Vyf vas vir belastingbedrog

geld ekonomie suid-afrika

(Argieffoto)

Altesaam vyf verdagtes wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) na bewering met byna R1 miljoen bedrieg het, sal na verwagting Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville verskyn.

Zinzi Hani, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes, tussen die ouderdomme van 43 en 61 jaar, is gedagvaar nadat dit aan die lig gekom het dat hulle die SAID uit byna R956 000 bedrieg het.

“Die verdagtes, onder wie vier maatskappyeienaars, ’n rekenmeester en drie regspersone (entiteite), het glo valse verklarings ingedien om die terugbetalings te eis,” sê Hani.

Die Valke in die Wes-Kaap het ʼn intensiewe ondersoek van stapel gestuur en die verdagtes opgespoor en gedagvaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H ·

hoekom is malema nie vas vir belasting bedrog nie … hoekom kom hy met als weg en die res moet tronkstraf kry . My eerlike opinie , die staat behoort geen belasting te kry nie !!!!!

Snowball ·

Wanneer die staat die belastingbetalers se geld verkwis deur onbevoegdheid en korrupsie, is dit ook belastingbedrog?
Of is dit bloot byvoordele vir die blink lede van die African National Corruption?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.