Watter fase nou? Só staan beurtkragsake

Foto ter illustrasie. (Foto: iStock)

Kragverbruikers kan effense verligting ervaar met fase 5-beurtkrag wat van Donderdag om 16:00 ingestel word tot 05:00 Vrydagoggend.

Verskeie beurtkragfases sal dan tot Sondagaand geïmplementeer word.

Hiermee die beurtkragskedule:

Die kragvoorsiener sal inligting verskaf sodra enige beduidende veranderings plaasvind.

Altesaam 16 369 MW se kragopwekkingsvermoë is tans nie beskikbaar nie weens meganiese probleme. Altesaam 3 369 MW is afgeskakel vir beplande instandhouding.

Tydens die afgelope 24 uur is ʼn kragopwekkingseenheid by die Matla-kragstasie aangeskakel.

In dieselfde tydperk het nog ’n opwekkingseenheid by dié kragstasie onklaar geraak. Die herstel van eenhede elk by die Camden-, Hendrina-, Kendal- en Matla-kragstasie en twee by die Tutuka-kragstasie is vertraag.

Die span werk onverpoosd om seker te maak dat die eenhede so vinnig as moontlik weer in diens gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Nettie ·

Die vinnige en gedurige (en onlogiese) veranderings aan die skedule is om maksimum chaos en ongerief te veroorsaak. Ek hoop dit laat mense dink… en wonder.

Peter ·

Dit verander anyway either vanaand of môre sodra die koue goed inskop

Papsak ·

Die fases skop darem vinnig uit en in julle mask soos met covid ne speel ons skiet my af waarheid

Keelvol ·

Vir ons hierin Kempton Park beteken dit absoluut niks….. nou al vir 36 uur sonder krag. Tog sal ons nie van beurtkrag vry gestel word nie.

Hendrik ·

Die fases verander, maar die ure bly dieselfde wat dit af is. Geen verskil tussen fase 3 en 6 nie.

Ettienne ·

SNERT!!! Fases verander lukraak en sonder enige waarskuwing, Die verskil tussen sogenaamde fases is bykans niks. EN die krag gaan soos klokslag op die afgekondigde tyd af – maar kom hier in die Wes Kaapse Platteland (veral gedurende die middernagtelike ure) soms tot 90 minute later as aangekondig weer aan. Ons is laaaaaaaaaaaaaaankal in hoër fases as wat daar gesê word!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.