Wes-Kaap stuur ANC-ministers in hul peetjie

(Foto: Facebook)

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het amptelik aan pres. Cyril Ramaphosa geskryf om beswaar te maak teen die ontplooiing van ANC-ministers na die Wes-Kaap, glo om te help om die distriksbestuursmodel te help uitbou.

Winde het in die brief gesê die geskiedenis toon baie duidelik dat die DA-beheerde Wes-Kaap die munisipale diensleweringsmodel heeltemal goed onder die knie het. Van die 30 Wes-Kaapse munisipaliteite het 27 (almal onder DA-beheer) hierdie jaar skoon oudits van die ouditeur-generaal ontvang. Dit is die leeue-aandeel van skoon oudits landwyd.

Ramaphosa het onlangs aangekondig dat hy ministers en adjunkministers na die land se veertig distriksrade en agt metro’s gaan ontplooi om die distrikgedrewe munisipale diensleweringsmodel te maak werk – die regering verwys na diegene wat so ontplooi gaan word as sogenaamde “kampioene”.

Hiertoe het die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, toegevoeg dat dit veral gegewe die uitdagings van die koronavirus en die daaraan gekoppelde afsonderingsperiode op munisipale vlak is wat die ontplooiing van hierdie ANC-ministers as “kampioene” noodsaak. So is die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, reeds na die Tshwane-metro in Pretoria ontplooi.

Die Wes-Kaap het een metro (Kaapstad) en vyf distriksrade (Weskus, Sentraal-Karoo, Kaapse Wynland, Overberg en Eden). In die DA word die ontplooiing van hierdie “kampioene” gesien as ‘n baie slap en deursigtige oorname-slenter van die ANC voor aanstaande jaar se munisipale verkiesing.

Winde het gesê die Wes-Kaap sal heeltemal goed sonder die “kampioene” klaarkom en onder meer gevra dat Ramaphosa verduidelik hoe die ontplooiing van die ministers grondwetlik en wettig is.

Winde het ook uitgewys dat die rol van hierdie ANC-ministers as “kampioene” nêrens omskryf of begrens word nie, en daarmee die tafel gedek vir ‘n hewige konfrontasie met die ANC, Ramaphosa en die nasionale regering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Moedeloos ·

Dis nou net weer n ANC slenter om vir Munisipaliteite te dwing om te maak soos die “kampioene” beveel om te doen. Hier kom weereens korrupsie in groot getalle indien dit toegelaat word. ANC wil die “goeie munisipaliteite” wat meestal DA is, uit die pad hê. Veral in die Wes Kaap.

Miskruier ·

Presies ons DA munisipaliteit in Limpopo maak nie hond haaraf nie.

Riaan ·

En so kry hulle die sigarette, drank, wild en die munisipaliteite. Want skep gaan hulle nou vinnig skep. Klasr onder ‘n polisie en militere staat.

Tewis ·

GROOT ASB DA!!! keer dat wolf in skaapkleure
nie hiermee wegkom nie, want dan het ons land net nog meeeer drama.????????????????

Wilhelm ·

DA, roep ‘n referendum sodat ons kan sien of die meerderheid inwoners van die Wes-Kaap onafhanklikheid wil hê van Suid Afrika.

Evert Philippus ·

Die kaders verslind alles. Wil nou ook die wes kaap bydam

koos10 ·

DA, CR het geen sê nie. Julle mors tyd om hom vrae te vra. Julle moet met Vadoek praat, sy slaan die kitaar.

Annette ·

Tien uit tien vir Alan Winde en sy span! Die ANC regering snel voort in sy tog van verwoesting soos `n stoomtrein wat buite beheer is.

tweeling ·

Die ministers se teenwoordigheid sal geen verandering teweeg bring nie. Hulle doen nou niks in hulle ministeriele portefeulje opsig self nie so moet niks verwag waar hulle ontplooi gaan word nie.

MakersMark ·

Ramaphosa en sy gespuis – domastrant. Plaas laat hy die ministers in die rot geinfeteerde hospitale in die Oos Kaap ontplooi waar pasiente mekaar aanrand vir ‘n suurstof silinder. En dis ‘n ANC beheerde metro.

Wiehan ·

Hoe kan die ANC toe laat dat 27 suksesvolle munisipaliteite so voor gaan. Netnou skrik die res van SA wakker en eis dieselfde standaarde en dienste as wat daar in die Weskaap en Midvaal aan hul inwoners gegee word. Hulle kan mos nie toe laat dat daar susesvolle rade is nie. Dit gaan hulle dalk baie seer maak in volgede jaar se vrrkiesing DWS as die res wakker skrik. Ek het ‘n jaar erug na ‘DA beheerde munisipaliteit verhuis en dis heels om skoon strate, bibloteek, swembad, speel parked ens te sien wat onder hou word. Ek ja, ons het nog mense wat papiere optel, gras angs die sypaadjie uirspit. En beste van alles, die munisipaliteite werkers werk almal, nie een of twee nie, maar almal. Ek gaan definitief DA vir my munisipaliteit stem al is ek nie ‘ n DA lid of ondersteun hulle nie. Gaan so voor Burgemeester BB. Ons waardeer.

JohanR ·

Ek hou van die een ” die tafel gedek vir ‘n hewige konfrontasie met die ANC, Ramaphosa en die nasionale regering!” Wat kom maak ANC ministers daar waar meeste munisipale skoon oudits gekry het. Vat hulle Allen Winde ons staan agter jou. Dink is rerig tyd om nou die mense van Kaapstad ‘n referendum te gee, en dan kan ons verder kyk van daar af.

Niklaas ·

Kopdoek is alweer betrokke en wil ‘n vinger in die pastei hê. Seker omdat die munisipaliteite gesond is wat hul geldsake betref. Mens vertrou haar nie maklik nie. Daar is sekerlik weer aaklige planne en onheilige motiewe wat sy en haar kaders nou smee.

Mallie ·

Moedeloos, dit is nie net die Wes Kaap nie, maar die hele Suid Afrika. Ek wens ek kon vir julle n boodskap wat ek op WhatsApp ontvang het hier plaas sodat almal kan hoor hoe die minister van vervoer sy naam met n plank slaan.

Okmardom ·

Kan ienand vra hoe kom die drakoniese ANC by Champions uit!! …hulle maak hulself cheap!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.