Wêreldvoedselprogram se vlugte dalk opgeskort oor gebrek aan geld

Die Wêreldvoedselprogram waarsku dat ‘n gebrek aan geld sy bedrywighede tot stilstand kan dwing. (Foto: Jorge Diaz/WFP)

Die Wêreldvoedselprogram (WFP) waarsku dat hy dalk die meeste van sy noodlenigingsvlugte weens ʼn gebrek aan geld sal moet opskort.

Die Verenigde Nasies (VN) se voedselprogram sê hy het te midde van die Covid-19-pandemie vlugte na 132 lande wat humanitêre hulp benodig bedryf, ten spyte van die sluiting van grense in talle lande wat logistieke nagmerries vir die verspreiding van hulp en personeel veroorsaak het.

Die WFP se vliegtuie het oor die afgelope paar maande groot hoeveelhede dringende mediese voorraad, waaronder persoonlike beskermingstoerusting, ventilators, asook personeel van verskeie noodlenigingsgroepe oor die wêreld heen tussen lande gevlieg.

Elisabeth Byrs, woordvoerder van die WFP, sê nou tensy die program ʼn beduidende geldelike bydrae teen vroeg volgende maand ontvang, sal hy geen ander keuse hê as om alle humanitêre vlugte teen die einde van Julie op te skort nie.

Die WFP se Covid-19-reaksie was op ʼn ongekende skaal en met die nuwe koronavirus wat steeds versprei, is dit noodsaaklik dat die werk voortduur.

“Alle bedrywighede word geraak omdat jy geld nodig het om ʼn vliegtuig te huur vir passasiers en mediese ontruimings, asook om vrag te vervoer. Ek weet dat kommersiële vlugte stadig maar seker hervat gaan word en ons sal so veel as moontlik daarvan gebruik maak, maar daar is steeds lande, soos in die Midde-Ooste, waar [huurvlugte] dringend nodig is,” het sy gesê.

Byrs waarsku dat daar ernstige gevolge gaan wees as humanitêre vlugte gestaak word. Sonder die diens sal hospitale in ontwikkelende lande nie broodnodige mediese voorraad ontvang nie.

“Gesondheidsorgsentrums wat swanger vroue en kinders wat ondervoed is behandel, sal nie lewensbelangrike voedingstowwe ontvang vir die voorkoming en behandeling van wanvoeding nie.”

Die WFP bedryf ʼn netwerk van internasionale vlugsentrums in China, België en die Verenigde Arabiese Emirate waar heelwat van die voorraad vervaardig word. Hy het ook streeksentrums in Ethiopië, Ghana, Suid-Afrika, Maleisië, Panama en Doebai.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marius ·

Dlk moet hulle by afrika se leiers aanklop vir geld . Seker hulle sal met oop arms ontvang word .

Pieter ·

Staak alle voedselhulp, want dit is rassisties, koloniasme en onderdrukkend (soos hier plaaslik misbruik vir party politiek). Die George Floyd gebeure het die steen aan die rol gesit, nou sleep hierdie opinie saam, al pas dit julle bakhandsindroom nie.

marius ·

Wie besit die besighede ? Dieselfde parasiete wat geld uit mense wurg met twak oor skuldgevoelens en sinspeling oor geloof . Hoop hulle krane word vir ewig toegedraai . Dan kan die bak hande by hulle paleise gaan intrek .

Oudste ·

Die Nuwe Wereld Orde se agenda van: Survival of the fittest, vind beslag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.