Tony Prins, ‘n ooggetuie, het aan The Witness gesê dat nagenoeg 50 mense die walvis, wat Maandag op die strand uitgespoel het, begin opsny het.
“Die dier is oopgesny en van sy binnegoed en ander organe is besig om op die strand uit te spoel,” het Prins gesê.
Musa Mntambo, woordvoerder van Ezemvelo KZN Wildlife, het aan The Witness gesê dat mense wat met walvisvleis betrap word tronkstraf opgelê kan word aangesien dit onwettig is om in besit daarvan te wees.
Tony Davis, afvalbestuurder in Port Edward, sê hulle hoop dat die stygende gety die karkas terug in die see sal inspoel.
Ekke denk die mense helle es hongor…
Is dit walvis karkas nog steeds op die strand?
Daardie vleis was so vrot dat mens op afstand al naar kon word! Erger as aasvoels!
Meat is meat, and a man must eat. Sies.
@ Marie nie almal eet steak met met mes & vurk nie, die mense is honger da is van die mense wat op die aasgatte sit en wag vir iets om daar weg gegooi te word is nie rerig aasvoels nie hulle is desperaat om iets in hulle mae te kry!!