Vyf beseer toe pakkie in huis ontplof

Die pakkie het Vrydagmiddag 19 Mei 2017 by die huis in Stephen Dlaminiweg in Essenwood, Durban ontplof (Foto: Rescue Care)

Vyf persone het Vrydag ernstige beserings opgedoen toe ʼn pakkie, wat by ʼn huis in Essenwood, Durban afgelaai is, ontplof het.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê die pakkie het in die sitkamer van die huis in Stephen Dlaminiweg ontplof toe die inwoners die pakkie wou oopmaak.

Kapt. Poobalan Naidoo van Berea-polisie het gesê die pakkie is vanmiddag by die perseel afgelaai en een persoon het die pakkie oopgemaak. “Die pakkie het ontplof. Daar was vyf persone teenwoordig. Die polisie is op die toneel,” het hy gesê.

Jamieson het gesê die vyf persone is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling. “Die bom-eenheid en polisie is op die toneel en stel verder ondersoek in.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Elna Kupke ·

Begin dit weer. Tydens apartheid het die ding kop uitgesteek, nou begin dit weer.

Cherokee ·

Wat het gebeur in die apartheidsjare vra jy? Craig Williamson, gewese major in die Suid Afrikaanse polisie, het mense soos Ruth First (vrou van Jo Slovo) en meer, vermoor met briefbomme. Jeanette Schoon en haar ses jarige dogtertjie en meer mense is gedood met sy briefbomme. Daar was meer briefbomplanters Daar was ook ‘n bekende ANC-dokter wat ‘n arm verloor het dmv ‘n briefbom.

Jaycee ·

Geen verdere inligting is bekend nie, maar die feit dat dit in KZN gebeur het [ons weet hoe gou mense om politieke redes in hierdie provinsie doodgemaak word] laat tog die gedagte ontstaan dat hier ‘n slang in die gras kan wees.

Cherokee ·

Jaycee, nie dat ‘n faktor is nie, maar Essenwood is eintlik gegoede omgewing. Omgewing wat ek dikwels besoek. Was verlede week daar en het ook ‘n afspraak vir die komende week.
Maar die feit dat dit een van die beter woonbuurtes is, maak natuurlik geen verskil nie. Misdaad is oral. Berea grens aan Morningside en dit is plekke waar jy uithaal en wys as jy eiendom koop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.