Vyf beseer toe bus deur huis bars

Die toneel in Ashville, KwaZulu-Natal (Foto: Arrive Alive)

Die toneel in Ashville, KwaZulu-Natal (Foto: Arrive Alive)

Paramedici is Dinsdag ontbied nadat ʼn bus deur ʼn huis se muur in Ashville in die Ilembe-distrik in KwaZulu-Natal gebars het.

“Verskeie persone is beseer,” het Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, in ʼn verklaring gesê.

Volgens paramedici op die toneel het die bus agteruit eers deur ʼn heining en daarna die huis se muur gebars. Paramedici van die provinsiale nooddienste en ʼn plaaslike privaat ambulans was op die toneel en het vyf persone behandel. “Drie van die beseerdes was passasiers op die bus. Twee daarvan was skoolkinders, ongeveer 15 jaar oud, en een passasier was ʼn vrou van 40 wat geringe beserings opgedoen het. ʼn Man, ongeveer 25 jaar oud, is ernstig beseer toe die bus hom getref het terwyl hy in die straat geloop het. Nog ʼn voetganger het geringe beserings opgedoen. Niemand in die huis is beseer nie.”

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Geskok ·

Die bus is nie deur die huis nie “vyf beseer toe bus deur huis bars” hy het n muur getref. Die opskrif is baie misleidend. Busse behoort so vervaardig te word dat hulle net n sekere spoed kan ry.

Theresa ·

Goeie genade – wat is dit deesdae met busse wat in huise vas ploeg? Ek stem saam met “Geskok”. Busse moet net ‘n sekere spoed kan ry.

scalla ·

Die probleem is nie die bus nie maar wel die drywer van die bus

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.