Vyf van polisie vas wat glo tydens afsondering ontvoer, steel

(Argieffoto: pixabay)

Vyf KwaZulu-Natalse polisiebeamptes is aangekeer nadat hulle glo tydens die vroeëre afsonderingstydperk ʼn man ontvoer en besteel het.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer het op die oggend van 16 Junie in Parkstasieweg in Kenville gestap toe polisielede hom voorgekeer en deursoek het. Hulle het kontant en sigarette uit sy voertuig gevat.

“Hy is daarna ontvoer en na sy huis geneem waar die verdagtes meer sigarette en geld verwyder het. Die polisiebeamptes het hom ook na die stasie geneem, waar hy aangekla is van oortreding van die Covid-19-regulasies,” het Mbele gesê.

Volgens die polisie is die saak teen die man egter nie op die rol geplaas nie en die klaer het klagte van diefstal, ontvoering en dwarsboming van die gereg by die Greenwood Park-polisiestasie aanhangig gemaak.

Mbele het gesê dit is vasgestel dat die polisiebeamptes ook nie al die bewysstukke in die register opgeteken het nie.

Vier van die verdagtes is op borgtog van R3 000 elk vrygelaat. Hulle verskyn weer in Desember in die hof.

Die vyfde verdagte bly in aanhouding tot hy weer vroeg volgende maand in die hof verskyn. Hy het ʼn hangende saak met ʼn soortgelyke klagte teen hom.

“Ons sal verseker dat ons alle vrot appels wat agter die polisieskild skuil uit die polisie verwyder,” het lt.genl. Khombinkosi Jula, KwaZulu-Natalse polisiehoof, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Stefaan ·

Al die vrot appels verwyder. Min lede gaan oorbly om wet en orde te hanhaaf. Goeie gedagte ten minste.

Deon ·

Tong in die kies en met alle respek teenoor die eerlike geregsdienaars, ek begin al bekommerd raak oor die hoeveelheid van Beki Cele se sg bekwame lede wat nou uit die stelsel verwyder word een van die dae is daar niemand meer oor nie

Cherokee ·

Stefaan, volgens jou handhaaf die vrot appels wel wet en orde.

Hercules ·

klink vir my of elke provinsie en elke hofnar sy eie stel reëls het!!

in KZN kry SAPD diewe R3000-00 borg elk!!

in Senekal kry moord verdagtes R500-00 en R1000-00 borg elk en een verdagte was al 16 keer arresteer, maw hy is ‘n gewoonte misdadiger

twee wit mans wat nie regtig eens arresteer moes word nie, moet R15 000-00 elk opdok vir borg??

Injustice is a sin:
“you shall not do injustice in judgment; you shall not be partial to the poor nor show a preference for the great, but judge your neighbor fairly” – Lev 19:15 AMP

“But let justice run down like waters And righteousness like an ever-flowing stream [flowing abundantly]” – Amos 5:24 AMP

“There are six things the Lord hates— no, seven things he detests: haughty eyes, a lying tongue, hands that kill the innocent, a heart that plots evil, feet that race to do wrong, a false witness who pours out lies, a person who sows discord in a family” – Prov 6:16‭-‬19 NLT

tweeling ·

Sover die moord verdagtes se borg aangaan, hulle het nog nie borg gekry, sal eers hoor 22 Oktober, nie so ek weet waar jy die vals inligting vandaan kry nie

Persheks Adri ·

Sien is glo! Cele se trots die klomp eish… Wonder wat sê hy van sy mense mmmmmm

Genis ·

Die SAPD bly maar n verleentheid vir ons land… Hercules jy het nou pas onder met die 7 goed, baie maar baie ANC Kaders en hulle skoothondjies raak geslaan…

Deon ·

Hy praat wind.. Die sg vyfde verdagte het soortgelyke klagtes teen hom, dus daardie vrot appeltjietjie was net so weer met sy soortgelyke klagte”vrotgeit” terug op sy pos gesit dat hy verder kan aangaan met sy kwaad doenery…. Praat maak mense stil wat antwoorde wil he, maar,,, ook net vir so lank

Nozi ·

So wat lees ons nou hier? Die hele SAP gaan vervang word want hul almal is vrot appeltjies? Mooi man!! Of nie, daar sal seker so 5 of 10 vars appeltjies oorbly.

Janine ·

Daar is darem ‘n paar ordentelike polisielede. Ongelukkig is sowat 98% VROT! Nes cele.

Natasha ·

Ek is jammer vir die eerlike polisie lede wat nou oor dieselfde kam geskeer word as hulle wetlose makkers, maar as ons nie eens meer die mense wat ons moet beskerm kan vertrou nie en ons mag nie reg in ons eie hande neem nie, waar laat dit ons?

Derek ·

Mens wonder net hoeveel “waghonde” nog aangestel gaan word? Met elke wet wat die ANC uitvaardig vir hul volgelinge moet daar weer ” waghonde” aangestel word en so word die belasting betaler se geld gemors want misdaad is hul bron van werkskepping. Daarom het hulle geen konstruktiewe planne nie want hul planne word keer op keer verongeluk met misdaad, dieselfde politici, dieselfde foute oor en oor, want hulle wil nie leer uit hul onvermoe en onkundigheid. Mens kan dit eerder noem eie belang en selfsig, die vure sal maar net groter brand want vir hulle gaan dit oor hul mense eerder as wat God vereis! Ons is weer terug so ongeveer 50 jaar in die verlede, miskien meer, SA maar net n puinhoop van ongeregtigheid. Dit moet so wees anders kan die nuwe wereld nie kom, Petrus, hierdie mooi tempel gaan afgebreek word en so het Sy woorde waar geword.

LANA is ELANè ·

Word die vrot appels se salarisse en hope ander voordele ook darem opgeskort of is hulle slegs op ‘n lang betaalde vakansie geplaas❓
Dit is om van siek te raak.

Nico ·

Hierdie sogenaamde borg is ‘n klug, sluit toe en kry klaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.