Werkers by Gautrein begin Maandag staak

(Argieffoto)

Pendelaars wat op die Gautrein staatmaak sal  volgende week moontlik alternatiewe reisreëlings moet tref nadat die metaalwerkersvakbond Numsa aangekondig dat sy lede Maandag onbepaald by dié treindiens begin staak.

Phakamile Hlubi-Majola, woordvoerder van Numsa, sê die vakbond het alles moontlik gedoen om ʼn vriendskaplike oplossing vir ʼn loondispuut te vind. Sy sê die vakbond onderhandel sedert Maart vanjaar met die Bombela Operating Company (BOC) wat die Gautrein bedryf daaroor. Die onderhandelings is tydens die strenger vlakke van die afsonderingstydperk opgeskort en Numsa sê BOC het sedertdien met minagting teenoor Numsa gereageer.

Hlubi-Majola sê ten spyte daarvan dat Numsa in Augustus toestemming gekry het om te staak, het hy steeds voorgestel dat daar eerder verder met BOC onderhandel word. Sy sê die maatskappy het hierdie aanbod van die hand gewys.

Die vakbond eis ʼn salarisverhoging van 8%, terwyl BOC ʼn verhoging van 4% aanbied. Numsa voer aan die maatskappy weier om verder daaroor te onderhandel en ʼn middeweg te vind. Volgens Numsa verdien die laags betaalde werkers by die maatskappy R8 500 per maand en dat hulle veral dié werkers probeer beskerm.

“Daar is ʼn kultuur in die Suid-Afrikaanse werkplek dat uitvoerende hoofde maak soos hulle wil en besluite op die werksmag afdwing, pleks daarvan om werkers te betrek om ʼn oplossing te vind. Selfs as ʼn maatskappy geldelike teëspoed ondervind, het sy bestuur – ingevolge wetgewing – nie die reg om veranderings op werkers sonder betekenisvolle beraadslaging af te dwing nie,” het Hlubi-Majola gesê.

Numsa sê BOC moet dus aanspreeklik gehou word vir die ontwrigting wat die staking gaan veroorsaak.

Numsa sê sy lede het oorweldigend ten gunste van die staking gestem. Uit die 258 Numsa-lede by BOC het 132 aan die stemming deelgeneem. Hiervan het 124 en gunste van die staking gestem.

“Ons verwerp pogings deur BOC om die publiek te verwar deur aan te voer die meerderheid Numsa-lede is nie ten gunste van die staking nie. Dit is nonsens en ons verwerp dit met minagting,” het Hlubi-Majola gesê.

Die vakbond het sy oproep aan die maatskappy herhaal om na die onderhandelingstafel terug te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Scalla ·

Fire hulle, daar is baie ander mense wat wil en kan die werk doen.

JM ·

Gaan sit liewer en vergaan op ‘n klip in die son, as om 4% verhoging te aanvaar. Die land HET NIE GELD NIE!! Wat verstaan hulle nie?!

Stof ·

As ek die persverklarings van destyds toe die sneltreinplanne bekend gestel is, reg onthou, was een van die groot motiverings vir die projek, juis om pendelaars die gemoedsrus te gee dat hulle nie meer uitgelewer is aan prasa se stakingskultuur nie? Om pendelaars te verseker van deurlopende diens…
Iets klop nie nou nie.
Enige wiskundiges hier wat dalk die vergelyking 2+4=0 kan verklaar?

Johnny ·

Net meer as die helfte het gestem. Die aantal wat “ja” gestem het, is minder a helfte van die NUMSA leeglêers by Gautrein.

Nico ·

Alweer die vakbonde wat die land in ‘n gemors wil dompel, stop die vakbonde.

MCL ·

As jy 8% soek en hulle bied 4% aan is dit mos halfpad tegemoed dan nie? Fire almal en kry ander mense. Baie werklose mense wat beried sal wees om vir die helfde van dit te werk.

shari ·

Laat hulle gaan.Die land het nie die geld vir hulle vir sulke luukshede nie.Fire hulle op die spot

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.