Woede ná ‘korrupte burgemeester’ nou in provinsiale wetgewer dien

Zandile Gumede (Foto: Doctor Ngcobo/ANA)

Verskeie organisasies en opposisiepartye is nie gelukkig met die ANC nie nadat die voormalige burgemeester van die eThekwini-metro, Zandile Gumede, Woensdag as lid van die provinsiale wetgewer in KwaZulu-Natal ingesweer is.

Die drukgroep Organisation Undoing Tax Abuse (Outa) voer aan dat Gumede beloon word vir swak prestasie deur ʼn posisie in die provinsiale wetgewer aangebied te word, aangesien sy nou meer as dubbel haar huidige salaris sal verdien.

Dít volg nadat Gumede verlede jaar aangekla is vir beweerde tenderbedrog, korrupsie en rampokkery wat verband hou met ʼn R389 miljoen-kontrak vir die verwydering van vaste afval in Durban.

Gumede is tans uit op borgtog van R50 000 en is in Augustus verlede jaar deur die ANC op spesiale verlof geplaas. Sy het egter ʼn raadslid gebly.

Tim Tyrrell, projekbestuurder van Outa in KwaZulu-Natal, verwag dat Gumede aansienlik meer gaan verdien noudat sy ʼn lid van die provinsiale wetgewer is.

“As gewone raadslid het sy ’n bruto salaris van ongeveer R512 000 per jaar verdien. As LP in die KwaZulu-Natalse wetgewer sal sy ʼn bruto salaris van R1,1 miljoen verdien, saam met verskeie voordele soos 24 gratis vlugte per jaar en verskeie ander toelaes.”

Volgens die Outa-projekbestuurder Thabile Zuma is dit egter onduidelik watter voordeel Gumede vir die provinsiale wetgewer gaan inhou, aangesien sy as burgemeester verwyder is weens swak bestuursvaardighede.

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) het intussen gesê hy is “stomgeslaan en teleurgesteld” met Gumede se aanstelling.

Gumede vervang die LP Ricardo Mthembu, woordvoerder van die ANC in KwaZulu-Natal, as lid van die provinsiale wetgewer nadat Mthembu verlede maand weens Covid-19 gesterf het.

“Ons wil dit op die rekord plaas dat die SAKP in die provinsie nié gewaarsku óf geraadpleeg is oor die herontplooiing van die voormalige burgemeester van eThekwini, raadslid Zandile Gumede, nie. Ons het dit eers verneem toe dit op televisieskerms verskyn het,” het Sifiso Gwala, provinsiale woordvoerder van die SAKP, in ʼn verklaring gesê.

Volgens Gwala kom die ANC se besluit juis op ’n tyd wat die regerende party gekap word oor ʼn kultuur van korrupsie.

Die EFF het op sy beurt gesê hoewel hy ook teleurgesteld is, hy nié verbaas is dat Gumede as lid van die provinsiale wetgewer ingesweer is nie.

“Die ANC het net weereens bewys dat hulle geen etiek en sedes het nie en dat dit ’n organisasie is wat boewe en diefstal hoog aanslaan deur diegene wat aan die verkeerde kant van die wet verkeer, te beloon,” het Nokulunga Ngobese, woordvoerder van die EFF in KwaZulu-Natal, gesê.

DA in KwaZulu-Natal is ook “gewalg” deur Gumede se herontplooiing, het Nicole Graham, die DA se koukusleier in die eThekwini-metroraad, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Suzette ·

Dit gaan my verstand te bowe. Hoe vrotter hoe beter die beloning. Vrot sien ook nie vrot nie, seker die dat dieselfde vrot weer aangestel word. Ons arme belastingbetalers. Ek wens daar kan ‘n beweging gestig word wat die belastingbetaler se geld wettiglik van die regering kan weghou en dat die anc niks aan hierdie persone kan doen nie…. dan wil ek sien wat maak hulle sonder daardie geld.

Johann ·

Gaan luister hoe hemel.die anti haarself op in j onderhoud met die media. Dis die MEDIA wat haar naam so aangeval het. Sys n geroepe leier wat bloot n niwe deur gekry het om te dien??????? Whahahahhaha…in your face, jou agterbakse leunaar! Een van die GROOOOOT ZUMAIkies wat ongestoord vat en loeg ennwegkom.

SHAME ON YOU RAMAPOSA!!!!!!!! Kamptig so ontsteld oor korrupsie?

Snowball ·

Ramaphosa lyk al hoe meer na ‘n eunug as dit by korrupsie kom.

Pieter ·

En dis hoekom ek elke dag al hoe minder vir sekere van my medemens omgee, want volgende keer stem hul maar net weer anc.

Johanncb ·

Die ANC beloon hulsef deurentyd met swak prestasie! Kan hulle iets positief wys vir die afgelope 26 jaar?

Adam Adriaan ·

Die ANC sogenaamde regering vrot van binne en buite. Mens ruik dit van ‘n afstand. ‘n Rioolplaas ruik na laventel in vergelyking met die spul

Stefan ·

Het ons president nie al ‘n paar keer gesè hy gaan korrupsie uitroei nie?
Lyk amper of hy vir ons gejok het.

Persheks Adri ·

Regtig? Nog korrupsie en dit nadat sy R389 miljoen gekry het en uit is op R50 000 borg!?! Nee genade so baie en sy word bevorder!

SHAME ON YOU CYRIL SHAME ON YOU!!!

#Tsek ANC!!!

Jaco ·

Lekker man lekker. Is daar nie vir my ook so n klein werke daar nie. Daar is baie geld lyk dit vermy.

Juffrou ·

Die hele Durban tuimel sedertdien in duie. Geen dienste. Bankrot. Geen geldige maandelikse rekeninge. Elke maand skattings. Vir ń jaar al. Sy én 16 trawante uit op borg. Ons moet net hoes en betaal!

Sarel ·

Dit word al vir jare so gedoen hoekom nou beswaar maak. Word bevorfer van Munisipaliteit na Provinsisle Wergewer en dan Parlement toe. Joe meer korrup hoe groter die beloning.

johanf ·

In my jonger dae, het selfs ń spoed ootreding jou aanstelling beinvloed…… Ek is stomgeslaan, kommentaarloos…….gatloos verby, kyk daardie salaris…….en SA is klaar finansieël in sy moer….. Die Covid kan moontlik nog befonfsing benoding, veral as ń 2de golf ons dalk tref……

Cornelius ·

Dis net verstommend hoe min die ANC vir die land se inwoners voel. Dis beslis die middel vinger.

Jakes ·

Soos gewoonlik is plundery of diefstal nie n sonde vir die regering nie maar eerder n vereiste om in n top posisie te dien.

Chris ·

Waarom word die mense nog “ingesweer” ? Sweer seker dat; hulle nie weer uitgevang sal word nie.

Scalla ·

As ek so na die foto kyk is sy uitgeknip om as voelverskrikker in n sonneblom land te dien.

Danie ·

Dis korrek Pieter, ons harte het so verhard dat die bedelaars by die verkeersligte my nie eens moet skeefkyk nie.
My kleingeld gaar op in my motor want die karwagte noem my sir maar by hulle huis en op facebook is ek die enemy wat weens my minority en wit vel doodgemaak moet word.
En die anc sê nie ‘n woord nie.
Jammer vir julle maar dis nou me time.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.