Waarskuwing oor kitsvloede in Wes-Kaap

Foto: Pixabay

Die Suid-Afrikaanse weerdiens het gewaarsku dat swaar reën moontlik Maandagmiddag tot vroeg Dinsdagoggend tot kitsvloede kan lei oor dele van die Wes-Kaap, waaronder Kaapstad.

Volgens die weerdiens word swaar reën verwag oor dele van die Kaapse metropool, die westelike dele van die Kaapse wynland en die westelike dele van die Overberg-distrik.

“ʼn Kouefront sal na verwagting Maandag die kus tref. Ons verwag dat 20-30 mm oor dele van die provinsie sal uitsak en tot 50 mm oor die bergagtige gebiede,” het Charlotte Powell, ʼn woordvoerder vir die Stad Kaapstad, gesê.

Volgens Powell kan die swaar reën tot kitsvloede lei, veral in gebiede waar dreinering nie voldoende is nie. “Laagwaterbrûe moet vermy word.” Intussen word daar ook sterk wind oor die sentrale Karoo Maandagmiddag verwag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

marous ·

Daar sal seker ‘n paar boere wees wat op hul kniee sal gaan van dankbaarheid ….

Jim ·

Nie net n paar boere nie, marous, alle boere en die hele Wes-Kaap se bevolking!
Jy kan ook gerus saam met ons dankie sê waar jy jou ookal bevind. Ek kan jou kommentaar nie lekker verstaan nie, so al asof jy nie veel omgee vir die krisis waarin die Wes-Kaap tans is nie. Ons is dankbaar vir elke druppel wat ons kry!

Penellope Jones ·

Ek dink enige persoon wat in die erg drooggeteisterde Wes-Kaap woon sal baie, baie dankbaar wees vir water!
Dit is ontsettend droog en alle lewende wesens, mens, dier, plant, veld, boom kry swaar, om van boere wat direk van reen afhanklik is nie eers te praat nie!
In my kinderjare was van my ooms betrokke by boerdery en dis nie mooi om te sien hoe hulle al hul diere verloor, oeste verloor ens nie.
Dit bring ongelooflike hartseer, bekommernis en allerhande ander probleme mee wat net al hoe verder uitkring.

Jim ·

Dinge lyk nie goed nie Irene. Damme is op hul laagste vlak ooit en ons sal heelwat meer reën hierdie winter moet kry as die vorige jaar om maar net op dieselfde vlak te kom as waarmee ons hierdie somer begin het. Ons weet egter dit gaan kom, ons Vader sal daarvoor sorg.

thinus ·

Ons het twee goeie Afrikaanse woorde: oorstromings, en vloede wat met “frats” verbind, en dan beteken dit die rivier het afgekom toe dit nie eers na reen lyk nie, of wanneer ‘n damwal gebreek het.
Ek is nie ‘n taalkundige nie maar “kits vloede” is wat my aanbetref direk vertaal van “flash floods” en is nie korrek nie. ‘n Vloed is klaar vinnig, anders is dit oorstromings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.