Zuma aan Maimane: ‘Ek het nooit oor Nkandla gejok nie’

President Jacob Zuma reageer op vrae in die parlement op 17 Mei 2016 Foto: Ntswe Mokoena

President Jacob Zuma reageer op vrae in die parlement op 17 Mei 2016 Foto: Ntswe Mokoena

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag aan die Parlement gesê hy het nog nooit oor die finansiering van sy privaat Nkandla-huis gejok nie, en verdere vrae van die Demokratiese Alliansie van die hand gewys.

Maimane het tydens die kwartaallikse presidensiële vraag-en-antwoordsessie in die Nasionale Vergadering die president daaraan herinner dat hy aan die Kamer gesê het die regering het nie vir sy huis betaal nie, en dat dit deur ʼn banklening gefinansier is. Hy het daarop gewys dat die hofuitspraak in Maart bevestig dat Zuma gejok het.

Die konstitusionele hof het beslis dat Zuma die staat moet terugbetaal.

“Ek moet aan die eerbare lid sê dat ek nie gelieg het nie, en jou vraag is doelbewus só gestel dat dit ʼn sluier plaas oor die ware situasie,” het Zuma reageer. Hy het bygevoeg hy het reeds in 2005 met aanbouings by sy huis begin toe hy nog adjunkpresident was, en dat nóg die hof, nóg die openbare beskermer, sy stelling – dat sy familie, en nie die staat nie die huis gebou het – onwaar gevind het.

“Ek het begin mat aanbouings by my huis toe ek adjunkpresident was, nie president nie… teen die tyd wat ek president geword het, het die geboue reeds gestaan, die eerste een dakhoogte; die tweede een op vensterhoogte en die fondasie is gelê vir die derde een. Die regering het kort nadat ek president geword het, met ʼn plan gekom ná daar met die aanbouings begin is.”

Die opposisiepartye het luidkeels hierop gelag en hy het skerp gesê: “Bly net stil en luister, ons het die huis gebou. Die konstitusionele hof het nie gesê ek het gelieg toe ek gesê het die familie het die huis gebou nie. Die openbare beskermer het ook nie so gesê nie.”

Zuma het verduidelik Madonsela het bevind dat vyf items, insluitend ʼn beeskraal en swembad wat deur die regering gebou is, hom en sy familie “indirek bevoordeel” het en dat ʼn redelike bedrag aan die staat terugbetaal moet word.

“Ek het nooit gesê ek het die vyf items gebou waaroor die konstitusionele hof praat nie,” het hy gesê. “Ek het nooit gejok nie.”

Volgens die uitspraak moet die nasionale tesourie binnekort bepaal wat ʼn redelike bedrag sal wees wat die president moet terugbetaal.

Zuma het ook ʼn vraag van die opposisie oor die welgestelde Gupta-familie, wat glo hegte bande met hom het en herhaaldelik probeer het om regeringsbesluite te beïnvloed, verwerp. “Ek weet niks van die sakeonderhandelings van die Guptas of enigiemand nie,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

christine ·

Hy dink die DA is sy stupid kiesers wat hy kan belieg. Een van die dae gaan hy nog vir hulle dans ook

John ·

Nog ‘n termyn is oppad. Kry pille mense! Ek praat nie van vitamine-pille nie!

lynette ·

Sy familie het betaal, vir die eerste onvoltooide gebou, tweede half voltooide gebou en derde een waarvan slegs die fondasie gele is. Wie het vir die res betaal? Die regering wat met n plan vorendag gekom het en hyself was hoof van regering. Hy het gese dat sy familie betaal het en nie dat hulle slegs vir n gedeelte betaal het nie. Hy lieg so dat hy homself glo!!!! Wanneer beset die man dat almal nie so dom soos sy volgelinge is nie?

Lance ·

Maar net 783 klagtes …nee jy praat die waarheid hoor ….wat n joke

Sidney ·

Toe daar eers gepraat is van die aanbouings het jy JZ gese jy het nie daarwoor ge vra nie, Nou hoe kan jy nou se jy het nie gelieg nie. PLEASE COME CLEAN AND PROVE YOU ARE A MAN .

Rynhardt ·

Zuma jy het nie gelieg nie? Destyds het die Openbare Beskermer in haar verslae aanbeveel dat die prez terugbetalings doen.By twee geleenthede het die ad hoc komitee (gelaai met zuma-mamne) dat die prez hoef niks terug te betaal nie.Later het die einste prez besluit om n deel van die koste te dek.Daarmee het Zuma erken dat hy belastingbetalers se geld gevat het.Mense, Maimane val Zuma net aan, want hy glo hy gaan president word.Politiek en parlenent is labkal dood in SA! Zuma speel net vir tyd, voordat die groot chaos kom!

odette ·

ek glo nie zuma se woorde nie hy lieg vir die parlamente en die wereld se mense.zuma is bang om die aftrede van sy president. almal moet net glo wat hy se dis is nie so die mense het gegons oor hom dat hy belasting geld vir die Nkandla huis gesteel vir die miljarde.skaam hom .hy moes die armes en werkers van die pad of hospital en onderwysers moet betaal word nie sy eie nie.

Dawie ·

Hoe op aarde kan ‘n mens ‘n verband kry om aanbouings te doen op grond wat jy nie besit nie? Indien dit wel so is waarom kan die res van die bevolking wat op stamgronde woon ook nie verbande kry nie?

m ·

As hy dan nou nie gelieg het nie hoekom is hy bereid om deel terug te betaal. As alles dan wettig gedoen was is dit mos nie nodig om te betaal nie????? Hy het homself weggegee!!!!!!

siestog ·

Siestog hy weet nie as mens iets vooraf ontken het, dat dit jok is nie. Zuma jy is definitief nie jou Ma se skerpste potlood nie!

Ben Prinsloo ·

Net 1 vraag: wie het al gehoor dat n dief wat vry rondloop het al erken hy is n dief? Lagwekkend.

Tiger ·

Maar net NOG een van sy lieg stories.Die president leef in Disney Land!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.