Die eienaars van die woonstel het die skildery as ʼn kennisgewingbord gebruik en poskaarte en rekeninge daaraan vasgespeld, onbewus van die waarde daarvan.
Lees meerAlles vir Woensdag 9 September 2015
Julius Malema geskors uit parlement
Julius Malema, leier van die EFF, het Woensdag die eerste slagoffer geword van die nuwe strenger parlementêre reëls toe hy fisies uit die Nasionale Vergadering verwyder is oor aanmerkings wat hy oor adjunkpresident Cyril Ramaphosa gemaak het.
250 vas in KZN vir seksuele oortredings
Die polisie in KwaZulu-Natal het in Augustus 250 verdagtes op aanklag van seksuele oortredings in die provinsie in hegtenis geneem.
Twee in hof oor Durban Day-moord
Twee mans het Woensdag in die hof verskyn in verband met die moord op ’n man Sondagaand by East Coast Radio se Durban Day-geleentheid.
VSA-terreurwaarskuwing: SA-paspoort wek glo kommer
Suid-Afrikaanse intelligensie- en wetstoepassingsagentskappe het Woensdag gesê daar is geen “geloofwaardige of onmiddellike” terreurdreigemente teenoor Amerikaanse belange in Suid-Afrika nie.
Nog 2 polisiebeamptes doodgeskiet
“Dit is tyd dat wetstoepassers hulself beskerm teen hierdie gevoellose misdadigers.”
ToekomsVenster: God luister altyd
In Christus Jesus is God Immanuel, altyd by en met en in ons. Dis die verdienste van die kruis. Dis ons voorreg om in sy teenwoordigheid te lewe. Dit gebeur egter dat daar tye van stilte kom.
170 km, drie lande, 46 uur, een stel tekkies en ʼn hart vol durf
Stel jouself voor: dis Vrydagaand om 18:00 en jy staan gereed met net jou paar hardloopskoene aan jou voete, ʼn waterbottel oor jou skouer en ʼn paar energiestafies iewers in jou sak versteek. Voor jou lê 170 km oor drie lande, meer as 10 000 m se klim (dis hoër as Everest!) en jy moet dit binne 46 uur voltooi.
Paartjie in hof ná moord op Pta-ouma
Johannes (Johan) Visser, die 34-jarige vermeende dwelmverslaafde wat Maandag in die noorde van Pretoria in hegtenis geneem is vir die moord op Anita Cassell, het Woensdag saam met sy vriendin in die hof verskyn.
Plaasverkragting: “Geregtigheid het geskied”
“Geregtigheid het geskied,” het ʼn dankbare Mariaan Wentzel, ʼn inspekteur van die Lephalale (Ellisras)-DBV gesê, nadat haar verkragter Woensdag gevonnis is.
Alldays-dryfjag ‘wettig en verantwoordelik’
Die departement van toerisme en omgewingsake in Limpopo het Woensdag gesê die omstrede dryfjag wat vandeesweek in Alldays plaasvind, is wettig en word op ʼn “verantwoordelike wyse” uitgevoer.
Stiefpa vas vir verkragting van tienerdogter
ʼn Man van Bloemfontein is in hegtenis geneem nadat sy 15-jarige stiefdogter vir haar onderwyseres vertel het dat hy haar glo verkrag.
[Video] Aros: ʼn Afrikaanse private hoëronderwys instelling
In 2003 het ʼn dinkskrum vergader om te besin oor die uitbouing van Christelike onderwys in Suid-Afrika. Twee kernaspekte is geïdentifiseer om uitnemende onderrig en opleiding te bevorder, naamlik dat baie meer jong, bekwame mense as onderwysers opgelei moet word en ʼn Christelik-gefundeerde kurrikulum met handboeke van hoë akademiese standaard moet ontwikkel word.
[Video] Jong akteurs gesels oor Die Pro
Die première van die nuwe plaaslike fliek Die Pro is onlangs in Johannesburg gehou en Maroela Media het met ʼn paar van die akteurs oor die fliek gesels.
Valke vang ‘polisiemoordenaar’
Die valke het ʼn 34-jarige man in hegtenis geneem vir die onlangse moord op ʼn Oos-Kaapse polisiesersant.
Onnie steek haarself aan die brand
Die eienaar van ʼn kleuterskool in Port Elizabeth is dood nadat sy Woensdagoggend glo petrol oor haarself uitgegooi en haarself toe aan die brand gesteek het.
Saru-president vaar uit teen transformasie-kritiek
“Die idee van ‘n ‘eksklusiewe’, ‘wit-gedomineerde’ spel is om die minste te sê, lagwekkend.”
[Video] Duiweboer lief vir sy sport
Ferdie verduidelik hoekom hy so lief is vir dié sport. “Hierdie sport is al ouer as ʼn 100 jaar en dis ʼn gesinsport. Jy is nie weg van die huis af nie, naweke is ek hier by die huis en almal kan deelneem. By my is tot die kleinkinders betrokke.”
Gedig: Aanbrandsel
“Met die ouerword meet jy jouself soms aan ʼn voorsaat: jy wil weet oor Grootjie met sy Kaspaasbaard: Hoe het hy gesoen? Hoe’t hy pap geëet?” Geniet George Weideman se gedig, “Aanbrandsel”
Op die radar: Irene-Louise van Wyk geniet die droom wat bewaarheid is
Irene-Louise se eerste kortspeelalbum is onlangs uitgereik en sy het met Maroela Media oor haar liefde vir sang, drome en gunstelinge gesels.