Vroue in Boshof geteiken

Argieffoto. (Foto: Kent Williamson)

Vroue in Boshoff in die Vrystaat leef in vrees.

Hismajesty Maqhubu, DA-raadslid in die Tokologo- plaaslike munisipaliteit, sê inwoners het Dinsdagoggend die nuus ontvang van ʼn ontbinde liggaam van ʼn vrou wat op ʼn ashoop in Seretse gevind is. “Die liggaam is in ʼn vlak graf begrawe met een hand wat uitsteek. ʼn Inwoner, wat hout gesoek het, het die gruvonds gemaak.”

Maqhubu sê gewelddadige misdaad, veral teen vroue, neem toe in die gebied.

“Die liggaam van ʼn jong vrou is in 2021 in dieselfde omgewing gevind. Sy het verskeie meswonde opgedoen – glo deur iemand met wie sy in ʼn verhouding was. Daar was daarna geen moorde in die gebied nie, tot die jongste voorval. Vier jong vroue is egter die afgelope twee weke in die gebied as vermis aangemeld.”

Hy sê die gemeenskap leef nou in vrees. “Die DA maan die gemeenskap om waaksaam te wees en met die polisie saam te werk. Dit is tyd om gemeenskapspolisiëringsforums te laat herleef. Ons kan nie agteroor sit en kyk hoe wetteloosheid ons lewensbestaan oorneem nie.”

Lede van die gemeenskap word versoek om enige verdagte aktiwiteit by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cassie Carstens ·

Dis nie net tot Boshof beperk nie – landwyd. Die vrouens word maar sleg behandel in ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.