Zimbabwiërs se permitte weer verleng

(Foto: Facebook/Zimbabwe Express Urgent Passports & Permits)

Dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, het die geldigheid van die Zimbabwiese Vrystellingspermitte (ZEP) vir nog ses maande verleng.

Ingevolge die verlenging mag niemand met ʼn geldige ZEP (in verband met tersaaklike immigrasiewetgewing) inhegtenis geneem word, beveel word om die land te verlaat, of aangehou word vir deportasie nie.

Die verlenging duur tot 31 Desember vanjaar.

Die minister het reeds in September verlede jaar opdrag gegee dat die geldigheid van vrystellingspermitte wat aan Zimbabwiërs uitgereik is, tot 30 Junie verleng word.

Volgens die departement van binnelandse sake het die minister duisende kwytskeldingaansoeke van geraakte Zimbabwiërs goedgekeur wat gelei het tot ʼn aansienlike toename in die aantal visum- en kwytskeldingaansoeke.

Die departementele advieskomitee (DAK) onder leiding van dr. Cassius Lubisi hanteer nou die verhoogde aantal visumaansoeke.

Sedert Mei ontvang VFS Global (ʼn immigrasievennoot van die departement) daagliks tussen 1 000 en 1 500 visum- en kwytskeldingaansoeke. Weens die groot getal aansoeke het die direkteur-generaal reeds meer amptenare ontplooi om te help met die verwerking van die aansoeke.

Die minister het al hierdie faktore in ag geneem, asook voorleggings van die geraakte Zimbabwiërs, relevante amptenare van die departement en ander belanghebbende partye. Hy het daarna besluit om nog ʼn immigrasievoorskrif uit te reik wat die geldigheid van Zimbabwiese vrystellingspermitte vir ʼn verdere ses maande verleng.

Volgens die werkersorganisasie Neasa moet kennis geneem word dat buitelandse burgers die beskerming van Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing en die Grondwet geniet en dieselfde regte gegun moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Amelia ·

Hier nie eers werk vir burgers van die land nie maar nou kan zimbabwieers langer bly en ook slefde voordele geniet ons eie mense moet sonder als klaar kom krag kos maar nou ja is mos volgende jaar stem tyd die zim sal sker vir anc stem

Witbaard ·

Hier is genoeg werk vir diegene wat wel wil WERK. Jy kan ook nie al die Zimbabwiers onder dieselfde kam skeer nie. Die meeste wat ek ken, is bereid om hulle hande vuil te maak en hard te werk, sonder om te staak en af te brand. (SA se mense “want a job, not work”)

Skappie ·

Nee, hulle moet eintlik terug gaan waarvandaan hulle kom. Daar word nie eers na Suid-Afrikaanse mense gekyk soos daar na buitelandse mense gekyk word nie. Ons mense het nie werk nie, maar vir die buitelanders word gegee. Dit is nie reg nie CR.

Elméne ·

Presies!!!! Hulle sal verlenging kry TOT DIE DAG VAN DIE VERKIESING IN 2024, dan weet die anc adder kaders hulle sal op die soustrein bly, met die geweer teen hierdie Zimbabiers se koppe die dag van die verkiesing!!

annie ·

Te lekker! Moenie kla oor werklose Suid-Afrikaners nie. Die ANC hou van die situasie en gee seker nou ook wittes se poste aan die leeglê-buurman se kinders en waterregte aan hul dagga-boere. Hoeveel van die ANC-kaders kom nie uit Zimbabwe nie… Met nuwe ID-dokumente… Seker dié.

Theuns ·

Ook vrae oor sekere rooi pette se werklike nasieskap…. zimbabwiera dalk reeds in parlement

Marius ·

Hoe lank nog moet SA die mense huisves as daar nie eers meer genoeg werk is vir ons eie mense nie. Werkloosheid gaan veroorsaak dat die land gaan brand…..plaas dit alles voor die onbeholpe regering….

Theuns ·

Cadres kan nie tel nie. Hul sien net kleur en haat wit.
Oupa ramaposa wat so rondploeter soos voorskoolse kleuter stel die voorbeeld. Loosers is cadres

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.