Wéér met een punt op Twickenham

Eben Etzebeth op die aanval. Foto: Adrian Dennis/AFP.

Vir die tweede agtereenvolgende keer het die Springbokke met een punt op Twickenham verloor toe ’n Marcus Smith-strafskop die wedstryd in die 79ste minuut vir Engeland beklink het.

Die eindtelling van die aksiebelaaide tweestryd was 27 – 26 in die Rose se guns. En na alles wat in die aanloop tot die wedstryd gebeur het, was dit omtrent ’n slagveld.

Die Rose het ongetwyfeld die beste rugby in die eerste helfte opgedis: Hulle het beter geskop, hul lynstane het gewerk, hulle het drieë gedruk en hulle het selfs ’n skrumstrafskop gewen.

Tog het Handré Pollard se skopvoet die besoekers in die prentjie gehou en hulle het rustyd ’n agterstand van slegs vyf punte (17 – 12) gehad om in te haal.

In die tweede helfte het die Bokke se skrums skielik vlamgevat en die Engelse het die een strafskop na die ander begin afstaan.

Damian de Allende het ook ’n baie goeie wedstryd gehad. Foto: Adrian Dennis/AFP.

Voeg daarby Makazole Mapimpi se 20ste drie van sy jong loopbaan en ’n briljante Eben Etzebeth wat weer eens met ongeëwenaarde aggressie gespeel het, en dit het gelyk of die Bokke se vertoning in die tweede helfte vir hulle die knoop sou deurhaak.

Maar ’n geel kaart, ’n spul verbroude stelskoppe en ’n strafskop  (reg voor hul pale) het dinge vir hulle deurmekaar kom krap.

“Dit is taai en ons is baie teleurgesteld dat ons nie gewen het nie, maar dit was ’n goeie rugbywedstryd gewees. Ons het vandag ’n paar onnodige foute gemaak en Engeland het goed verdedig,” het Siya Kolisi ná die wedstryd gesê.

“Ons sal nooit verskonings maak as ons verloor nie en ek is baie trots op wat die span vanjaar vermag het.”

Siya Kolisi is ná ’n luggeveg van die veld gestuur. Foto Glyn Kirk/AFP.

Volgens die Springbokkaptein was 2021 ’n moeilike jaar vir baie mense en dat dit ’n voorreg is om vir ’n bietjie hoop in die Springboktrui te sorg.

Ja, hulle het vandag verloor, maar in ’n onstuimige jaar kon die Springbokke darem vir ’n paar Suid-Afrikaanse hoogtepunte sorg.

En daaroor mag ’n mens maar trots wees.

  • Puntemakers:

Engeland: Drieë: Manu Tuilagi, Freddie Steward en Raffi Quirke. Doelskoppe: Marcus Smith (3). Strafskoppe: Smith (2).

Springbokke: Drie: Makazole Mapimpi. Strafskoppe: Handré Pollard (5), Frans Steyn en Elton Jantjies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

MakersMark ·

Ongelukkig was die bokke op vakansie gedurende eerste helfte en England doen al die speelwerk. Bokke domineer vaste fases in tweede helfte, smyt ‘n sekere drie weg, mis 8 punte met skoppe en verloor met een punt. Iets moet aan Pollard en Jantjies se skopwerk pale toe gedoen word. En natuurlik was willie weer pateties op heelagter. Swak toets vir die bokke.

Pim die Skim ·

Rassie was nie daar nie. Sonder Rassie is die kapteinskap dit wat ons aan gewoond aan geraak het wanneer ons n bacon, kaas em advo burger bestel en chicken mayo toebroodjie kry. ‘n Mens kan sê moenie politiek in bring nie, maar die kapteinskap is juis n politieke aanstelling.

MakersMark ·

Ek sou die verloor voor die skoppers se deur lê nie voor die kaptein s’n nie.

Harley Davidson ·

Dit is goed so die beste span in die wêreld wat kwota sisteme(apartheid) ondersteun ‘n sisteem waar spelers nie op meriete nie maar die kleur van hulle vel gekies moet word.

Harley Davidson ·

Niks te doen met die spelers nie dit is die sisteem wat verkeerd is.

piet ·

So al is dit die beste spelers ondersteun jy nie die span nie omdat die “sisteem” volgens jou verkeerd is. Maar as die beste spelers dan nou speel, hoe kan die sisteem verkeerd wees? Maak nie vir my sin nie. Ek dink ook nie jy’s eerlik hier nie want jy het al vantevore gese dat daar beter wit spelers is wat nie gekies word nie (let ook dat jy nooit noem dat daar beter anderskleurige spelers kan wees nie) as gevolg van hul kleur. Maar as jy uitgedaag word om hulle te noem dan kan jy nie. Jy’t ‘n probleem met anderskleurige spelers in die span, finish en klaar nou kom jy kamma met ‘n sisteem storie..

Chrisp ·

Kwotas is die kanker in die spansport-ligaam van Suid-Afrika.

Kinders hou op met sport omrede hulle wit is , ek het dit self gesien by baie proewe in krieket en rugby.
Die krieketspan van ouds was altyd Engels todat die sport in Afrikaanse skole begin is en nie verwag is dat die SA skolespan en internasionale span soveel Afrikaners moet bevat wat in daai tyd die verhouding tussen die Engels sprekende en Afrikaans sprekendes in % moet weerspieel nie.Die sport is in Afrikaanse skole beoefen en kinders is op meriete gekies en so het die Afrikaanse kinders later vanself deurgekom.
Dit gaan nie net oor die senior spanne nie maar wel talent wat verlore gaan by skole spanne,kinders hou bloot op speel en so word die voedingsaar verklein.

Solank hierdie diskriminasie voorgaan sal ek geen spansport in die land ondersteun nie.

Pim die Skim ·

En Rassie word langs die veld verban. Dink net wat sou die half-blacks kon vermag wanneer elke speler op merriete van prestasie alleen gekies word…

johan ·

Telling vlei die Bokke. Gelukkig vir hulle was die skeidsregter aan hulle kant die keer… 18 strafskoppe teen Engeland en net 5 teen die Bokke. Sal weddenskap aangaan dat Rassie nie die een sal ontleed in ‘n video nie….

MakersMark ·

Jy is reg. En dit wys jou hoe dominerend die bokke was met maaldryf bewegings, by die afbreekpunte asook in die vaste fasette. Ongelukkig kon ‘n swak agterlyn nie die dominansie omsit in punte nie insluitend 8 punte misgeskop. Bokke moet maar in die spieël kyk vir die een.

Colombo ·

Die Springbokke bly n kwotaspan en sal in die toekoms ook so bekend staan.

Harley Davidson ·

Piet/pieter/ markersman sou jy ook vir Mandela gesê het apartheid is nou maar so as jy nie daarvan hou nie doen iets anders?

piet ·

Ek is nie pieter of markersman nie, so terloops. Deur Apartheid te vergelyk met kwota (wat nodig was om mense wat heeltemal uitgesluit was op grond van hul velkleur alleenlik in die verlede deel te maak van die opset) is belaglik. Tyd dat jy begin aanbeweeg en die uitdagings van ‘n nuwe SA besef waar ALLE rassegroepe rolspelers is. Tyd van ‘n wit alleen sport-opset is lankal verby.

Harley Davidson ·

Wat verstaan jy nie ,ek kan dit stadig vir jou verduidelik.

MakersMark ·

Ondersteun orania se o/13 span seker die skakering is na jou smaak.

Harley Davidson ·

Aliase, ek het nie eers geweet Orania wat ‘n plaas binne in sa is met SA reels en wette het ‘n rugby span nie.

Pim die Skim ·

Die mense wat nie saam stem nie is of volstruise met kop in die sand of hulle blammeer Jan en brand skole af.

Robbie ·

Dit lyk my elke generasie Springbokke maak dieselfde foute. Hulle kry ‘n strafskop reg voor die pale en dan skop hulle die bal uit vir ‘n lynstaan. En dan daardie alewige geskop deur die skrumskakel, selfs in die laaste minute van die wedstryd.

piet ·

Hoeveel skoppe het Pollard hierdie keer gemis? Die seisoen is nou verby en mens kan nou na die rekord kyk. Die statistieke sal wys dat ons 5 wedstryde verloor het, steeds vrotsig is op toer (net 3 van 7 weedstryde oorsee gewen), slegs 1 van 5 toetse teen NS, Aus en Engeland kon wen. So eintlik maar swak vir ‘n wereldkampioen en nommer 1 span. So terloops – wat ‘n span werklik besonders maak, is die vermoe van die span om hierdie naelskraapse stryde te beklink. Ongelukkig verloor ons in hierdie situasies meer kere as wat ons wen. Dis jammer want ons het ‘n ervare span wat hierdie situasies behoorlik behoort te bestuur veral as ons boonop voor is op die telbord.

Andre ·

Tog eienaardig al die wedstryde wat so in die doodsnikke die bordjies verhang.

piet ·

Choke? Ons het ‘n ervare span, dit behoort nie so dikwels te gebeur as wat dit gebeur nie.

Chris dupreez ·

Ja Nienaber sal nie eintlik onthou word as n Sprinbok afrigter nie , maar beslis as die laaste wit afrigter van die Springbokke

piet ·

So terloops, nou die dag ons rekord teen die All Blacks die afgelope 20 jaar gesien. 23% gewen. Die afgelope 10 jaar het ons 17% gewen. Dis darem skokkend swak.

Malan ·

Kolisi: “ons sal nooit verskoning maak as ons verloor nie” HaHaHaHa !!

Casper ·

Drie drieë teen een?Frans Steyn het ons laat voorloop en minute later laat verloor Kolisi,Kolisi,Kolisi daar is nie pille vir dommigheid nie.Willie is nie meer Willie nie en Jessie Kriel is nie ‘n vleuel nie.Ons dryfmaalbewegings was uitstekend maar ons skop pale toe.Ox Ntshe ken nog nie die manewales van die hardebaarde nie maar hy skrums goed.Toe Marx,Kitskoffie en Koch opkom toe is dit ‘n ander Bokspan.Dissipliene het ons effens in die steek gelaat.

JohanR ·

Nou moet Engeland die Bokke nog klop in die Wereld Beker finaal van 2023 as PSDT, Cheslin Kolbe, Faf de Klerk en R.G Snyman terug is. Is dit nie beter om ‘n sekere drie punte te neem as om te gaan vir ‘n sewe punter en elke keer te misluk? Kolisi is ‘n goeie kaptein en van die bestes spelers op die veld maar nou en dan is sy besluit neeming soe bietjie besluitloos!

N ·

Net nie goed genoeg nie. Met 18 strafskoppe teenoor 6 moes ons baie meer gedoen het. Maklike 2 driee agv die vleuels en ou Willie wat nie vinnig genoeg kan cover nie dan moet die voorspelers gaan probeer keer. Ons mis vir Pieter-Steph en Kolbe. Kolisi beindruk elke week meer en meer.

KB ·

Ons aanvanklike voorry was tweederangs, Willie le Roux is asb.nou geskiedenis (sy spel is vrot en hy is te slim vir homself), verder was Pollard se skoppe net gemiddeld. Die ‘Bokke het reeds in die eerste helfte die wedstryd verloor.
Engeland was die beter span op die veld.

Pim die Skim ·

Neem Rassie uit die prentjie, nee meer langs die veld as waterboy om vir die kaptein prentjies te teken van wat hy slaafs moet doen nie, dan bly en is dit duidelik sigbaar sat die kapteinskap ‘n einvoudige affirmative action aanstelling is.

piet ·

Die kaptein (enige kaptein) moet ook maar luister as die afrigter praat. Kolisi is ‘n briljante speler en goeie kaptein. Sy kapteinskap gaan nog beter raak.

Hennie ·

Swak besluite deur kapten – jy vat 3 punte as dit aangebied word.

piet ·

Jy weet almal se dit na die tyd. En baie kapteins van ander lande maak ook sulke besluite (selfs kapteins wat al jare voor vat soos Jones van Wallis). Maklik om na die tyd skuld te gee as iets nie gewerk het nie. Anders moet hulle eenvoudig besluit , pale toe in hulle halfgebied sonder enige ander denke. Is dit soos jy wil he ons moet speel, verbeeldingloos, ons is reeds so voorspelbaar. Ons stelskoppers is ook ondergemiddeld, dis nie sommer net vir drie punte vat nie.

Jr ·

In drie wedstryde nou word die quota spelers uitgewys as nie die regte keuses. Julle kan stry al wat julle wil. Tweede helfte se vaste vyf (sal nie sê wie hulle is – video van wedstryd sal jou loud and clear wys wie en wat hulle is.) kom op en begin die game te wen deur Engeland te forseer om foute te maak soveel so dat die game amper net met strafskoppe gewen word. Wanneer Kolisi tagtag minuute kan speel word hy ook n geel kaart gegee. I rest my case mr kwota Mthethwa

Johan ·

3 drieë teenoor 1 is vir my pakslae. Kan nie elke wedstryd staatmaak op soveel strafskoppe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.