Weduwee, twee ander skuil in badkamer tydens plaasaanval

Argieffoto

ʼn Vrou, haar negejarige seun, ʼn vriendin, die plaasvoorman en werkers is Sondagaand op ʼn plaas in Mpumalanga aangeval.

Oudkol. Sakkie Louwrens, direkteur van die misdaadbestrydingsorganisasie Heritage Protection Group (HPG), het Maandag aan Maroela Media gesê die aanval het omstreeks 21:00 op die vrou se plaas in die Maartenshoop-omgewing buite Lydenburg plaasgevind.

Die 41-jarige vrou, wie se man onlangs glo ná ʼn siekte oorlede is, was in die huis saam met haar negejarige seun, ʼn vriendin en die 23-jarige plaasvoorman, toe die voorman ʼn telefoonoproep van ʼn onbekende nommer ontvang het. Toe hy die oproep beantwoord, het hy gehoor dit is een van die plaaswerkers.

“Die werker het gesê sy vrou is baie siek en het die voorman versoek om hom te kom help. Die voorman is na die werkers se blyplek waar hy met sy aankoms deur vyf mans, van wie een ooglopend met ʼn vuurwapen gewapen was, oorval en vasgebind is,” het Louwrens gesê. Die verdagtes het toe reeds glo die werkers, ʼn egpaar en nog ʼn man, vasgebind en met die vuurwapen aangehou en gedreig.

Die verdagtes het daarna die voorman en al drie werkers na die hoofhuis gedwing. Die vrou het die groep sien aankom en hulself in die badkamer gaan toesluit terwyl sy hulp ontbied het.

“Naby die huis het een van die verdagtes die vrou se hond deur die nek geskiet en gewond. Hulle het daarna deur die hoofslaapkamer se venster geskiet en twee ander vertrekke se hoofvensters met klippe stukkend gegooi in ʼn poging om toegang tot die huis te kry.”

ʼn Omliggende boer het kort daarna by die huis opgedaag en die verdagtes het te voet van die toneel gevlug. Sover vasgestel kan word, is net die voorman se selfoon geroof. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

Vier spoorsnyers van HPG, lede van die TAE-veiligheidsnetwerk en die polisie was op die toneel. Die aanvallers kon daarin slaag om weg te kom.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

marianne ·

Dank die Here in die aanval is niemand beseer of vermoor nie, die plaasaanvalle neem toe en word in haat uitgedruk. Dit is tyd dat die United Nantions ingryp en begin skiet. Ons land is gekreupel onder misdaad, misdadigers Kom weg, hulle word gevaarliker en is swaar gewapen.
Ons Regeering, Agriform en Hooggeplaasdes sweig oor die stand van sake.
Beskerm ons mense, bemagtig ons boereen red ons land.

Sêmaarnet ·

Hoe is dit moontlik dat plaasaanvallers altyd wegkom??

Uvonka ·

Maklik……..wag laat ek eerder niks verder se nie, MM sal my permanent blok!!!!

Theresa ·

So die werker se vrou was nie siek nie? Lokval gewees?
Dink nie hul het ver gehardloop nie – is tien teen een in kennis gestel van die vrou wat nou die boerdery besit. Jaloesie en nyd noop hierdie mense om te kom vat wat nie hul s”n is nie.
Hoop die vrou en plaasbestuurder gradeer veiligheid op en wees versigtig om alle info sommer net aan almal daar uit te gee.

Sylvia ·

Dit kon ‘n lokval gewees het. Onthou baie van die plaaswerkers se lewems is in gevaar en word gedwing om oproepe te maak. Hulle is ongewapen en dus uitgelewer aan iemand met ‘n vuurwapen. Ek stem saam. Na ure moet hulle self die polise bel.

Cherokee ·

Die plaasaanvalle skakel met mekaar. Dit skakel ineen, Niemand is meer so naief om te dink dat dit losstaande insidente is nie.

Israel ·

nie meer naief nie ? ons weet al jare dit is “state sponsored hit squads”

Johann ·

Die boosheid self loop los rond en doen wat hulle mede selfverhewe barbare aan bewind voorsê en voor doen! Die arrogansie waarmee dit gebeur en die onaantasbaarheids houding skree ten hemele!!!! As ins bie self bewapen en optree nie gaan niemand nie!!!!!!

huisroof ·

Nie net huisroof!? Aanranding, ontvoering, poging tot moord (skiet deur huisvenster) en natuurlik onwettige wapenbesit.

johnny_walker ·

ek hoop die weduwee koop vir haar n pistool , jy is net eenkeer gelukkig om so lig daarvan af te kom , hulle sal terugkom

Annie ·

My familie op plaas gaan glad nie saans uit na “noodgevalle” by werkers se huise nie. Hulle bel of SAPD of ambulans na gelang van klagte. MoENIE saans uitgaan v sg noodgevalle nie. Bel toepaslike instansie.

Voorstel ·

Jy is só reg Annie. My voorstel is dat boere opleiding moet kry vir/oor veiligheid. Verkieslik op die plaas self waar dan uitgewys kan word wat verander/verbeter moet word. Dit is gewoonlik simpel eenvoudige goed waarmee jy in ‘n slagyster gevang word.

NEEWAT ·

MOOI Man jy het ‘n baie GOEIE WERKER hoor . julle wil nie hoor nie .. FIRE die werkers . hoekom word julle steeds uitgelok? AGNEE MAN ek begin my simpatie verloor met mense wat BUITE toe gaan en met mense wat hulle WERKERS se oproepe in die nagte vat !!

Johan ·

mense julle leer nie, daar was al lank terug n berug gewees van so geval, mense as julle werkers julle bel in die aand tel jy nie op nie, jy gaan kyk nie eers nie jy kry dadelik hulp van beite af.

Apache ·

En wat van die vrou se arme hond wat in die nek geskiet is, julle kommentators rep geen woord oor die arme hond nie,

Liza ·

Ja hulle het baie lig daarvan afgekom. Ek is haar sus en vind enige plaasmoord hartverskeurend. Niemand verdien so n ervaring nie. Haar pistool het nie eers haar lewe verseker nie.
Dankie Abba Vader vir U beskermde hand

Philiza ·

Dis so snaaks op elke storie wat te doen het met plaasmoorde of wit mense dood gemaak het die skuldiges altyd weg gekom en saak word vervolg dan gebeur da niks rerig so moeg dat daar altyd gese word ons moet saam staan en niks kom van dit ni.

bgj van der westhuizen ·

1, die regering moet hof toe geneem word met elke aan val weens hulle nie die grond wet nie na kom nie 2, die boere moet op gely word in vielighied en die mense wat die beste oplieding sal kan gee is die ou koevout eenhied
3,dit mag vergesog klink maar begin om in muur al om jou plaas opstal en geboue te bou soos n fort / kasteel of nog beter maak soos ons n die stad jy verander jou huis laat jy later dink jy bly in n tronk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.