Waghond gee haar lewe om gesin te red

Molly, die heldhaftige pitbullterriër (Foto: Dierewelsynsvereniging Philippi/Facebook)

Pitbullterriërs is ongetwyfeld een van die honderasse wat misverstaan word, sê die Dierewelsynsvereniging in Philippi in die Wes-Kaap.

“Mense mishandel en buit dié honderas ongelukkig uit tot nadeel van die ras en samelewing,” het Allan Perrins, woordvoerder van die organisasie, in ʼn verklaring gesê. “Mens hoor selde enigiets positief oor dié beleërde honderas en daarom deel ons graag Molly se heldeverhaal.”

Molly, ʼn pitbullterriërteef, word as ʼn held beskou deur die Van Wyk-gesin van Rocklands. Danksy haar beskermingsinstink het hulle ʼn rooftog op 5 September oorleef.

“Dit het Molly net ʼn paar sekondes geneem om te besef haar gesin is in gevaar. Sy het, sonder om te huiwer, na aksie oorgegaan om hulle teen ʼn gewapende aanvaller te beskerm.”

Sy is geslaan en verskeie kere in die kop en lyf met ʼn skerp voorwerp gesteek, maar Molly het verbete bly veg. “Die aanvaller het vinnig besef dat hy nie die mas gaan opkom nie en het vinnig gevlug. Hy het Molly sterwend in ʼn plas bloed op die vloer agtergelaat.”

Molly het soveel bloed verloor dat die vertrek “soos ʼn moordtoneel” gelyk het. Sy het desperaat voortgegaan om haar gesin te beskerm, selfs al het sy soms haar bewussyn verloor.

“Ons het alles in ons vermoë gedoen om Molly te red, maar sy het te veel bloed verloor en haar beserings was te ernstig,” het Perrins verduidelik.

“Enigiemand wat al ooit ʼn pitbullterriër gehad het wat behoorlik gesosialiseer is en behoorlik deel vorm van die gesin, sal kan getuig oor die heldhaftige aard van dié dapper honde. Ongeag die grootte of aard van die bedreiging, sal hulle hul lewens gee om diegene te beskerm wat vir hulle lief is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Willem ·

Molly verdien ń Bells!
Well done Molly; hoop die skurk het ń hele paar wonde opgedoen.

Adeline ·

Ek huil regtig dat ons in ‘n land leef waar tot diere van hulle lewe geroof word deur misdaad – ons land is lankal verby totale verval – verseker – ek huil vir hierdie dier.

TO ·

So hartseer, ‘n pittie is ‘n pragtige companion. Ek het ‘n kruising en hys my cuddkekid

Irene ·

Baie dankie Molly. Jou mense sal jou mis. Geniet die honde-hemel.

deon ·

Mag daai gemors wat die honde kind verniel het nooit rus kry nie…

Dries ·

Een uit n miljoen keer wat dit gebeur. 90% van die tyd maak hulle die verkeerde mense dood. Bly nog n bitter gevaarlike hond

Andre ·

Heel duidelik Ken jy nie ń Pittie nie, so moenie afleidings maak nie.

Flip ·

Ek het ook eers soos jy gedink Dries, toe kry ek self een. My siening het heeltemaal verander want die pittie in my huis is baie liefdevol met die gesin en selfs met mense wat hy ken wat nie hier bly nie. Chicko sal wel nie iemand in my erf laat kom as hy nie die persoon ken nie, behalwe as iemand van die gesin sê dis reg en hy moet rustig raak nie.

Dries ·

Flip ek het ook eers soos jy gevoel voordat ek 2 voleassenes en 4 kinders gesien het wat deur pittbulls deurgeloop het. Een kind is dood. 3 is vermink

Reynier ·

Jammer Dries, mense in die land kry honde, los hom of haar in die agterplaas sonder enige aandag of sosialisering en verwag dat die hond moet alles gewoond wees wanneer kinders of and honde by hulle kom. Gaan kyk bietjie op tiktoks na Luna..dit is hoe ‘n Pitbull is.

MARELIZE ·

Ons het twee Amerikaanse vegboelterriërs gehad – een het die ander opgevolg. Hulle het ons kinders van babatyd tot hoërskoolouderdom beskerm. Die dierbaarste goed ooit! Ja, wanneer ons gaste gehad het, het ons hulle liefs toegemaak en hulle het nie groot liefde vir ander diere gehad nie. Maar teenoor ons gesin van ses, net liefde.

Sonneblomkind ·

Molly jy sal altyd n HELDIN WEES VIR MY. RUS SAG. JY SAL ALTYD ONTHOU WORD

Reynier ·

Pitbulls het ‘n spesiale plekkie in my hart, ek het nog nooit ‘n kwaai een teëgekom nie. Elke Sondag op die strand speel my Boston terrier baie lekker met ‘n Pitbull met die naam van Rocky. Hulle ken mekaar net van op die strand maar tog was daar van die begin af net ‘n gespeel.

Spookasem ·

Eeesh. Tears. Molly I know you are now on the other side of the ‘Rainbow Bridge’. Run free sweetheart. God bless and my sincere condolences to Molly’s family.

There will be no mercy for this human thug if I ever catch up with this ‘thing’. Human it is not. Molly showed more integrity, courage and loyalty than most humans ever do.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.