks 14:00 by die toneel opgedaag het,” het Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, gesê. “Sy het nie enige teken van lewe getoon nie.”
Volgens Van Huyssteen was die vrou reeds ʼn wyle in die swembad. “Die polisie het haar liggaam uit die swembad gehaal. Sy is op die toneel dood verklaar.”
Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.