22-jarige vrou se liggaam in Kaapstad gevind

Siyanyanzela- informele nedersetting (Foto: Ayanda Ndamane/African News Agency (ANA)

Die polisie in die Wes-Kaap ondersoek ʼn saak van moord ná ʼn 22-jarige vrou se liggaam in Philippi in Kaapstad gevind is.

Inwoners van die Siyanyanzela- informele nedersetting het op die vrou se liggaam afgekom en die Nyanga-polisie ontbied, het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Die vrou se liggaam is by ʼn stortingsperseel gevind. Sy het kopbeserings opgedoen. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek,” het sy bygevoeg.

Inwoners was baie oproerig op die toneel.

Die familie van Nomvuzo Atoli (22), wat Woensdag verdwyn het, het intussen gesê hulle vermoed dit is haar liggaam. Haar tannie, Nokwandisa Nyalela, het gesê Atoli wou Woensdag by haar kom kuier, maar sy was nie by die huis nie. Atoli het by haar tannie gewoon tot sy in 2017 gematrikuleer het.

Toe Nyalela nie weer van Atoli hoor nie, het sy haar kinders gevra om na haar te gaan soek. “Ek het vanoggend nog gelê en slaap toe my seun my wakker maak. Hy het gesê hy het op Facebook gesien Nomvuzo is dood, en dat sy by Siyanyanzela gevind is. Ek het lede van die gemeenskap gekontak en ons het hierheen gekom,” het Nyalela aan die African News Agency (ANA) gesê.

Die polisie moet nog bevestig of die liggaam wel Atoli is.

Mandisa Ncwadi, ʼn gemeenskapsleier, het gesê inwoners is nog “in pyn” en “baie teleurgesteld”, want dit is die tweede vrou wat in die gebied vermoor is. Die liggaam van Amahle Quku (17) is presies twee maande gelede tussen lang gras gevind langs Albert Luthulistraat in Browns Farm. Die tiener was naak en klippe is langs haar gekneusde liggaam gepak. ʼn Verdagte is in hegtenis geneem in verband met haar moord, en sal na verwagting op 6 Oktober weer in die Wynberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

johanf ·

En dit alles met BLM, maar ook nou weer, kan nie rassisme blameer nie.
My simpate met die families, mag God vertroostng bring…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.