Water en toilette vir almal in KZN, sê IVP

Argieffoto

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) dring daarop aan dat alle inwoners van KwaZulu-Natal lopende water en toilette ontvang om die gesondheid van dié mense te verbeter, asook hulle veiligheid en waardigheid te beskerm.

Volgens Thokozile Gumede, IVP-woordvoerder vir menslike nedersettings, maak inwoners van die Denmark- informele nedersetting naby Pietermaritzburg steeds gebruik van puttoilette.

Wanneer dié toilette vol raak, stort die afval “soos ʼn rivier” wat inwoners se lewe in gedrang plaas vir siektes soos diarree, het Gumede verduidelik.

“Ons kan rampe soos cholera vermy as mense toegang het tot skoon en veilige water. Sanitasie is ʼn hoeksteen van openbare gesondheid en behoort ʼn prioriteit te wees. Dit is tyd om vir ons mense toegang tot sanitasie te gee.

“Die reg op skoon water en sanitasie behoort nie vir soveel jare al bloot ʼn droom te bly nie. Hierdie regte soos wat dit in die Suid-Afrikaanse Grondwet erken word, moet ʼn werklikheid wees.”

Die IVP glo die eerste stap om die kwessie aan te pak begin met die erkenning dat die uitdaging groot is. Gumede het gevra dat strategieë rakende die kwessie herbesin en die nodige veranderinge op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak geïdentifiseer word.

Volgens Gumede sal Suid-Afrikaners se grondwetlike regte op water en sanitasie egter nooit verwesenlik word sonder dat daar begrotings geskep word vir sanitasie, water en infrastruktuur nie.

“Die KZN- provinsiale regering knyp jaarliks groter bedrae geld vir watertoegang en sanitasie af, maar minder as die helfte van dié geld word in die sektor bestee,” meen Gumede.

Die IVP versoek dus dat Sihle Zikalala, premier van KwaZulu-Natal, en Peggy Nkonyeni, LUR vir menslike nedersettings, toilette en kraanwater aan die inwoners van die Denmark- informele nedersetting asook ander gemeenskappe in die provinsie sal verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Judge Dredd ·

…..as die populasie aanwas minder is, dan miskien sal dit realiseer – anders droom maar voort soos Ramaphosa en Musi……

Johann cb ·

Kan daar nie eerder probeer word om informele nedersettings te beperk nie?

Elna ·

Ek stem saam SjN laat hulle almal betaal vir die dienste nes ons dan sal hulle water he. Ek wens ek kon alles so verniet gekry het dalk kon ek dan bekostig om voedsel te koop vir my familie. My hele salaris gaan net so vir water elektrisiteit en erf belasting en dis al kan niks eers bekostig om te koop nie.

Wet van Transvaal ·

Inderdaad. Dis ‘n goeie idee.
. . . en betaal.

Zombie ·

Ja, en as die korruptes wat die staat gekaap het, nie net hulself verryk het nie, kon almal nou al n huis met n toilet gehad het! Dalk n werk ook!

Nita ·

Joe Slovo het gepraat van 5 miljoen huise in 5 jaar. Hy draai seker in sy graf om. As die ANC n miljoen huise gebou het in die laaste 25 jaar, sal ek verbaas wees.

Zumie ·

By die versameling van “struggle” skreeus soos
“land for all”
“justice for all”
kan ons nou ook skree
“tooooilets for all”

Hanna Hoekom ·

Raak eers van al die onwettige immigrante ontslae. Begin mense betaal om hulself te laat steriliseer en sodoende geboorte beperking toe te pas. Stel nou n basiese tarief vir water en elektrisiteit in wat almal moet betaal. Probleem opgelos! Ai, ek droom nou net so lekker soos ou Paddaman!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.