Zuma-aansoek oor Zondo Maandag aangehoor

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n vroeëre verskyning. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Nadat ʼn dagvaarding verlede maand aan oudpres. Jacob Zuma by sy huis in Nkandla beteken is om Maandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek oor staatskaping te verskyn, het Zuma se regspan vandeesweek ʼn amptelike aansoek ingedien dat adjunkhoofregter Raymond Zondo hom aan die saak onttrek.

Dié aansoek word Maandag aangehoor.

Die Zuma-kamp voer nou al geruime tyd aan Zondo is bevooroordeeld teenoor hom, gegewe die “geskiedkundige familiebande” tussen die twee. Zondo het dié bande vroeër verduidelik as dat Zuma getrou het met die suster van ʼn vrou met wie hy [Zondo] jare gelede ʼn verhouding gehad het.

Prof. Itumeleng Mosala, sekretaris van die kommissie, sê pogings om duidelikheid te kry oor die kwessie of Zuma Maandag gaan verskyn, was tot dusver onsuksesvol.

Hoewel die oudpresident se regspan aanvoer dat Zuma nié gesê het hy gaan die dagvaarding verontagsaam nie, het die kommissie dit weereens duidelik gestel dat hy van Zuma verwag om op te daag.

Die aansoek word om 10:00 aangehoor.

Altesaam 34 getuies het die oudpresident reeds in hul getuienis voor die kommissie betrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Louwrens ·

Nou wonder ek net, as meer as 30 getuies jou impliseer hoekom nog tyd mors met die teenkanting aansoek.
Hy moet maar kom pa staan en sy pak vat soos n man. Hy reken mos hy is n man, so kom ou Zuma wys ons wat steek in jou . . .

Harry ·

Tussen hierdie man se minagting van orde in SA en Ace se totale uitdaging daarvan kan SA in anargie gedompel word. Hou vas SA dinge gaan rof raak. Sterkte vir die mense wat wet en orde sal wil laat seevier.

koos10 ·

Zuma gaan nooit voor enige hof op beskudigings pleit nie. Sy regspan is meesters om die skuiwergate in die wet en howe te vind.

Deon ·

Die mense wat die wette skryf moet hietdir grbruik as n case study, en dit dkryf dat dit nie so misbruik kan word nie

Dup ·

Net in SA…as jy skuldig is,is jy eintlik onskuldig.as jy aangekla word dan sê jy dis spioene uit die apartheid regime wie jou party geinfiltreer het.Daar is gewoonlik ñ massa sirkus buite ñ hofgebou en die aangeklaagdes word vereer en almal sing struggle liedjies.MK vorm ñ kordon om hulle “helde” en tot onskuldige media mense word verjaag en gedreig.Daar is vars plakkate met nuwe slagspreuke en nuwe t hemde met nuwe gesigte.n Foto van die President word verbrand en verskillende faksies begin om mekaar te verskree.Nog ñ dag in Bloem….

Paul ·

Verstaan die man nie hy altyd gesè hy kan nie wag vir sy dag in hof weet die net kommissie maar die Thales hofsaak sè hy ok hy onskuldig so verskyn dan maar voor Zondo

Johanncb ·

Hierdie man sal nog sorg dat hy homself vanuit sy graf verontskuldig!

Cornelius ·

What next, ernstig siek en kan nie verskyn nie. Die ou hardloop uit verskoning uit om nie verskyn nie, of wag as ons weer hoor sê hy, hy is dood.

Hennie J ·

Ja Joos, ek is geneig om met jou saam te stem maar kom ons hoop die plan flop.

4ntj13 ·

Bevooroordeeld? As mens nie aan die goeie dinge se kant is nie, is dit ook bevooroordeeld wees?

JM ·

President se voet! Zuma is nie meer president nie, was nooit die titel president werd nie. Hy en sy ANC is die grootste ramp wat die land ooit kon tref! Mag ons hom in sy oranje pak sien!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.