Vrystaatse vroueslaner kry 3 jaar tronkstraf

Lodie van Dyk. Foto: Verskaf

Die Vrystater wat na bewering minstens vyf vroue aangerand het, is effektief drie jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig gepleit het in drie van die sake teen hom.

“Uiteindelik vry!” het Marina Janse van Rensburg (22) Vrydag die nuus op Facebook aangekondig. “Lodie is skuldig bevind. Dankie aan almal! Dit was ʼn moeilike tyd. Asseblief, dames wat nou in ʼn soortgelyke situasie is: Jy verdien soveel beter.”

Lodie van Dyk (36) is laat verlede jaar op Bethlehem in die Oos-Vrystaat aangekeer en teruggebring na Odendaalsrus waar hy na bewering sy derde vrou, Domonique Vergottini, aangerand het.

Van Dyk en Marina Janse van Rensburg was skaars twee maande saam toe hy haar ernstig aangerand het. Foto: Facebook

Janse van Rensburg was 21 toe Van Dyk haar in Julie 2017 met die knie en vuis geslaan en bosse hare uit haar kop gepluk.

Janse van Rensburg het vroeër aan Maroela Media gesê die eerste teken dat iets fout was in hul verhouding was toe hy “letterlik sy bed deur die dak gegooi het”. Hy het die houtbasis van die bed gebreek en die een stuk deur die plafon gegooi, vertel sy.

“Ek het begin huil en ek wou my goeters vat en gaan, maar toe het hy vir my gesweer: Ek moet net een ding verstaan, hy sal nooit sy hande teen my lig nie.”

Sy vertel die volgende twee weke het dit goed gegaan, maar toe gebeur die beweerde aanranding, die eerste en enigste keer. “Hy het my nie vooraf gedreig nie,” onthou sy.

Van Dyk, wat ook vyf jaar opgeskorte tronkstraf gekry het, het in die hof getuig al was hy ten tyde van die aanranding onder die invloed, was hy ten volle bewus van wat gebeur het en het hy dit opsetlik gedoen. As deel van sy vonnis moet hy woedebeheerklasse bywoon en hulp kry vir drankverslawing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

De Villiers ·

Geen man wat aan ‘n vrou slaan, is ‘n ware man nie!

Valerie ·

Simptomaties van die Calvinistiese uitwerking op mense: Beheer, regeer, en met geweld.

Nico ·

Calvyn word verkeerd verstaan as misdadige gedrag daarvolgens regverdig probeer word..

Helen Venter ·

Ek is baie bly dat hy toegesluit is, ek is vandag in my 70 Jare, ek was een van die wat jare terug deur ‘n man aangerand en verskreeu was. Ongelukkig of Gelukkig is hy oorlede. Dit was nie maklik nie. Ek was baie keer by die polisie, om saak te maak vir aanranding, en al wat ek moet hoor, “Jammer Mev. U, moet maar ‘n Prokureur gaan sien, dit is ‘n familie saak, ons kan niks daaraan doen nie. Daar was tye wat ek in die aanklag kantoor gehuil het, te bang om huis toe te gaan, en aan hou vra, dat daar iemand saam met my moet gaan. Na gesukkel gaan daar iemand saam. Dan het my oorlede man reguit vir die man gevra, wat soek jy hier. “Kry jou ry” maak nie saak wat hulle vir hom sê, hy gaan nie uit nie, bly in die huis en praat met hulle, en waarsku die polisie man, as hy een voet oor sy drumpel sit, maak hy ‘n saak teen die polisie, as hulle nie ‘n brief van hof af het nie. Na hulle weg is, word ek uit gekoggel, en gewaarsku. Daar was ‘n dag, wat ek wou vlug, en hy agter my aan. En my hele kar terwyl ek binne sit met ‘n (Jack)domkrag stukkend geslaan het, dat die glasse van die voorruit tot binne in my klere gespat het. Laat daar nog meer mans toe gesluit word!!! Bly die wet luister na vroue

Monica ·

Gooi die sleutel weg! Geen vrou verdien om geslaan te word nie. So man streel net sy ego want hy is te sleg om n man aan te vat. Swak!!!!

GerharG ·

Valerie, Wat op aarde het Calvyn daarmee te doen? Jy het weer iewers iets gehoor.

Helen ·

Hy bedoel eintlik CHRISTEN maar is te bang om dit te sê…

Valerie ·

GerharG; nee, ek weet presies waarvan ek praat. Het niks “gehoor” nie. Ek hou van gestaafde feite. Eenvoudig soos dit.

@ Valerie ·

Om te beweer vroueslaners is almal Calvinisties, toon ‘n baie swak redenasievermoë. Maar ek sal jou vergewe (vanuit my Calvinistiese agtergrond) – jy het duidelik êrens seergekry en verplaas jou pyn op ‘n groep in die samelewing. Calvyn was ‘n Protestant en ‘n kerkhervormer, nie ‘n vroueslaner nie.

Jepetto ·

Baie geluk dames die vonnis behoort a afskrik middel tewees dis altyd lekker om van gereg en geregtigheid te hoor .As sy mede gevangenes uitvind hoekom hy daar is kan hy dalk probleme optel hulle sal hom merk as a voue slaanner . Nog erger hulle kan hom sien as a vrou

p ·

Die geld vir alle mans en vrouens. Ek het nogals gewag vir dit, al is jy hoe groot of dink jy jy lei aan n sterkman sindroom, of jou pa se geld gee jou n opgeblaasde steroiedesindroom, maak nie saak of jy aan n vrou of man slaan nie onthou die blinde sambok kry eendag vir jou. Wees n regte man en gedra jou soos n regte man al word jy deur jou pa geslaan toe jy jonk was, word groot en stof die kwaad van jou skouers af en word n regte omgee mens.

C ·

Haal my hoed vir die vrou af omdat sy deur gedruk het met die saak, baie vroue kom net so ver as voor die polisie stasie en besluit dan eerder om dit te los en dink dit sal beter word. Of alles net los ter wille van kinders. Nou kan jy jouself wees en nie meer op “eiers” loop nie.

Voorstel ·

Afriforum en Gerrie Nel, neem kennis.

Met aanrandings en verkragtings wat so epidemie is, is dit dalk ‘n goeie idee om ‘n spesialis privaatvervolvings en beradingseenheid te stig.

Felix ·

En kyk hoe is gesukkel om Oscar vir 15 jaar te laat sit. En dan sal hy nog seker op een of ander tyd parool kry.

kolla ·

Hopelik kom al die mans wat deur vroue geslaan word ook na vore. Ek wonder of daai vroue ook 3 jaar gaan sit.

Lekker lag ·

Jammer om te hoor. Daar is ‘n klaaghoekie n die son dink hulle noem dit antie mouna……..

Danie ·

Asseblief vroumense word wakker. Sekere mans manupileer julle om te kry wat hulle wil hê en dan sê julle vrouens nog steeds na die aanranding EK IS LIEF VIR HOM. Dit is my gat se deksel

Herman P ·

@Danie ek stem saam.
As iemand my kan verduidelik hoekom sekere dames altyd rowwe en “bad”boys onweerstaanbaar vind…
Hulle work mishandel, maar baie kere keer hulle terug na die ongelukstonneel.

Anoniem ·

Die tronk gaan hom net meer trieks leer hulle moet hom elke dag by die rowwe manne sit waar hy elke dag pakslae moet kry. Hy moet so sif geslaan word dat wanneer hy die dag uit kom sommer weghardloop as hy net n vrou sien

Alida ·

Cherokee in my beroep sien ek dit dikwels. Hulle trou weer met so swakkeling.

Alida ·

Cherokee in my beroep sien ek dit dikwels. Hulle trou weer met so swakkeling.

Asjas ·

Nie almal nie. Ek al 6 jaar van n alkoholis en slaner geskei…en glo my elke man word gefynkam voor ek hom naby my huis toelaat. Wil nie weer met daai selfde goed sit nie. Ek nogsteeds single.

C.S ·

Ek het aan die selfde ding gedink. Mans wat deur vrouens mishandel word moet ook na vore kom. Daar is baaaie daar buite.

Koos ·

Manne julle monde is groot en julle kan tog so gou iets se, kolla en CS, klink of julle ook al geboelie is deur die skonere geslag, wel ek is, dis skokend hoor, mans word ook geboelie

Chris ·

Valerie, jy het seker ‘n eenmalige slegte ervaring gehad. En dit sê ek met ‘n sagte hart.

Jakes ·

Hahahaha da vat hy nou..
Pakslae kry vir jou gan nie sweets wees nie

Sputnik ·

Nee wat Valeri, jy’t nou die kat totaal by die speen beet!

LÍEWE GENADE,TOG! ·

LIEWE GENADE TOG…die sleutelbord wyshede en opmerkings,wat HIER uitval, het my laat skaterlag…

LÍEWE GENADE,TOG! ·

LIEWE GENADE TOG…die sleutelbord wyshede en opmerkings,wat HIER uitval, het my laat skaterlag…???

Veritas ·

Ek was eens in ‘n verhouding met ‘n vrou wat erken het dat sy my met opset tart om te sien of ek haar sal slaan. Gelukkig het sy my gelos vir iemand wat wel bereid was om sy hande vir haar te lig. Die gevolg was dat ek vandag ‘n dogtertjie alleen moet grootmaak aangesien sy nie die nuwe verhouding oorleef het nie en sy wás gewaarsku.

BB ·

Veritas, ek glo jou. Baie mense kan nie ‘n sinvolle verhouding verhouding he nie.

Alta Smit ·

Ek was met n vroueslaner getroud. As hul een Maal slaan slaan hul. Ek sal Vir ewig dankbaar wees Vir sy skelmpie , hul affair en hul troue. Dankie – jy het my baie ellende gespaar. 17 jr later is Ek nogsteeds enkelopend, nuwe vol lewe en dankbaar Vir n nuwe lewe. Mans slaan Nie, mans met n persoonlikheids versteuring slaan ! Kom so gou Soos jy Kan daaruit. En Moet ASB Nie Val Vir die valse beloftes Nie.

Eddy ·

My pa sê altyd: Nêrens aan n vrou se liggaam is slaanplek nie,Daai hande wat jy nou blou geslaan het moet nog vanaand vir jou kos maak.Daai lip wat jy nou oopgeslaan het,kan nie vanaand in die bed vir jou soen nie. Ek het ook gehoor: Die Here sien n vrou se trane……….

Philip ·

Hy dink hy is man. Hy is pateties. Hoop hulle gooi die sleutels weg.

Lena Jonk ·

My oupa het altyd gese: van minder tot meer van n sog tot n beer maar n …… vark sal jy bly.

Brutus ·

Dit is glad nie reg dat geen man aan n tartende, verwaande vrou slaan nie……….al lok n vrou mans hoe erg uit. MAAR………julle almal wat nou so lekker hier oordeel, en sleg vir iemand toewens, wat niks aan julle gedoen het nie………..word gelukkig eendag deur dieselfde OU geoordeel daar bo. Net jammer die mense wat hier op aarde ander mense so oordeel, is dan slimmer as ons Skepper daarbo. Die man was tenminste mans genoeg om alles te erken het…………

@Brutus ·

Is dit? Mans genoeg? Het hy ‘n saak van aanranding teen homself gaan maak? Jy hoor ‘n klokkie, maar dis die roomyskarretjie….

KwasiMojo ·

En jy gaan seker ook nooit weer Gilette skeermeslemme koop nie ou beesblaas?

Swartwolf ·

Daar is goeie sielkundiges daar buite ou Brutus hulle kan jou help met die uittartende spul vrouens moet asseblief net nie aan die vrouens slaan nie al wil jy…..

Niklaas ·

Ek haat vroueslaners. En daar is duisende van hulle. Vroue wat mishandel en aangerand word , gaan telkens terug. Hopende dat die geslaan sal eindig , wat nooit gebeur nie. Daar is nie raad vir hierdie arme dames nie .

Anon ·

Ek was in n verhouding met n man wat verbally abusive was en op die punt om te trou. My Pa het sy kniee afgebid vir my dat ek daar kon uitkom en ek het. Ek is elke dag dankbaar dat ek daar kon weg kom. My lewe is wel nooit weer dieselfde nie, maar ek is nou in n beter plek, getroud met n rustige, liefdevolle man.
Dis jammer die vrou kon nie van die man wegkom nie.

Brutus ·

Ek hoor dalk die roomys kar se klok, en dis reg. Maar meeste vroue slaners bly tot in die hof ontken dat hulle enige iets verkeerd gedoen het…..al is daar watse bewyse. Die ou het darm prober…..en glo my, ek vat nie sy kant nie. Maar dit gaan my nie n beter of sterker mens maak om hom te stenig nie. Weet net dat dit n probleem is wat ooral, al meer kop uitsteek. So sterkete vir al die vrouens daar buite. Ek dink vroueslaners is beter af sonder n vrou in hulle lewe, om hulself te beskerm teen hulsef. Want hulle sal dit gewoonlik maar net weer doen. …… .trieng trieng

Skybird ·

Ek het dit al baie gesien, dat vrouens terug gaan na sulke mans, my Ma sê die ander dag dat ek dit nie beter kon stel het nie “ek is lief vir hom want hy moer my” MM hoop nie moer is ń vloekwoord in jul sensus nie.

Mariana ·

Dit is goed dat sy nou van hom verlos is, hy erken self dat hy haar met opset geslaan het en nou kry hy wat hy most, miskien nie lank genoeg nie maar hopelik leer hy iets. Maar eenkeer vroueslaner altyd een. Sien ook kommentaar oor vroue wat mans aanrand en ja dit gebeur ook…..baie. Wat goed is vir een is goed vir ander, laat haar ook betaal vir haar geslaan. Dames raak ontslae van die een wat jou seermaak, geen verskoning sal regmaak wat verkeerd is nie. Beskerm jouself want volgende keer is jy dalk nie so gelukkig om op te staan nie.

kolla ·

Baie vroue rand aan met die tong. In baie gevalle kan dit erger wees as fisiese geweld.

Lekker lag ·

Jammer om te hoor……Dis tough as ‘n ou se vrou fisies en emosioneel dominant is…..

@Kolla ·

Dit gaan maar oor keuses, daar is mans wat altyd teruggaan na sulke vrouens toe, al looi sy hom elke aand met die tong….go figure.

Jax ·

Na 14 jaar van dieselfde behandeling, het ek uitgestap.
Ek is egter nou baie gelukkig getroud maar my huidige man sit nou Met al die fisiese skade aan my lyf wat my eerste man my toegedien het.
Mense, dis nie die moeite werd om in so n verhouding te bly nie – draai om en stap uit. Jy is dit aan jouself verskuldig!

A Mac ·

Net jammer daar is nog baie van hulle hier buite. En moet nou nie dink van jou geleerde mans doen dit nie. Die “ligte vuiste vir vroue en kinders” is oral onder ons. Net jammer dat drank altyd die skuld kry maar dan moet daar altyd ‘n verskoning wees hoekom hulle hul vuiste gelig het vir ‘n vrou en kinders. En pa’s, broers, seuns en ander mense weet en sien dit maar doen niks daaromtrent.

Johan ·

Soms soek vrouens vir n …… Wat van die vrouens wat mana slaan. Ek ken een.

Lekker lag ·

Jy is timmer seker ook so nou en dan aan jou vrou as sy soek vir dit. Meeste vrouens hou daarvan om nou en dan geslaan te word of wat Johan daarom vra hulle soms daarvoor deur uitlokkend op te tree teenoor ware mans soos jy wat weet wanneer en hoe om ‘n vrou op haar plek te sit. Jy spog seker by jou pelle oor jou kragdadige optrede.

MagZ ·

Dis nogal opmerklik dat sy slagoffers BAIE jonger as hy is… Nee kyk, daar is ni pille vi “jimpels-geit” ni……. Eenkeer ‘n vroueslaner, ALTYD’ n vroueslaner. Sulke verskoning van mans kan mos ni hulle eie portuur aanvat ni… SKANDELIK!!!!!! ? ? ? ?

Semaarnet ·

Iemand wat net so ontplof het duidelik Sigiatriese en Sielkundige hulp nodig. Om iemand anders so seer te kan maak wat jou skynbaar niks aangedoen het of jou uitgelok het nie….daar is n baie groot probleem hier en meer as klein mannetjie sindroom….wat is julle opinie oor omgedraai….man is by vrou wat so optree, hom skel, vloek en slaan vir niks….wat gebeur nou as hy haar terug slaan en vloek en skel?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.