Weermag op gereedheidsgrondslag geplaas

(Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas om die polisie en ander staatsdepartemente by te staan te midde van nuwe maatreëls wat die impak van die koronavirus-pandemie kan versag.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand ʼn algehele landswye afsondering van 21 dae afgekondig wat Donderdag, 26 Maart 2020 om 00:00 ingestel word. Dit volg skaars ʼn week ná die president ʼn nasionale ramptoestand in die land verklaar het.

Volgens ʼn geklassifiseerde dokument in Maroela Media se besit het die hoof van die SANW, genl. Solly Shoko, toestemming gegee dat duisende lede van die Leër-Infanteriekorps landswyd ontplooi word.

Die dokument sê die handhawing van wet en orde is steeds hoofsaaklik ʼn funksie van die polisie maar dat omstandighede die ondersteuning van die weermag noodsaak. Die onderskeie magte word gemaan om nie mekaar se funksies oor te neem nie, hoewel die weermag wel inhegtenisnemings mag uitvoer.

Weermaglede sal met hul R4-gewere diens doen en sal van Casspir- en Mamba-voertuie tydens die operasie gebruik maak.

Die opdrag sal ten minste 21 dae van krag wees maar kan tot drie maande duur en sal ten einde loop wanneer die korona-pandemie onder beheer gebring is. Alle weermaglede se verlof is ook gekanselleer.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

T ·

Nou skielik word weermag gebruik…..interesant die weermag kon lankal gebruik geword het om polisie te help en veral plaasmoorde te help bekamp.Regering is n grap!!

Michael ·

Die weermag beïndruk my gladnie ,wat help dit jy maak seker jou burgers is onder huisarres maar die grense le oop en afrika stroom in.

twaalfboor ·

Onkunde is maar ñ slegte ding. Wat laat julle dink die weermag word nie op die grense ook ontplooi nie?

Phillip ·

Wil hulle nou die wierus dood skiet met hulle R4 gewere is die wierus nou n mens ?

Johan Venter ·

As die papaja die hek tref, lyk die Weermag (die Leer, Lugmag en Vloot) maar vir my so ‘effe’ dun.

Per DefenceWeb:
“The SA National Defence Force (SANDF) personnel strength last year (2019) was 73 844 with 219 generals and admirals heading up the country’s military.”

Ek het ‘n idee as ons op die knieë gaan, sal ons beter vaar.

Mieke ·

Ek stem saam – die weermag is effe dun gesaai… En dit gaan baie afhang van die publiek hoe suksesvol hierdie ‘lockdown’ gaan wees. Dit is nou tyd dat ons almal moet saamwerk. Ek bekommer my oor die waningeligdes en dié wat geen insig of disipline kan handhaaf nie. Sterkte aan julle almal gedurende hierdie moeilike tye!….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.