Werkers wil Poskantoor tot stilstand ruk

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: SA Post Office/Twitter)

Die kommunikasiewerkersvakbond CWU beplan om takke van die Suid-Afrikaanse Poskantoor Donderdag en Vrydag tot stilstand te dwing nadat salarisonderhandelinge ’n dooiepunt bereik het.

Aubrey Tshabalala, hoofsekretaris van CWU, sê dit is nou meer as twee jaar dat poskantoorwerkers geen verhoging ontvang het nie. Om alles te kroon, het die Poskantoor ook nie sy werknemers se mediesefondsbydraes aan MEDiPOS oorbetaal nie.

Poskantoorwerkers eis nou ’n 15%-loonverhoging en die opklaar van die voortslepende mediesefondskrisis.

Lede van CWU sal na verwagting vandag en more nié net voor takke van die Poskantoor opruk nie, maar ook na die kantore van die departement, die nasionale tesourie en die Poskantoor in Pretoria opruk.

Lede van die vakbond in die Wes-Kaap sal ook na die parlement opruk om ’n memorandum te oorhandig.

Tshabalala sê poskantoorwerkers wat aan MEDiPOS behoort, het tans nie toegang tot die fonds se dienste nie. “Werkers wat met chroniese siektes leef en van medikasie afhanklik is, is in die proses gestrand gelaat.”

Poskantoorwerkers se ongelukkigheid eindig ook nie daar nie. Werkers sê die werksomstandighede is ondraaglik terwyl die Poskantoor se infrastruktuur al lank aan die verval is.

“Die staat is aktief betrokke by die ondergang van die Poskantoor se werksaamhede, aangesien hy al jare lank sy subsidie aan die Poskantoor sny, maar ook nie toelaat dat die Poskantoor sy pryse dienooreenkomstig opstoot nie.

“Die [beplande] skeiding van Post Bank en die Poskantoor [as twee aparte staatsentiteite] blyk die swakste besluit te wees wat nog geneem is, tog sien die minister van finansies geen rede om die Poskantoor te red nie,” meen Tshabalala.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig die Poskantoor skuld Post Bank R2,2 miljard terwyl hy ʼn netto verlies van R591 miljoen vir die tweede kwartaal van die 2021‑’22-boekjaar gely het.

“CWU glo dat die departement van kommunikasie en digitale dienste sy belangrike rol by die Poskantoor verwaarloos het en toegelaat het dat dinge versleg. Die vakbond is ook woedend oor minister Khumbudzo Ntshavheni se leierskapstyl wat die sektor in ’n krisis gedompel het.

“Die minister is van die werklikheid verwyderd en beskou nie die werkers as sleutelkomponente van die sektor nie,” sê Tshabalala.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Joggie ·

Poskantoor moes al lankal toegemaak gewees het. In ons area is dit in elk geval al lank toe omdat geen huur betaal is nie.

Corne123 ·

LMGA as ek nie van beter geweet het nie het ek gedink dit 1 April poskantoor lankal tot stilstand

Eclectus ·

Dis nou nie asof iemand gaan agterkom as die poskantoor staak nie. Waar ek werk het ons vir vier jaar geen verhoging gehad nie en het hierdie jaar 3% gekry. Ek is dankbaar ek het werk en ek geniet wat ek doen, maar as jy nie hou van jou situasie, beweeg aan. Die lewe skuld jou niks, die lewe is nie regverdig nie, die lewe is heeldag in die kombuis besig om modder toebroodjies te maak. Hanteer dit.

Hoopvol ·

Ongelukkig het die vorige groot staking wat uitgeroep is, reeds die sukkelende Poskantoor tot stilstand geruk. Ek is jammer vir die TOEGEWYDE werkers by die Poskantoor, maar ongelukkig sal hulle (sáám met die stakers) kry wat die stákers verdien. Daar is bitter min oor van die Poskantoor, en as hulle dit ook vernietig, sit hulle net vroeër met NIKS!

Perdeby ·

Die werkers kan maar net die besef hulle by die poskantoor werk op ” geleende ” tyd. Die Poskantoor HET NIE GELD NIE, maar hulle soek verhogings. Julle gaan een van die dae die hoeke van die strate tot stilstand bring, want julle gaan nie werk he nie.

groenboer ·

Ek dink nie enigiemand gaan agterkom as hulle staak nie… :-)

Piet parys ·

Wat is n Poskantoor bestaan die goed nog . Net n regerings en belasting betalers las om te dra

Peter ·

Die PO sit met te veel bestuurders van management tot senior management en op. Hoe kan jy n company run waar daar meer betaal word aan managers as aan die wat die werk doen? Die PO is al vir jare gedoom deur onodige aanstellings en fruitless expenditures.

Suzette ·

Dis klaar geruk – die deur moet nou net finaal toegaan. Sal wil sien waarheen ruk die werkers dan.

Parmantige samaritaan ·

Dis nou al langer as 4 jaar wat ek geen pos ontvang nie, insluitend pakkies uit die buiteland wat verwag was, maar nooit afgelewer is nie. Doen eerder julle werk, dan kry julle dalk n verhoging. Intussen ondersteun ek slegs vir Postnet.

Louis ·

Maak die Poskantoor toe, wie gebruik nog sy dienste. Geldmors.

Kokerboom ·

SA sal ‘n wonderlike plek wees as ons ontslae kan raak van daaglikse negatiewe ANC nuus!

groenboer ·

Ha-ha-ha! Die Poskantoor is LANKAL tot stilstand geruk. Deesdae kom niemand meer agter as hulle staak nie. Ek het verlede jaar drie pakkies met die Poskantoor getuur. Een het ses maande geneem om sy bestemming te bereik; die ander twee het albei spoorloos verdwyn. So leer mens maar op die harde manier om maar liewer privaatkoeriers te gebruik.

Andrew ·

Ondraaglike omstandigehde wat geskep is deur die ondraaglike ding wat n mens doen nie jou werk noem. Sorry ek moet by die werk wees houdings tot ons strike. Dan het ons baie energie en werk etiek

hpven ·

Ruk op teen die werklike probleem, Julle president by name Ramaphosa en die party waarvoor julle stem, die ANC! Dieselfde met alle agteruitgang in die hool, om reg te maak vervang die regime wat letterlik bestaan uit ANC kaders….

Louis ·

Ek was twee weke terug by poskantoor in Bryanston. Plek het in elkgeval stil gestaan. Ses mense agter n toonbank, net een wat werk. As jy bel antwoord hulle ook nie.

Duitser ·

Hulle is mos klaar toe.

Dit kos die belating betaler net geld en die poskantoor dien geen doel nie.

Wielspore ·

Sal graag wil sien hoe ruk jy die Poskantoor tot stilstand as hy alreeds stil staan.

annie ·

Nog nooit eers ‘n foto van dié onbekende minister gesien nie. Watter take het die poskatoor deesdae? Alles word nou elders verrig. Dis deesdae soos ‘n vervalle munisipale swembad sonder water wat elke dag oopmaak… en die lewensredder is die getrouste werker.

Carl ·

Hahahahahahahahaaaaaa…….Tot stilstand geruk?? Iets wat nie beweeg nie kan nie tot stilstand ruk nie.

Dogmanet ·

Wys vir jou hoeveel mense daar in die poskantoor is wat niks doen nie, en dan betaling soek.

honeybee ·

Ek was nou die dag by die poskantoor vir my motor lisensie in Wierda Park, baie vriendelike mense en flinke diens.

Gawie ·

Watter poskantoor? Daar is niks van oor nadat hulle dit reeds totaal vernietig het . . . . .

Mariana ·

Watse poskantoor. Daar is nie meer so iets nie. Dit is ook tot niet. Maar die vakbonde wil net nog hê.

Debbie ·

Goeie genade hulle het dit al reg gekry dat daar so Baie takke al toe gemaak is, wat wil hulle nou nog regkry? Loop die poskantoor dood deur hierdie snert en almal verloor hulle werk Dan wil hulle weer helfte van die land afbrand

Aikie ·

Julle is te laat Bubba, die poskantoor loop in elkgeval nog net omdat dit op ‘n stukkie afdraand is. Maak vrede daarmee, julle instansie is klaar dood. Natuurlik kom die volgende boei alweer en moet die belastingbetaler die spit afbyt.

Joe Olivier ·

Ek moes paar weke terug my voertuiglisensies hernu. Die eerste Pk waar ek kom was toegeplak met bruinpapier. Die 2de een betaal 3 siele om vir almal te sê hulle het nie papier en ink nie. Die 3de een in Garsfontein, Pta het my baie effektief kon help. Laat die wat nie tevrede is nie en wil werk nie kripeer van die honger. Die vakbonde is een van die hoofredes waarom baie ondernemings onder gaan.

Hendrik ·

Ek het nie eers geweet die poskantoor bestaan nog nie. Al wat mens sien is postnet.

Swerwer ·

Sluit die poskantore. Die goed werk lankal nie meer nie, daar is al ander oplossings gevind vir die wat regtig van Poskantoor diens gebruik gemaak het. Daar is nie 1 Staats gedrewe organisasie, departement wat oorleef nie. Die wonderlike Regering het alles in die grond in Regeer!

Schalk ·

As hulle opdaag by die werk sal dit tot stilstand kom. Dit werk beter as hulle nie daar is nie

Niklaas ·

Wat se verskil gaan dit maak nou eintlik ? Die plek is dan reeds soos Kolmanskop in Namibië . Grafstil ruïnes en niks wat daar gebeur.

jayc ·

Hoe bedoel hulle tot stilstand toe ruk? Alles staan dan reeds stil met hoe stadig en pateties hul dienste is. En hulle het nog die audacity om op loonverhogings en medies aan te dring?

BullsBabe ·

Die vakbond is ook woedend oor minister Khumbudzo Ntshavheni se leierskapstyl wat die sektor in ’n krisis gedompel het…. Sit dan ‘n mosie van wantroue in…..en kyk wat gebeur……ook NIKS. Ruk julle op soos stout kinders wat nie hul sin kry nie…..gooi die toys uit die kot man….gooi hulle……en kyk wat gebeur…..noogsteeds NIKS!

Marcello ·

Somtyds is dit al hoe ‘n werkgewer ‘n boodskap kry, want praat of onderhandel help nie meer nie.

AmY ·

Ons poskantoor is al weke toe. Ons kan nie eens by ons posbus uitkom nie.

Elma ·

hoe ruk mens iets tot stilstand wat laaaankal reeds stil staan??

Andries ·

Poskantore in ons omgewing het verlede maand onverwags toegemaak – so dit is vir my nuus dat daar nog iets oor is om tot stilstand te ruk.

Ruby ·

Aikôna, julle het ‘n goed geoliede masjien gekry werkers, toe koffie julle dit self op!

Julle met julle “ek doen jou ‘n guns” houding het dit self op julle gebring.

Ongeskik, skreeu en lag terwyl die publiek in ‘n ry staan, lui en arrogant is my ondervinding met julle. Dit gaan so by 99.9% van alle staatsinstellings.

Ek voel regtig jammer vir die eerlike hardwerkende werkers, ongelukkig word julle uitgewerk want julle beklemtoon die ander se onbevoegdheid.

Dr Pieter ·

Maak hulle toe! Watter dienste word nog gelewer?

Selfs Munisipale rekeninge word nie meer afgelewer nie en moet persoonlik afgehaal word (dis nou wanneer daar hoegenaamd rekeninge is) en WVF en SASSA betalings (wat hul groot HOOP was) is in ons dorp deur ‘n winkelgroep oorgeneem.

Ons is geheel van koeriers afhanklik vir enige aflewerings.

Delia ·

Ons munisipale rekening in Charlize se dorpie word nog deur Poskantoor afgelewer by ons huis

Delia ·

Joe, jyt mos gehoor jong…44..niemand praat hier Engels ook nie. Lol

Oljetter ·

As hulle salarisse tot stilstand kan kom sal dit help, want dis die laaste ding wat nog lewe in die poskantoor. Selfs hulle maam is n slegte grap. Poskantoor, nogal.

Delia ·

By ons in Gauteng waar ek bly word daar nog pos in jou posbus afgelewer. Jy kan jou voertuig lisensie ook by die Poskantoor gaan hernu jaarliks met net die SMS wat jy op jou foon kry as n herinnering.
Ek hoop nie die poskantoor naby my maak toe nie.
Terloops, ek bly in Charlize se grootworddorp.

minniemuis ·

Met daai lang staking so 7 jaar terug het veroorsaak dat die poskantoor vou en nou op hulle laaste bene is dit bye bye

Jannie van Niekerk ·

Ek het gedink die Poskantoor is LANKAL toe. Het nie eers geweet hulle bestaan nog nie, In elk gevak nie meer in Hartenbos en Riviersonderend nie,

Deon ·

Die Poskantoor kort dalk net hierdie spyker in die doodskis vir finale sluiting. Ek dink net iemand in die regering het al die moed gehad om dit toe te dien nie. Behalwe motorlisensiehernuwings vir die Dept. van Vervoer (wat in elk geval beter sal vaar as dit geprivatiseer word), gaan daar niks meer aan nie. Tydens my onlangse lisensiehernuwing was daar vir 40 minute geen Poskantoor verwante transaksies nie.

Diana ·

Dis in elk geval ‘n nie werkende entiteit wat lankal gesluit moes gewees het.

Eugene ·

Dit is vir my onverstaanbaar dat mense in hul kommentaar die poskantoor afkraak terwyl dit eintlik ‘n belangrike deel van die land se kommunikasie stelsel behoort te wees. Wat is ‘n mens se posadres sonder ‘n poskantoor? Werkers behoort nie toegelaat te word om te staak nie aangesien dit hulle almal se werk in gevaar kan stel, maar blykbaar gee die dept van arbeid nie om oor nog ‘n paar duisend werkloses nie

Andries ·

Hulle kan nie iets wat reeds stilstaan tot stilstand ruk nie. Hulle kan dit net agteruit stoot – die afgrond af.

Yvonne ·

Vir al n praktiese doeleindes is die poskantoor al stilstaande….die finale spyker in die doodskis dis al wat nog kort….hoe tree die mense op…. konfronteer die die ANC regering self …hulle het die aanspreeklikheid vir die gemors ooral

john ·

Hoe ruk jy stilstand tot stilstand ons sal waarskynlik nie eens agterkom nie.

Hayntjie ·

Hoe ruk mems iets tot stilstand wat reeds stil staan? Miskien moet die werkers maar net die poskantoor toe maak en elders werk gaan soek. In plaas om dankbaar te wees dat hulle sukkelende werkgewer hulle nog betaal wil hulle liewers die werkgewer se keel afsny en so der werk sit. Verstaan hulle nie dat daar reeds te veel van hulle nog in diens by die poskantoor is nie. Die poskantoor mag hulle dalk net hulle sin gee ten koste van duisende oorbodige werknemers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.