Waar is bewyse dat drank siektes help aandra?

Die nasionale drankhandelaarsraad (NTLC) het sy kommer te kenne gegee oor die voorgestelde gesondheidsregulasies wat voortaan die bestuur van aansteeklike siektes soos Covid-19 moet reguleer.

Die ramptoestand is vroeër vandeesmaand opgehef met die regering wat beoog om die pandemie voortaan kragtens die Wet op Nasionale Gesondheid te bestuur. Daar was reeds groot teenkanting teen die voorgestelde regulasies, met kommer dat dit die “abnormale stand” van sake wil normaliseer en die magsbalans nou in die hande van die minister van gesondheid plaas.

Lucky Ntimane, voorsitter van die NTLC, sê in die raad se voorlegging aan dr. Sandile Buthelezi, direkteur-generaal van gesondheid, dat hul grootste kommer oor die voorgestelde regulasies lê in die aanname dat “alkohol ʼn direkte kousale verband het” met die verspreiding van aansteeklike siektes.

“Ons het die regering by verskeie geleenthede gevra om bewyse te verskaf oor die verband tussen alkohol en Covid-19.

“Tot vandag is geen bewyse verskaf om die bewering oor die kousale verband te staaf nie,” sê Ntimane in die voorlegging.

Die bedryf is ook bekommerd dat die konsepregulasies onnodig omstandighede skep wat die regering weer die mag sal gee om die “verkoop, bedien en gebruik van alkohol” te beperk op dieselfde manier waarop die verskeie vorige verbodsbepalings ingestel is.

Die NTLC vra dat dié bepaling geskrap word en sê dit weerspreek die “wetenskaplike grondslag waarop die regering beweer hy sy besluite grond”.

Die raad het opnuut sy steun aan die regering toegesê vir pogings om Covid-19 te bestuur, maar hy vra die regering ook om prakties uitdrukking te gee aan die sogenaamde maatskaplike ooreenkoms deur nie belanghebbendes by besluite uit te sluit nie.

“Alle vennote, ook in die private sektor, moet die ruimte en geleentheid gegun word om deel te neem aan besprekings wat ʼn uitwerking op die lewe en inkomste van ons mense het,” sê Ntimane.

Die raad verteenwoordig onder meer die eienaars van tavernes, sjebiens en drankwinkels en die altesame 39 000 handelaars verskaf ook ʼn inkomste aan 250 000 werkers.

Dié inkomste is egter uitgewis toe die afsonderingsregulasies ingestel is.

En terwyl wettige handelaars verbied is om sake te doen, het Suid-Afrikaners steeds onwettig drank gekoop in ʼn sluikhandelbedryf wat nou naastenby 10% – of sowat R20 miljard – van algehele alkoholhandel in die land beloop.

Die NTLC sê die bedryf is sedert Maart 2020 die swaarste deur die inperkings en die verbod op die verkoop van alkohol getref, ten spyte van sy herhaalde oproepe vir ʼn reaksie op Covid-19 wat nie deur anti-alkohol-steunwerwers gekaap is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

miavos ·

Die verbod op drankverkope en veral -produksie was daarop gemik om die oorwegend wit bedryf te verongeluk. Sy het nie daarin geslaag nie. Sy gaan ook nie ophou probeer nie. As dit by ‘n verbod op drankverkope gebly het sou ‘n mens nog kon argumenteer dat daar dan meer beddens in die ISE beskikbaar kon wees en ook die las op mediese personeel sou verlig. Maar toe word drankproduksie verbied wat ‘n klinkklare bewys van ‘n verskuilde agenda was. Net jammer swart en bruin talentvolle opkomende produsente is toe ook negatief geraak.

Thelsa ·

Die cANCer gryp na strooihalms. Kry strenger toepassing van die wet teenoor korrusie en amptenare.

Henry ·

El drink nie juis nie maar waar ek by n winkel ingaan moet ek my hande met alkohol reinig. Met ander woorde alkohol maak virusse dood. Ek dink die regering wil nie die virus dood hè nie daarom die verbod teen drank.

Retha ·

Alles gaan oor beheer. Dus; anarchie en kommmunisme wat hulle ons stadigaan laat gewoond raak.

Boon ·

Uitstekende bydrae van die drankhandelaars om die drakoniese, ongrondwetlike en outoritêre wetgewing te stuit. Enigeen wat nie sy naam op proteslys gesplaas get nie, moet nie kla oor regering se pogings tot totale beheer van ons lewens nie.

Renier johannes ·

Gaan my nie oortuig nie dis hulle kaders wat 7 op een bottel bier drink en mekaar aansteek

Pieter9 ·

Hierdie regerende misdaad-organisasie glo nie in die wetenskap nie; glo eintlik in niks wat werk of sinvolle bydrae kan maak nie. Kyk maar na die kundigheid van hulle ‘regsadviseurs’ en jy kan begin verstaan hoekom dit gaan soos dit gaan in Lalaland.

Papsak ·

Ag asb los tog drank uit drank maak kieme dood kyk liewers na korrupsie plaasmoorde. Paaie vol gate wat daagliks mense se lewens vat en vergeet bietjie julle soos graad eentjies wat n woordtjie geleer het naamlik covid 19 kom oor julle self julle wil land lam le bekommer julle liewers oor hierdie land wat siek geword het en in modder weg sink dan doen julle iets teminste

Swerwer ·

Die NTLC se kommer oor die voorgestelde gesondheidsregulasies wat voortaan die bestuur van aansteeklike siektes soos Covid-19 moet reguleer, is nie verniet nie.
Dit is wanneer onbevoegde wesens in poste aangestel word waarvan hul geen kennis dra nie.
So sal die NTLC hul lewe om wag vir antwoorde want die wesens het nie antwoorde nie.

JohanR ·

Cyril sal met NDZ praat en dan sy ‘n verklaring in 2042 doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.