Weermagveterane kry borgtog

Altesame 56 mense is in hegtenis geneem. (Skermgreep: eNCA/DSTv 403)

Altesaam 42 van 53 militêre veterane – wat glo twee ministers en ʼn adjunkminister gyselaar gehou het – is Dinsdag in die landdroshof in Pretoria by die Kgosi Mampuru II-gevangenis borgtog toegestaan.

Volgens kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, is borgtog van R500 aan die 42 veterane toegestaan.

Die oorblywende 11, wat reeds ernstige oortredings teen hulle het, sal eers in aanhouding bly. Hulle borgtogaansoeke sal Vrydag aangehoor word. Dié beskuldigdes het aanklagte soos moord, ontvoering, gewapende roof en verkragting teen hulle.

Die veterane staan tereg op aanklagte van sameswering tot ontvoering en ontvoering.

Maroela Media het vroeër berig die minister in die presidensie, Mondli Gungubele, sy eweknie by verdediging, Thandi Modise, en haar adjunk, Thabang Makwetla, is Donderdagaand by die St. George Hotel in Irene in Pretoria deur die betrokke weermagveterane as gyselaars aangehou.

Die veterane eis onder meer vergoeding en ander voordele van die regering vir hulle rol in die Suid-Afrikaanse vryheidstryd.

Die veterane wat op borgtog vrygelaat is, sal na verwagting op 1 Februarie 2022 in die landdroshof in Pretoria verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Jean ·

Die 11 gaan beslis borg kry, en seker ook teen R500.
Ons regstelsel werk nie

AW ·

Tyd sal Leer of hulle werklik vervolg sal word en of daar n skuldig bevinding sal wees…

En dan die Vonnis is n ander aspek..

Jr ·

Ja en die boere wat gevang was vir wapens is nog steeds in die tronk. Een wet vir sekeres en een vir anders

SomeOne ·

het enigeen van hulle tot 1985 in die bosoorlog geveg, nee want hulle is nou eers tussen 25 en 35 jaar oud

Misky ·

Kamma ‘weermagveterane’ met moord klagtes, gewapende roof en verkragting reeds teen hulle!!!!! Dis kriminele en niks meer of minder nie

Thelsa ·

Waar was die wagte wat in lang konvooie ry met blou ligte wat veronderstel is om die Ministers te bewaak? Ons betaal miljoene rande per jaar om hulle in diens te hou vir hierdie doel. Hulle was seker al teen daai tyd al so dik gesmul aan die cheeken en pap dat hulle nie in staat was om op te tree nie.

jou gewete ·

Volgens die nuus is 16 van hulle gelysde misdadigers. OA moord

Pieter ·

Sake soos moord,verkragting reeds teen hulle, maar hulle is op vrye voet? Nou hoe dan nou, klink vir my soos geharde krimenele,wat in die tronk moet wees.

Kobus ·

Word die hele stuasie nie oordryf nie? My begrip van gyselaar is dat daar vuurwapens,dreigemente en lospryse ens betrokke is. Ek dalk te veel TV ,maar hierdie klomp het maar net soos gewoonlik sensasie gesoek. Om te “demand” is deel van die DNS. Nie eens nuuswaardig nie

Kokerboom ·

Die ANC narre sorg elke dag vir nuus in SA alhoewel dit GEENSINS snaaks is

Fedup ·

Now I sit here and wonder by my lonesome old self. What will happen if I did something like that? R20 bail and a coke?

Werner ·

Hulle gaan nog almal medaljes ook kry.Dan is senior weermag poste ook nie uitgesluit nie.Gaan seker nou Mosambiek toe gestuur word om die rebelle daar reg te sien.

Grassie ·

Ek sien hulle wil vergoed word vir hul rol in die “vryheidstryd”. Hulle het nooit een enkele geveg gewen nie. Al wat hulle goed kon doen was om te hardloop dat die stof staan as hulle net vermoed dat daar weermagtroepe of Koevoet in die nabyheid is.

Anel ·

Hulle is ‘n spul terroriste wat geen bydra tot enigiets gemaak het nou. Hoe durf hulle nou aandrig op al die goed wat hulle wel hê? Ons ou weermaglede, wat regtig die land se grense bewaak het, kry skaars genoeg pensioen om van te oorleef!!! Maar nou ja, as jy in die land ‘n misdadiger is word jy soos ‘n koning behandel.

Willem ·

Hulle was nie “ weermag”veterane nie. Hulle beweer dat hulle MK veterane is. Hulle is dus wat ons in die ou dae “terroriste” genoem het.

Samuel ·

Van hierdie veterane lyk asof hulle heeltemal te jonk is om enigsins in die bevrydingstryd betrokke te kon wees. Klomp boosdoeners. Almal gaan nog vrygelaat word.

Buck ·

Lekker lag ek nou. Niemand het sekerlik iets anders verwag nie. Elke sirkus het mos maar sy narre

Genis ·

In die ou dae was dit hoog verraad? Jy sou die lig nooit weer gesien het nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.