WesBank kap terug oor terugneem van voertuie

(Argieffoto)

WesBank het teruggekap ná bewerings op sosialemediaplatforms dat hy beoog om tot 45 000 voertuie van sy kliënte terug te neem. Lebogang Gaoaketse, WesBank se kommunikasiehoof, sê die bewerings is onwaar en ongegrond.

“Die terugneem van ʼn voertuig is altyd die heel laaste uitweg vir WesBank. Die bank sal eerder gesprekke met sy kliënte voer om nuwe reëlings vir betalings te tref, as om ʼn voertuig terug te neem. In dié uitdagende tye bly dit vir ons ʼn prioriteit om ons kliënte waar moontlik te help. ʼn Betalingsverligtingsopsie is beskikbaar gestel aan diegene wat negatief deur die Covid-19-pandemie geraak word,” het Gaoaketse gesê.

“Ons het tot dusver meer as 100 000 aansoeke ontvang en verligting aan 53% van kliënte wat aansoek daarom gedoen het en wel kwalifiseer, toegestaan. Die getalle is ʼn duidelike aanduiding van waar ons fokus tans is. Die bewerings is onverantwoordelik en in ʼn tyd waar kliënte weerloos is en oplossings benodig.”

Kliënte kan op WesBank se webwerf om hulp aansoek doen.

Gaoaketse sê WesBank probeer al sy kliënte help om hul geldsake in orde te hou.

“Ons doen egter steeds ʼn beroep op ons kliënte wat hul finansiële verpligtinge kan nakom om vol te hou daarmee ten einde ʼn positiewe kredietgeskiedenis te behou,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Karlahari ·

Dankie Wesbank ek is een van die 53% wat gehelp is maar wat se krediet rekord na 25 skoon jare nou negatief geraak is.
Nou kan ek nie my voertuig verkoop nie want provinsiale grense is gesluit.

Hier kom groot probleme want handelaars wil ook nie voertuie inkoop nie.

Heinrich ·

Nou hoe betaal n mens n kar paaiement,as daar nie geld in kom nie?ek stres nie eers daaroor nie.die virus is nie my skuld nie,almal moet maar wag vir hulle geld,banke in kluis

Jaco ·

Heinrich, ek is ook in dieselfde bootjie as jy. Ek stres ook nie meer daaroor nie, want dit wat gebeur ht is heeltemal buite ons beheer…wil sien hoe hul ons karre gaan vat as niemand geld ht om dit te koop nie. Ek ht laasweek aan n skuldeiser gesê, dat hul maar my paiemente by NDZOL en haar command council moet gaan soek, want hulle ht my verbied om te mag werk…ek sal selfs my bates op onmoontlike plekke gaan wegsteek want as n baie eerlike, jong en hardwerkende ou voel ek hierdie keer lelik te na gekom.

ooknetmens ·

As hulle se uit 100 000 aansoeke is 53% goedgekeur, dan is 47% afgekeur? Wat wel bedoel dat hulle 47 000 voertuie wil terug neem.

Jack ·

Nie noodwendig nie. Dalk is alle gevalle nog net nie geprosesseer nie.

Raadslid ·

“Ons doen egter steeds ʼn beroep op ons kliënte wat hul finansiële verpligtinge kan nakom om vol te hou daarmee ten einde ʼn positiewe kredietgeskiedenis te behou,” het sy gesê.

Dit is baie sleg dat mense wat in verantwoordelikheid reëlings tref, steeds hulle positiewe kredietgeskiedenis verloor.

Kobus ·

Wesbank Is mos die Wiele Bank! help baie mense terug op hulle voete…..

Pieter ·

Net soos die banke is die eerste drie jaar betaal ju net kamstig net die rente. As hulle sien jou bedrag wat jy skuld is om trent die kar se in ruil waarde dan pla hulle jou dag en nag. Dan kry hulle die op spoorders en vat die kar. Dan gaan hy veiling toe. Dan word die karverkoop en meeste van die tyd word hy weer by dieselfde bank gevinansier dan maak hulle weer geld. Dan word jy gedagvaar vir die verskul die banke is skelms dit is wat hulle is

Jack ·

Mense moet deeglik daarvan kennis neem dat huurkoop by uitstek DUURkoop is . Probeer om nooit iest op huurkoop te koop nie, dis waar banke die meeste geld maak.

JohanEtz ·

Die aansoeke wat afgekeur is was seker nie BEE genoeg nie?

Danie ·

Die skuldeiser gaan n bittsr moeilikke tyd ingaan want as jy nie werk nie het jy nie geld nie nou as jy jou kar en huis verloor dan gaan jy ook n slegte kredier rekord kry dus gaan alles net sleg gaan dit is n hele ketting reaksie want nou kry jy n werk maar die salaris is van so aard jy kan net n huur woonstel bekostig en kos op die tafel sit maar nou kan jy nie n woonstel huur nie want jou krediet rekord is sleg dus gaan almal ly want die verhuurder kry ook nie sy plek verhuur nie want hy soek iemand met n skoon rekord. Die hele land is in n groot gemors. Hierdie is nie net een persoon wat geraak word nie maar duisende en die wat nou nie sy medemens wil bystaan nie moet onthou die wiel draai maar hy draai nie meer stadig nie jy gaan self met jou skatte in die hand staan en niks kan doen nie.

Andrew ·

Die een vraag is terugbetaaling van skuld, die ander is die rente wat in die tydperk op die skuld gehef word. So as jy skuld het en nie die ooreengekomde bedgrag kan betaal, dan word aditionele rente en boetes verder gehef.

So die staat stop jou om n inkomste te verdien om eerstens die skuld te kan terug betaal , dan die bank maak nog geld uit jou deur nog rente en boetes te hef. Eiendoms bestuurders doen dieselfde soort ding. Ergste is die wet beskerm hulle om baie “shaky collection fees” te hef op maniere wat eties bevraagteken te kan word. “Undue enrichment” lui n klok. Dit is om die hond wat doodgaan nog n paar keer te skop voor sy dood.

Jack ·

Ja, dis ‘n skande hoe mense uitgebuit word. die oplossing is om nie skuld te maak nie. Kom liewer met minder klaar, veral minder skuld.

marius ·

Geen werk , geen geld , geen betaling . Hoop hulle het massiewe stoorplekke .

koos ·

Laat hierdie COVID ding nou ‘n les wees vir julle, my arme volkie. Leer by Piet Retief, vertrou geen gladdebek nie. Skuld maak jou iemand anders se slaaf, hoor dit nou duidelik. Jy moet altyd Plan B geld iewers hê, niemand maar niemand gaan jou help nie. Party mense praat van 6 maande se noodfonds. Vergeet van jou DSTV, jou gereelde jollery oor naweke en dies meer totdat jy al die bogenoemde in plek het. Hoop jy leer iets en meer belangrik, doen iets aan jou eie welstand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.