Russiese opposisieleier vermoedelik vergiftig

Alexei Navalny (Foto: Pavel Golovkin, AP)

Die Russiese opposisieleier en aktivis, Alexei Navalny (44), is tans in ʼn koma in ’n hospitaal in Omsk, Rusland, nadat hy klaarblyklik vergiftig is.

Sy woordvoerder, Kira Yarmysh, het op Twitter geskryf dat hy op ʼn ventilator geplaas is en tans om sy lewe in die hospitaal se intensiewe eenheid veg. Sy het ook geskryf dat polisiebeamptes oral in die hospitaal wag hou.

Volgens Anatoly Kalinichenko, adjunkhoof van die hospitaal waar Navalny behandel word, doen dokters alles in hul vermoë om Navalny aan die lewe te hou. Kalinichenko sê alhoewel hulle nog nie verseker kan sê of Navalny wel vergiftig is nie, kan dit beslis as een van die oorsake oorweeg word.

Yarmysh sê dit lyk of dit wat hom vergiftig het, in sy tee gemeng was, want dit is die enigste ding wat hy die oggend ingeneem het. “Die dokters sê dat die gifstof vinniger opgeneem is as gevolg van die warm vloeistof,” sê sy.

Navalny was op pad terug na Moskou van Tomsk in Siberië. Hy het kort nadat die vliegtuig opgestyg het, begin siek voel. Die vliegtuig het ʼn noodlanding in Omsk gedoen en hy is onmiddellik in die hospitaal opgeneem.

Luidens ʼn berig van BBC het Navalny tee by ʼn kafee op die Tomsk-lughawe gedrink net voordat hy op die vliegtuig geklim het. Die nuusagentskap Interfax Agency sê die kafee-eienaars het die CCTV-beeldmateriaal nagegaan om agter te kom wat presies gebeur het.

In ʼn video wat op Sky News gedeel is, kan skreeugeluide op die vliegtuig gehoor word. Volgens die mediaplatform is dit vermoedelik Navalny wat begin skree het van pyn nadat hy vergiftig is. In die video is dit ook duidelik hoe mediese personeel op die vliegtuig hulle na Navalny haas.

Volgens die BBC  het ʼn passasier wat saam met Navalny op die vlug was, Pavel Lebedev, op sy Instagram geskryf dat Navalny na die badkamer toe is net toe die vliegtuig opgestyg het. “Hy het nie weer teruggekom nie,” skryf Lebedev. “Hy het glo begin siek voel en baie vinnig agteruit gegaan. Hy het gehuil en gekreun van die pyn.”

Volgens The Guardian vergelyk Yarmysh Navalny se vergiftiging met ʼn voorval verlede jaar waar hy ʼn akute allergiese reaksie getoon het nadat hy klaarblyklik ʼn onbekende chemikalie ingeneem het. “Dit is duidelik dat dieselfde nou aan hom gedoen is,” lui ʼn inskrywing op Navalny se Twitter-profiel.

Navalny is een van pres. Wladimir Poetin se vernaamste en mees uitgesproke kritici. Hy is ook ʼn prokureur en aktivis teen korrupsie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cornelius ·

Poor guy let’s hope he recover and learn something from these two events.

Veronika ·

En ons dag die Kremlin en kommunisme is verby,,,,,,,,,,,Hmmmm…..

David ·

Veronika, die Kremlin is geboue soos die parliment en Withuis maw hulle parlement kan nie “verby” wees nie. Tweedens wat het kommunisme met die opposisieleier te make? Ten derdens was dit ‘n suikersiekte probleem en niks met “gif” te doen nie. RT.com: “‘Rapid drop in blood sugar levels’ preliminary diagnosis behind Moscow protest leader Navalny’s illness – medical team leader”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.