Bemanningslede het ʼn verjaarsdagpartytjie gevier en hulle was naby die kus op soek na ʼn Wi-Fi-sein toe die MV Wakashio aan die kus van Mauritius gestrand en ʼn yslike oliestorting tot gevolg gehad het.
Lees meerAlles vir Donderdag 20 Augustus 2020
Konseptaalbeleid ondermyn vryheid van taal
Alhoewel die konsepbeleid van die bevordering van veeltaligheid melding maak, stel die beleid dit prontuit dat die Regspraktisynsraad alleenlik Engels as taal van administrasie sal aanvaar.
Munisipale skuld styg binne drie maande met R10 miljard
Die uitstaande skuld wat aan Suid-Afrika se munisipaliteite verskuldig is, het in die eerste drie maande van die landswye afsondering (einde Maart tot einde Junie) met R10,2 miljard gestyg.
Beurtkrag na fase 1 afgeskaal
Eskom het gesê fase 1 beurtkrag sal Vrydag tussen 09:00 en 22:00 toegepas word nadat vier kragopwekkingseenhede aan die netwerk gekoppel is.
Nagmerrie-toestand by Oos-Kaap-hospitaal
Die grootste tekortkoming van die departement van gesondheid is dat hierdie hospitaal net ses dae van die week, vanaf 08:00 tot 11:00, toegang tot water het.
22-jarige vrou se liggaam in Kaapstad gevind
‘n Tannie vermoed dit is haar susterskind wat vermis word.
ToekomsVenster: Skep moed
Die boodskap aangaande Jesus is soos ʼn lamp wat in die donker skyn. Wie op Hom vertrou sal nie teleurgestel word nie, sê die Woord.
Databreuk: Verdagte geïdentifiseer
Experian se ondersoek dui daarop dat die verdagte glo die data wou gebruik om bemarkingsleidrade vir versekering en ander kredietverwante dienste te skep.
Harde woorde val oor adjunkpresident se siektetoestand
Mabuza is glo jare gelede in Mpumalanga vergiftig en is al dikwels daarvoor behandel, onder meer in Rusland.
Bejaarde IVP-leier herstel van Covid-19
Mangosuthu Buthelezi is 91 jaar oud en boonop ʼn diabeet ook.
Partye reageer op Cosas se ‘waansinnige’ eis oor Afrikaans
Die DA en VF Plus voel dié eise ontneem Afrikaanssprekende kinders van hul reg tot moedertaalonderrig.
Llama-projek, want ‘23 jaar se familiebesigheid kán nie tot niet gaan’
Die naam vir die projek is ook nie toevallig nie. “Llamas is ongelooflike sosiale diere en in gevalle waar hulle uit hul trop verwyder word en deel vorm van byvoorbeeld ʼn trop skape, is daar al bevind dat hulle geweldig beskermend optree. Net so moet ons nou mekaar as ʼn gemeenskap in hierdie aaklige tyd beskerm en ondersteun.”
Die wêreld in foto’s – 20 Augustus 2020
Te midde van die Covid-19-pandemie betoog Palestyne teen die uitbreiding van Israeliese nedersettings in die dorpie Khirbet Jubara naby die stad Tulkarm in die Wesoewer.
Woede ná ‘korrupte burgemeester’ nou in provinsiale wetgewer dien
Zandile Gumede, wat aangekla word van korrupsie en tenderbedrog, se salaris sal na verwagting nou verdubbel.
Boewe teiken koeriers: Wenke vir dienste en kopers
Met ʼn geprojekteerde totaal van 31,6 miljoen Suid-Afrikaanse gebruikers teen 2024 is dit duidelik dat aanlyn inkopies tans net in gewildheid sal toeneem. Ongelukkig het misdaad hierdie tendens ook gevolg en is daar nou ʼn toename in diefstal van koeriervoertuie gesien.
Podlitiek: Bokke wil nie kniel, inperking verniel en korrupsie laat steeds wiel
In die week se episode gesels die Podlitiek-span oor minister Nathi Mthethwa wat ʼn verduideliking eis oor Suid-Afrikaanse rugbyspelers wat nie gekniel het vir BLM nie, vlak 2 van die inperking en die ANC se teenkorrupsie-veldtog.
Moderne Mini nou elektries
Die fantastiese karakter waarvoor Mini bekend is, is steeds daar. Elektriese voertuie het oombliklike krag, en trek soos ʼn vuurpyl.
Putfontein-moorde: Geliefdes betoog buite hof
“As ʼn ma … die hofverrigtinge vat aan jou.”
Russiese opposisieleier vermoedelik vergiftig
Dit lyk of dit wat hom vergiftig het, in sy tee gemeng was.
Boekresensie: Die nuwe Afrikaanse Prosaboek
Die bloemlesing kan ewenwel van voor na agter maar eweso van agter na voor gelees word. Of jy kan die boek gewoon oopslaan en begin lees.