ʼn KwaZulu-Natalse reaksiespan het Saterdagmiddag ʼn yslike 2,5 m lange swartmamba by ʼn gesin se huis in Dawncrest in Durban gevang.
Volgens ʼn verklaring van Arrive Alive het die eienaar van die huis die reaksie-eenheid na die toneel ontbied met ʼn versoek om die slang van die perseel te verwyder.
Jason Arnold, ʼn Durbanse slangvanger van die organisasie Universal Reptiles, het by die span aangesluit om dié dodelike slang te probeer vang voordat hy in die omgewing verdwyn en ʼn moontlike gevaar vir inwoners inhou.
“Jason het daarin geslaag om die slang sonder enige voorvalle te vang. Die slang sal nou weer in sy natuurlik habitat losgelaat word,” lui die verklaring.
Volgens ʼn inskrywing op die Krugerwildtuin se webwerf kan slegs twee druppels van ʼn swartmamba se gif tot die dood lei. Die gif bring die senuweestelsel tot stilstand en verlam die slagoffers. Sonder die teenwoordigheid van ʼn teengif is die kanse 100% om aan ʼn slangbyt van ʼn swartmamba te sterf.
Zoeloe tradisionele genesers (Nyangas) vervaardig ‘n puik teëmiddel (isibiba) teen slangbyt wat uiters doeltreffend is. Dit word ook as inenting aangewend teen slange en dit werk !! Ek het dit persoonlik gesien. Jammer ons medici weier om kennis te neem !!
Nico, as daar rede sou wees om te dink dat dit bruikbaar sou wees, sou navorsers dit nie ignoreer nie. Navorsing word deeglik gedoen en jy kan werklik nie verwag dat hulle moet gaan kers opsteek by toordokters nie.
Wat sê die bybel oor slange?
Huh? Uit watter boom val jy uit?
Valerie, Coenie val uit geen boom uit nie. Die Bybel sê bloot dat die slang se kop vermorsel moet word. Veral ‘n swart mamba sin…
Klink of jy uit dieselfde boom geval het, DHK.
Uhm, nee. Die Bybel sê dat Jesus (die vrou se nageslag) die satan (die slang se nageslag) sal vermorsel. Nêrens is daar ‘n opdrag dat slange doodgemaak moet word nie.
Hierdie slangvangers is regtig helde en doen landswyd wonderlike werk – maar ek hoop maar ek kry nie hulle dienste ooit nodig nie!!
Jy is VYF STER, welgedaan!!!
DHK, Ek nou so lekker gelag vir jou!
Eeeeekkkkkk!!! Swart mambas is uiters gevaarlike slange en moet ten alle koste vermy word en as mens onverwags in hulle vasloop moet mens se testament in perfekte orde wees. Net kundiges met baie ervaring kan swart mambas hanteer en hervestig in die natuur. Soos hierdie twee mense op die fotos. Vir die res van ons – hardloop uiters vinnig en baie ver weg en vervang en omo die onderklere maar later!!!!!
Nie n letterlike slang nie mense…julle verstaan die gedeelte verkeerd?
Dankie tog daar is iemand wat verstaan. Thanks, Jo.
Dankie tog daar is iemand wat verstaan. Thanks, Jo.
Maak die ding vrek man. Aan my as gewese boer in Namibie het hul baie skade berokken. Daar is genoeg ander vyande van rotte en muise. n Mamba wat in jou huis beland, is doodsgevaarlik. Vier werksmense is oa in een nag dood.
Ek het geimigreer en verlangvreeslik terug na die natuur endie mense; nie die ekonomie en misdaad nie – daai swart mamba se foto het my dag gemaak. Hier in CA is nie veel slange nie. Natuurlik weet ek die ding is gevaarlik en bla bla bla.. Ek hoop maar julle kry n “veilige” plek om die slang in die natuur los te laat waar hy hoort!