Vyf gou aangekeer wat juwele roof

Die motor waarin die verdagtes gery het (Foto: SAPD Mpumalanga)

Vyf mans, tussen 32 en 43 jaar oud, is in Witbank in hegtenis geneem, net ʼn paar minute ná hulle tydens ʼn gewapende rooftog op ʼn juwelierswarewinkel in Klipfontein toegeslaan het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê ʼn het Maandagmiddag omstreeks 15:15 by die winkel aangekom en homself as ʼn klant voorgedoen. “ʼn Werknemer het die veiligheidshek vir hom oopgesluit. Net daarna het hy ʼn vuurwapen te voorskyn gebring en die werknemer opdrag gegee om die hek ook vir die ander verdagtes oop te maak.”

Die groep het by die Classic Jewellery-winkel ingestorm en verskeie juweliersware-artikels gebuit voor hulle in verskillende voertuie, insluitend ʼn wit Toyota Yaris, van die toneel gevlug het.

Die voorval is by die polisie aangemeld en beamptes het dadelik ʼn soektog van stapel gestuur. “Beamptes het die verdagtes se motor by Duvha Park in Witbank opgemerk. Hulle is voorgekeer en ʼn skietery het gevolg tussen die verdagtes en die polisie.”

Vyf mans is in hegtenis geneem en beamptes het beslag gelê op ʼn pistool en patrone. Die vuurwapen sal vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit ook in ander misdade gebruik is.

“Die voorlopige ondersoek het onthul dat die verdagtes, wat tot dusver in hegtenis geneem is, oorspronklik van Zimbabwe afkomstig is. Die polisie werk in hierdie verband saam met die departement van binnelandse sake om hul status in die land te bepaal.”

Die groep sal na verwagting Woensdag in die Emalahleni-landdroshof verskyn.

ʼn Soektog na die res van die verdagtes duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Aggie ·

Al weer buitelanders !! Polisie moet opgelei word om beter te skiet. Hulle sal nou weer borgtog kry en dan stap hulle weer deur die Beitbrughek.

Koos 100 ·

Hoed!!!! Jy het die kans gemis om aandag op jouself te kry!!!! Maybe next time nè.

Veronika ·

Hmmmm…… Zimbabweans…..hul hul eie land wat vooruitstrewend was gedompel in wat dit vandag is, nou kom mors hulle hier, stuur hul terug dan kan hul van ellende en honger daar omkom.

Harley Davidson ·

Ek kan maar net lag ,die buitelanders beroof nou die land want die polisie in hulle eie lande sal dit nie toelaat nie.

Marcello ·

Wow !!! vir die vinnige optrede van die beamptes. ” Give them a Bells”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.