Waterkrisis: ‘Suid-Afrikaners gebruik te veel water’

Die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu (Argieffoto: GCIS)

Suid-Afrikaners gaan hul benadering tot waterverbruik moet aanpas as die land die sogenaamde Dag Zero wil voorkom.

Die minister van water en sanitasie, Lindiwe Sisulu, het Maandag gewaarsku watertekorte staar groot dele van Suid-Afrika in die gesig. Behoorlike reën word nie voor Desember verwag nie en dam- en reservoirvlakke daal voortdurend. Volgens Sisulu is Suid-Afrika een van die 30 droogste lande ter wêreld. Meer as 60% van die land se water word vir landbou gebruik, wat 27% vir die land se nagenoeg 58 miljoen inwoners laat.

Verouderende infrastruktuur en wanbestuur veroorsaak boonop groot probleme wat betref doeltreffende waterbestuur.

Volgens Sisulu ervaar Suid-Afrika in dié stadium waarna verwys word as waterstres. “Die situasie is baie ernstig, maar daar is nie rede tot paniek nie. Alles is onder beheer.

“ʼn Harde werklikheid staar ons in die gesig en ons moet onmiddellik begin om Suid-Afrika [water]rampbestand te maak. Dit is van die uiterste belang,” het sy gesê.

Die minister sê Suid-Afrika kan niks aan veranderende weerpatrone doen nie, maar moet die hulpbronne wat beskikbaar is, spaarsaam gebruik.

Sipho Mosai, uitvoerende hoof van Rand Water, sê verbruik het bloot onvolhoubaar geword. Die grootmaatwatervoorsiener het reeds beperkings in verskeie gebiede ingestel.

In sy watervoorsieningsgebied het verbruik na nagenoeg 5 miljard liter per dag opgeskiet, waar dit voorheen nagenoeg 4,3 miljard liter was. Waterbeperkings geld ook reeds in verskeie dele van Rand Water se voorsieningsgebied.

(Foto: Pixabay)

Verbruikers hier gebruik gemiddeld 320 liter per persoon per dag, terwyl die internasionale gemiddeld 170 liter per persoon per dag is, het Mosai gesê. Volgens hom het navorsing bevind dit is boonop heeltemal moontlik om met 25 liter water per persoon per dag oor die weg te kom. As dié syfer selfs na 100 liter per persoon per dag opgestoot word, is daar steeds genoeg water vir almal.

“As ons drinkwater gebruik vir drinkwater, behoort alles in orde te wees. Verbruikers gebruik water vir ander doeleindes as drinkwater. Die grootste gedeelte word gebruik om tuine nat te lei en swembaddens mee op te vul,” het Mosai gesê.

Hy het gepleit by mense om hul verbruik te verminder en sê as 500 miljoen liter water per dag bespaar kan word, beperkings moontlik verslap kan word.

“Elke druppel tel. As elke huishouding saamwerk, is daar genoeg water,” het Mosai gesê.

Volgens Sisulu gaan sogenaamde beurtwater, soos die gehate beurtkrag, nét ingestel word as die huidige tempo van verbruik nie verminder nie. “As ons by die beperkings hou, gaan ons nie daardie punt bereik nie,” het sy gesê.

Dhesigen Naidoo, hoof van die waternavorsingskommissie, het gesê waterinfrastruktuur gaan voortaan op die hoogste vlak onderhou moet word om te voorkom dat water verlore gaan. “Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat Sipho [Mosai] se mikpunt 500 miljoen liter water per dag is, terwyl daar van 41% van water in die stadstreekskompleks glad nie rekenskap gegee word nie.”

Naidoo het gesê nuwe, moderne infrastruktuur is nodig om uitdagings die hoof te bied en dat water verskeie kere weer gebruik moet word voordat dit eindelik na die bron terugkeer.

“Raak gewoond daaraan om in Suid-Afrika te woon. Engelse kontreituine werk nie in Johannesburg nie. Ons benodig Suid-Afrikaanse tuine wat veel meer waterwys is.”

Sisulu het ook onderneem om meer inligting oor die departement se sogenaamde watermeesterplan aanstaande maand bekend te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Leon ·

Water verbruik sal sekerlik 25% minder wees indien beter onderhoud aan lekkende waterpype gedoen word.

Ronel ·

Dis waar, en natuurlik bars ons land se bevolking uit sy nate uit! Elke enkele mondjie moet drink en eet!

Tershia ·

Stem saam Water loop in die strate af Rapporteer waterlekke word net toegespan en niks aan die probleem gedoen nie Kan baie water so bespaar as dit net reggemaak word

Sê maar net ·

Nee, water verbruik sal verminder as die mense wat instroom beheer word.

DG ·

Nog ‘n voorbeeld waar wanbestuur nou almal se krises word… Eish

Annoniem ·

Suid Afrika is mos die brood-mandjie van die vasteland, so, hou die grense oop… Hoe meer siele hoe meer vreugde… Ons land sal mos eerder vir ons bure se burgers ‘n heenkome wil wees VOOR ons na onsself omsien… en stadig maar seker boet ons vir onnosele besluite.

Hans ·

Al gehoor van water harvesting, hoekom word mense nie betaal om droeë boorgate te rehab om afloop stormwater te herlei nie. Ag maar nee dis veel makliker om riool in riviere in te laat loop.

Koosswa ·

Hulle moet brandewyn se pryse verlaag, sal dan nie so baie water moet bygooi om dit langer te laat hou nie

Joe ·

Ja kom Zimbabwe , Kongo, Somalie, Uganda, ….kom kom….ons het mos BAIE reserwes……EFF’ers wil julle almal hier he…hulle het mos baie VBS geld so kan gou land uit as nood druk…

Charles ·

“Daar is nie rede tot paniek nie. ALLES IS IN BEHEER.”

Pieter ·

Stem saam charles hulle het mos vir almal water en krag belowe die ANC dink eskom is n probleem hulle gaan nog kom sien wat is n probleem as daar nue water is nie dit kan geen mens maak nie hulle moes twintig jaar terug al begin plan maak het kyk hoe lyk al ons riviere en damme te danke aan die ANC kry vir julle want julle is mos brein dood

Hanna Hoekom ·

Laat ALMAL vir water betaal en die probleem is opgelos! As mens vir iets betaal, waardeer jy dit… Dan sal daar genoeg geld wees om verouderde infrastruktuur ook te herstel. Ai, hoe lekker dagdroom ek nou!

Donderstorm ·

Hul moet hul kant reg kry voor hul vinger na die verbruiker wys mens meld lekende en gebarste pype aan maar vir maande word dit nie herstel nie kwansys nie genoeg loodgieters ens ens ens nie.laat my dink aan n sekere man wat al oorlede is wat gesien het dat die water in n dam in loop maar oorals kom water uitdie dam gelek aangesien daar oorals gate is.

Feite ·

Die staat se transformasie projek mbt waterbestuur het net soos met Eskom, klaaglik misluk en veroorsaak groter probleme as wat die staat kan hanteer, maar steeds doen ANC leiers, onder andere Mbeki, n beroep op opposisie partye om die ANC se transformasie agenda te ondersteun. Transformasiewaterbestuur misluk, nie agv min reen nie, maar agv staatskapingkorrupsie/bitter min instandhouding/versuim om ondergrondse water en riviere teen besoedeling te beskerming/onbeheersde vermorsing/wanbetalende gemeenskappe en ongereguleerde bevolkingsimmigrasie. Die probleem is te danke aan transformasie en is dus n ANC probleem. Die staat maak nou soos met Eskom se probleem, die waterbestuur probleem die verbruiker se probleem. Verbruikers moet hulself nie verontrief terwyl daar gemeenskappe is wat nie vir water betaal nie en nie waterbeperkings kry nie. Stoor en gaar water op in tanks en swembaddens. Moet nie toelaat dat die ANC dit die probleem van betalende verbruikers maak nie. Hulle sal jou om elke hoek en draai probeer verneuk en verontrief terwyl hulle sit en wag dat die reen die riviere moet kom skoon maak. Die geld vir die behandeling van die besoedelde vaalrivier is nog steeds by die tesourie, dit terwyl die probleem van rioolbesoedeling reeds vir langer as n jaar ongesteurd voortduur. Die meesterwaterplan gaan bekend gemaak word wanneer die reenseisoen reeds begin het! Daar sal n tyd kom dat daar nie genoeg reen kom om die besoedeling weg te was nie en geen mens of dier sal die water kan drink nie, selfs plante sal nie groei nie !

Geitjie ·

Wanbestuur, en geen vooruit beplanning nie!! Ek bly op die Suid-Kus en ons het vir die afgelope 2dae geen water nie. Pateties!!!

m ·

Ja hoeveel van daai 325 liter per dag sien ons, nie 325 liter nie!! As die ANC net kan ophou bollie praat en minder geld aan onbevoegde ampte-narre se salarisse betaal, kan hulle dalk iets doen aan die instanthouding van infrastructure en nuwe damme bou ens. end.

Dries ·

Hulle kan mos enige werk doen broer hulle is soos daai klomp wat altyd buite builders warehouse staan hulle kan bou verf plumbing enige iets doen vra hulle net hulle ken alles

Maljan ·

Danksy die kindertoelaag. Solank dit n werklikheid is, sal daar meer ki ders as !Arlo lammers bedrop word. Gee n
Aar maar dan moet daardie kinders gaan werk. Maar nee, wag, hulle sal universiteit toe haan.

Koos de Meyer. ·

Die woord instandhouding ken hulle nie. Hier by ons kry ons mede landsburgers 12 kilo liter water verniet. Hulle mors met dit. Miskien moet medame vir hulle asb.mooi vra om tog meer spaarsamig met die water te wees. En nog meer word die blaam steeds na 25 jaar op verouderde pype ens.geplaas.

PietS ·

Snaaks daar word niks gese oor hoeveel water fabrieke, myne en kragstasies vermors nie. Die skuld word alweer op die boere en gewone publiek geplaas.

Die ANC moet altyd n scape goat gebruik om hulle gemors weg te steek.

Wonder net ·

Word daar nog aandag aan die Vaaldam krisis gegee? Gaan kyk hoe lyk die dam agv van swak onderhoud en lekkende riool in die dam! Dis ons groot waterbron maar niemand gee om nie. Nou wil daar vinnig planne gemaak word om water te bespaar, dit moes al jare terug gebeur het – maar nee kom ons verryk onsself en doen geen onderhoud aan infrastrukture en beplanning nie!

Gert van Wierdapark ·

Krisis-bestuur is mos maar n integrale deel van die a en see se Kakistokrasie! “Why worry, be happy” is deel van die watertrap plan wat skynbaar in die pyp-lyn is! Die agbare mini-ster reken daar is nie rede vir paniek onder SA se inwoners oor die waterprobleem nie. Dit is onder beheer? Dit spyt my water-nat, maar haar senti-ment word nie gedeel nie! HKGK oor die waterprobleem wat skynbaar soos mis voor die Son gaan verdwyn!

Jan ·

Al in die laat 80’s in skool geleer dit gaan ‘n probleem wees in RSA as die bevolking te hoog gaan wees, tesame met karoo verdroging vanaf weste (basies klimaatverandering) – dis ou nuus, maar steeds gee julle nie om nie want bevolkings groei beperkings is ‘n term uit apartheid, ‘n westerse woord wat ge-dekoloniseer moet word. Waterwese is bankrot, en wie gee om vir onderhoud van infrastruktuur, dis mos maar maklik om flou verskonings te gee en verantwoordelikheid af te skuiwe. Solank as net somiges deur hul ore betaal, daar geen verantwoordelikheid is, swak beplanning of politiesie wat nie luister, gebrek aan fondse om infrastruktuur op te gradeer/instandhouding, geen grootskaalse gesinsbeplanning/grensbeheer , kaderontplooing ens kry ek ons waterbonne jammer

Puma ·

Ons het as studente n uitstappie gehad na n informele nedersetting. Met ons aankoms het die water vrylik gevloei en toe ons as studnete vra, maar hoekom is hier n moeras om die gemeenskaplike kraan was die antwoord bloot – “die kleintjies kan nie die kraan weer oopdraai nie (nie sterk genoeg nie)”. Een van 2 goed is weereens die probleem, net soos met krag – dis VERNIET en julle moet dalk nie die kleintjie wat nie eers die drom kan dra stuur om water te kry nie. Alles is maklik as it verniet is – sal nooit op raak nie of so dink hulle. Ons wat betaal moet asb. minder gebruik net soos met Eskom. Ons het nie krag nie, maar as ons het moet julle wat betaal asb. minder gebruik???

A ·

Ons in Polokwane het vir weke nie water nie. Ons kry beurt water as daar water is. Ons sit vir dae sonder water.

Only me ·

Dit is pateties…glo my!My dogter bly ook daar!!Water word summier afgesit!Sy al orals gekla…Carte Blanche, Afriforum, Jacaranda FM, Solidariteit, Mayor, DA…noem dit en sy het navraag/klagte gelog!!GEEN SUKSES!!!Sy n alleen ouer…haar man onlangs oorlede..inkomste min…moet water ten duurste aankoop ens.
Dink eerder dit n geval van nie skuld betaal waar Polokwane water kry nie!
Maar ja….lekker NUWE S .A.!!!Gravy trein loop lekker met ons belasting gelde !!!!

KrokodilBotha ·

Behalwe instandhouding wat nie gedoen word nie, het lesufi al gedink om nuwe damme te bou vir waneer dit wel reen. Dis ook natuurlik apartheid se skuld al ons damme is klein en oud. Afrika mentaliteit. Elke nuwe dag in ons land is n nuwe verskoning. Alles is mos onder beheer . Hehehe

Francois ·

Herstel alle pompstasies en pype wat lek, raak ontslae van die 15miljoen buitelanders dan sal ons genoeg water hê.

Werner ·

Dit sal ook help as ons plattelandse areas ook begin betaal vir water. Plekke soos Hammanskraal, Kwamshlanga ens betaal net vir water gebruik as die kraan wat in die erf is gekoppel is aan die huis.

Salamander ·

“Te veel Suid Afrikaners gebruik water sonder om te betaal” . There, I fixed it for you.

Stem Saam ·

Dit is juis die areas wat nie betaal vir water nie wat se resevoirs konstant leegloop. Daardie areas word gereeld uitgewys wat se resevoirs leeggekoop het, maar ons betalende kliënte betaal die prys daarvoor. Hoër waterpryse op die horison……nes Eskom. Die hele land word “randsom” gehou.

Theresa ·

My tyd – ek wonder hoe het dit gekom tot die punt. Julle laat die pap op die grond val met al ons hulpbronne wat julle konsuis “bestuur”. Hou op om ons geld te vat (wat ons self hard voor werk) en kry mense wat weet hoe om die hulpbronne te bestuur en om met finansies te werk.

Realis ·

Die vorige regime het te veel groot damme gebou wat lank vat om vol te word. Hulle moes baie meer klein dammetjies gebou het wat vinnig kan vol word aldus die vorige raadslid van Queenstown.

“The apartheid regime built the dams too big, so they take a long time to fill. You should have built them smaller, they would fill quicker and we would have plenty of water and never run out”.

Maljan ·

Danksy die kindertoelaag. Solank dit n werklikheid is, sal daar meer kinders as Karoo lammers bedrop word. Gee n paar jaar dan moet daardie kinders gaan werk. Maar nee, wag, hulle sal universiteit toe gaan.

Dis Nou ·

Ek’s bereid om bad op te gee vir stort, maar NIKS meer as dit. Ek het nie mense se geld wanbestuur nie en my kortsigtigheid het nie gelei tot ‘n gebrek aan beplanning nie

AndrewL ·

Mense wat die Vaalrivier se water moet gebruik kan nie dink hoe suiwer die riool gaan wees met minder waterverbruik in Vanderbijl/Vereniging omgewing nie.

AndrewL ·

Wat het van die Lesotho fase twee waterskema geword wat die huidige regime moes begin?

Swanna ·

Andrew hulle kan nie eens twee kragstasies voltooi nie wat dink jy gaan gebeur by ‘n water dam bou projek. EISH!!!!

Anoniem ·

Kyk maar net in sekere woonbuurte hoe die krane lek en nie behoorlik toegemaak word nie. Hoeveel miljoene liters water gaan nie so verlore nie?

Stofbakkies ·

Mense moet ook geleer word om krane toe te draai, ek sien daagliks hoe krane oopgedraai word en dan doodeenvoudig net oopgelos word, veral by die werksplek, want die “landlord” betaal mos so dit raak my nie!

Disselboom ·

Suid-Afrika beheer nie sy grense nie en laat te veel mense maar hier kom plak; en kom verbruik. Nuwe regering nodig wat ten eerste net basiese dinge doen soos om die land se belange eerste te stel.

chrisjan ·

Die’ ding reken “alles is onder beheer’? Sy het nie ‘n clue waarvan sy praat nie!Kyk net hoe word riviere besoedel deur riool water en wat word daaromtrent gedoen ?NIKS!

WIEBO ·

Constantia Park in Pretoria het min of geen water. Sondag was daar selfsugtige blankes wat n waterwurm vir die kinders gehad het in n kompleks. Geen gevoel vir mede inwoners wat GEEN water het nie………………………..

Pikkewyne ·

Wie is nou die selfsugtige persoon, wat nie kinders in hierdie hitte ‘n bietjie pret gun nie!?

Hennie ·

Joooo… ou plestiek Sesulu is slim mense. Die regering en stadsrade maak wins uit die verkoop van water, net soos met elektrisiteit. So asseblief, gebruik minder van hul produkte sodat die winste kan afneem. Regte Afrika mentaliteit…

Sirkus ·

“Alles is onder beheer” ANC se geliefde woorde maar geen aksie bewys die teenoorgestelde…

Dorsland ·

Uiteindelik! Nou moet iemand nog net die aanwas van die mense aanspreek: 17 miljoen meer in die laaste 15 jaar! Anders kan hulle maar huil en dreig, daar sal nie genoeg water wees as die aanwas nie daal nie! Logies

water!! ·

ek gebruik nie eens 320 liter n week nie. 1 halwe bad water n dag, skottelgoed in die aand, en sit die was masjien een keer n week aan. Dis die ironie van die saak, ons bespaar maar hulle gee nie. Ons buurman tap elke week sy opslaan swembad skoon water in

karen ·

ek het onlangs begin om die wasmasjien se water in ‘n wheely-bin te laat uitloop. was verbaas om te sien dat 2 tot 3 bondels die wheely-bin vol maak. het begin om hierdie “grys” water vir die tuin te gebruik.

Sê net ·

Ek het ons wasmasjienwater na ons advokadoboom herlei. Die oes was hierdie jaar amper drie maal die vorige jaar. Gemiddelde grootte 100mm in deursnee. Dit wat ons nie kon eet nie het ons verkoop. Dit is beslis die moeite werd om grys water te hergebruik.

karen ·

ons het ‘n proeflopie gedoen en die wasmasjien se water in ‘n wheely-bin laat uitloop. verbaas dat dit 2 tot 3 bondels neem dan is die bin vol! hierdie grys water gebruik ons nou vir die tuin.

Zaks ·

Om elke hoek is n Winkel wat water verkoop, so ook n car wash. Begin daar! Ek drink al 48 jaar kraan water en loop vinniger as meeste tieners.

Penellope Jones ·

My ouers se woorde is altyd vars in my geheue – “Spaar Altyd water, of daar baie is of nie, want daar Gaan ‘n dag kom dat dit skaars gaan wees.”

Judge Dredd ·

Loop selfde pad as Eskom.

Waterwese vra mense om minder water te gebruik -> kry minder geld om herstelwerk te doen -> infrastruktuur val verder uitmekaar -> nog meer water gaan verlore -> Waterwese vra mense om minder water te gebruik.

Herhaal Ad Infinitum………….

Suzette Geringer ·

Ja ons het ‘n waterskaars land, ons weet dit. Kom ons stip net gou ‘n paar punte Min Sisulu: 1. Riool vloei daagliks onbeheerbaar in ons riviere en damme in- dan roep julle die weermag se hulp in ? om wat te doen? 2. Damme is toegeslik wat die kapasiteit van die damme verminder. Toe boere wou help om dit te ontslik wou die ANC regering nie die hulp aanvaar nie. 3. Pypleidings word nie in stand gehou nie. 4. Lekkasies vat weke om te herstel. So deur te sê alles is onder beheer is ‘n infame leuen – die ANC het geen beheer nie – kan nie eens ‘n winkeltrollie beheer nie.

Johan ·

Waar is al die geld heen wat gebruik moes word om tweede fase damme in Lesotho te bou?

Zanna ·

Met die water krisis, besproei ons buirman wat n huirder vd plot en van Zimbabwe is, elke dag sy groente tuin van 8,000m2. Die polisie doen niks, ek het al orals gaan kla, sprayers in die nag en tuinslang in die dag. Hy het vir n Paar jaar onwettige water kon eksies gehad en een vd kon eksies is hierdie jaar gestop deur Tswane na ons 4 jaar gekla het. die man huir op vwrskeie plekke groot stukke grond en maak n goeie lewe uit sy groente wat hy verkoop en wat hy water gee (ek het baie fotos en vdo’s om dit te staaf en die res van Pretoria se krane is leeg. WIE gaan die guts he om die Zimbabwe man te STOP?

Attie. ·

In ons waterskaarsland doen die regering nou die ding op die Afrika manier. Die reentyd in die Noorde het nou aangebreek en daarom maak hulle die sluise van die Vaaldam nou oop sodat die riool kan uitloop. Baie slim die regering van ons. Ongelukkig het niemand vir hulle geleer dat dit riool is wat weer inloop nie.

Andre de kegel ·

Hier by ons in belgie moe ons betaal vir gebreuk van water ons betaal elk maand so ongeveer 20euro in rande es da ongeveer 350 rande per persoon hoe meer mense woon i 1huis hulle moe meer betaal ,dus lazt hulle mense ook betazl vir gebruik van water ,dan es die probleem opgelos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.