Zuma wil grondeis teen hele SA instel

Oudpres. Jacob Zuma. (Argieffoto: ANA)

Oudpres. Jacob Zuma beplan om ʼn grondeis teen die hele Suid-Afrika in te stel. In ʼn kennisgewing van die grondeis voer hy aan dat net afstammelinge van die Bantoe-stam die regmatige eienaars van dié land is.

Die JG Zuma-stigting het op Twitter aangedui dat ʼn kennisgewing van die beplande grondeis reeds by Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, ingedien is.

In dié nege bladsy lange kennisgewing dui Zuma onder meer aan dat die “swart bevolking van die Bantoe-uitbreiding afstam” en dat hulle (die Bantoes) al sedert 500 jaar ná Christus se geboorte (n.C.) – dus vir sowat 2 000 jaar – ʼn teenwoordigheid in Suid-Afrika het.

“Dit is aan my en my beleërde vriende en kamerade uitgewys dat die land op pilare rus, naamlik waardigheid, onderrig en ekonomie. Dít het tot drievuldige uitdagings gelei, naamlik armoede, ongelykheid en werkloosheid,” lui die kennisgewing.

“Waardigheid is die erkenning van ons mense wat Suid-Afrika sedert 500 jaar n.C. beset, voor Jan van Riebeeck se koms op 5 April 1652. Waardigheid kan nie bestaan sonder die erkenning van die grondkwessie nie.”

Zuma dui voorts aan dat die inheemse mense van die land (Bantoes) sedert Van Riebeeck se koms aan nadelige en skadelike gedrag en behandeling onderworpe was, wat tot vandag toe voortduur. Hy sê dié mense ervaar ook steeds teenkanting wanneer hulle hul grond regmatig wil terugneem.

Hy glo die grondeis sal uiteindelik aan Bantoes hul waardigheid teruggee.

Zuma sluit die kennisgewing af deur te sê die grondeis moet nie as ʼn “uitlokking” beskou word nie, maar as ʼn manier om “vrede, gelykheid en ware vryheid in die land te herstel”.

Die drukgroep Cape Independence Advocacy Group het in reaksie hierop gesê hulle “verwerp die grondeis met die minagting wat dit verdien”.

ʼn Twitter-gebruiker het ook gevra of die boere se voorgeslagte dan nie voor die Bantoes in Suid-Afrika was nie, waarop die drukgroep geantwoord het dat die versuim om die Khoi-Khoi en San te erken ʼn veel meer prominente weglating (in die kennisgewing) is.

“Die Grondwet van Suid-Afrika maak dit egter duidelik: Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon.” 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

85 Kommentare

Anne-Marie ·

Ek het lanklaas so lekker gelag. Daar is baie beslis ʼn skroef los in Zuma se kop….

Jacques Dawie ·

Nie gesond genoeg vir die tronk nie maar gesond genoeg vir n grondeis?

Heinrich ·

Ek wil ook bietjie hê van wat hierdie perd rook, en heeltemal diskonnekteer met die werklikheid (veral die werklikheid wat hy en sy party geskep het!)

André ·

Shame, hy het vir ‘n week nie aandag in die nuus gekry nie. Hy en Julius kort ‘n drukkie!

Rooi rissie ·

Is daar plek vir ons almal in die Wes Kaap?kan ons maar daar kom afpak?

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy is welkom. Ons het karavaan parke.

annie ·

Weet jy wie is die meeste in die Wes-Kaap wat beslis op die beheer aanspraak sal maak? Nie die wit mense meer nie. Min Afrikaners het huise en werk daar. Hoeen waar gaan hulle vestig… In plakkerskampe wat wie sal onderhou?

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek bly in die Wes Kaap en dis my prioriteit. Vir julle buite die nuwe staat voel ek soos ‘n moeder. Julle moet elders jul eie toekoms bou . Ons kan julle nie meer help nie. Jammer.

Delia ·

Voel soos n moeder. Duidelik weet jy nie wat n moeder is nie?

Republikein in die Wes Kaap ·

As ‘n oud weermaglid ken jy die volle uitdrukking. Ek mag dit nie hier meld nie ;)

JohanR ·

Hierdie ou is nie eers ‘n 30 percenter nie. Miskien kan hulle hom daar by Ondertepoort ondersoek en sien of daar selfs ‘n brein is!

Johanna ·

As ek nou sê wat ek wil sê Dan slaap ek vandàg in die tronk. Sit Zuma waar hy hoody in die tronk en gee sleutels vir die haaie

Riekie ·

Die arme drommel. Hy gaan aan asof hy SA nog kan hiet en gebied. Niks anders as ‘n tronkvoël op vrye voet nie. Sharraaaaaaaap!!!

Koen ·

Hy doen. Saam met sy exvrou trek hulle ramaflop se……..toutjies.

Eugene ·

SHAME Toggie……. het jy nie genoeg grond nie?. En sou jy grond kry wat gaan jy daarmee doen?????????POTHOLES toe maak

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

…en tog word ons soos 2de rangse burgers in ons eie land behandel. Zuma….hamba!

Republikein in die Wes Kaap ·

In die Wes Kaap is ons 1ste rangse burgers.

Delia ·

Jy bly seker nie in een van die plakkerskampe of in n tentjie op n sypaadjie nie

Koen ·

Met die hoogste aantal moorde in die land. Nee wat. probeer weer.

Jakez ·

…en daar raak ou Zoempies finaal die kluts heeltemal kwyt, ha ha ha!

Jacqueline ·

Misschien dat Zuma aan kan kloppen bij de Nederlandse regering. Dit is wat de Surinaamse bevolking krijgt.
“Het kabinet gaat excuses aanbieden voor het slavernijverleden. Het geeft ook 200 miljoen euro aan projecten in het herdenkingsjaar 2023, 160 jaar nadat Nederland de slavernij afschafte. Het Landelijk Platform Slavernijverleden vindt dit te weinig en wil een ‘voorschot’ van 40.000 euro per nazaat.”
De mensheid is mal geworden.

OW ·

Hy moet maar probeer met dié grondeis.Dit gaan nog langer en meer ingewikkelder wees as sy korrupsie hofsaak met die Franse wapenvervaardiger,Tales.

Althes ·

Raak die ouman nou seniel op sy oudag? Is hy so ñ erge aandagvraat dat hy nie tot rus wil kom. Inderdaad behoort die hele SA aan almal wat daarin woon, want die ontstaan van die mens het hier begin. SA het internasionale burgers.

Perdeby ·

Julle was nog nooit in die WES Kaap gewees nie, so probeer iets anders!

Wondermaarnet ·

Ek het lanklaas so hard en lekker gelag. Ou zumpie soek aandag.

Marius ·

Hoort die man nie in die tronk nie?
Hy kruip gat om weer sy naam op te bou van minder as niks na niks toe.

Ronel ·

Ag sjame – arme mens – geestelik is hy baie sieker as fisies. Siestog!

miraclealigner ·

Hoekom gee enigeiemand nog hoeganaamd aan die nar enige lugtyd?!

Dries ·

Ongelooflik. Soos Jacques sê, te siek om tronk toe te gaan maar nie te siek om ….. uit te dink nie. Die ergste van alles is dat hy sal ondersteuning kry van die meer liberale landsgenote

Patch ·

HA-ha-ha. Ek lag my ‘n papie. Ou Zummie, I would like to see you try. Jy en jou trawante gaan julle vasloop.

Jackie ·

Mens kan Suid Afrikaners nie kwalik neem dat hulle die sirkus vir Oz, NZ of iewers anders wil verruil nie.

Fluisterwind ·

Laat hy (Zumpie) eers begin met sy korrektiewe diens, dalk kry hulle sy koppie reg. Mal soos ‘n mot!

Andries ·

Hy het nou sowaar uiteindelik uit redes uit gehardloop om sy korrupsiesaak te vertraag.

Dankie tog. Lig in die tonnel…..

domheks ·

Wonder hoeveel van die ‘uitsonderlike’ idees kom van sy nasate??? Almal in die bol gepik.

Dandeleen ·

Wat ek graag wil weet is, waar op dees aarde het die ou geskiedenis gekry? Op skool reeds het ons geleer hoe SA se mense ontstaan het en dit is beslis nie soos hy dit stel nie. Of hy is baie dom, of ek is.

Johanncb ·

As hy die oorspronklike titelakte kan toon, het hy dalk ‘n punt beet! Weet net nie in watter argiewe hy dit gaan opdiep nie!

Andre ·

Hy sal sekerlik beter as dit moet doen om ‘n opvolger te troef.

Daisy ·

Hierdie man kan nie dink nie.
Waar dink hy gaan geld vandaan kom vir banke waar huidige huisverbande is?
Sou my huis onteien word en ek betaal ‘n verband, hou ek mos op om die verband te betaal en so ook die res van die onteiende huiseienaars. So wie gaan die skuld delg?
Vra maar net.

houopkruip ·

Hy kan maar Skaapstad en Skelmbos vat – daar waar hierdie land se probleme deur die eeue heen deur sg “geleerdes, leiers en denkers” uitgedink en begin is.

Eugene ·

Zuma. Wat weet jy van 5 April 1652? Daai tyd was jy nog in jou pa gewees. Jy lyk gesond genoeg om tronk toe te gaan.

Adolf ·

Wanneer gaan die peanut koppie tronk toe?? Hy moet eerder sy bekkie hou of tronk toe of na sy voorvaders wat in n hardehout woon.

Di ·

Sjoe, hierdie ou man se kop het hom heentemal gelos! Goeie genade, kan mens sulke snert kwytraak en by jou volle positiewe wees? Ek twyfel sterk

Deon ·

Ek is nou heeltemal oortuig dat die man siek is! Hy en sy raadgewers het almal dringende gesondheidsorg in n gestig nodig. Dit is asof die land nie genoeg werklike probleme het om mee te deel nie. Nou kom mors hulle ook nog tyd en geld met sulke nonsens.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gauteng kan ‘n nuwe republiek word. Maar ek wil nie daar woon nie.

piet ·

Ons mag dink dit is ‘n grap maar ouens soos Zuma en Malema is ernstig en dink hulle is reg. Dis eintlik skrikwekkend hoe die mense redeneer.

Cherokee ·

Oom Jan het nie op die 5de nie maar op 6 April hier aangeland. Dìt alleen is genoeg om sy eis by die venster uit te gooi.

John ·

SÊ gou vir my, wat het dan nou van die KoiSan geword. Almal bly vergeet dat hulle hier was al voor Christus se geboorte. Die land en Botswana behoort dis aan hulle. Verbal die Wes Kaap, sorry our maat.

Republikein in die Wes Kaap ·

Lesotho eis reeds die hele Vrystaat, en gedeeltes van die Oos Kaap, Noord Kaap, KZN en Mpumalanga.

Rocco ·

Nogal ‘His Excellency’. Ek het geen respek vir hom nie. Swakkeling

Delia ·

Hy soek stemme vir die ANC voor die vlge verkiesing. Toe hy Prez was het hy dit nie gedoen nie. Hoekom nou?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die ANC is ‘n hegte familie. Hulle staan saam, deur dik en dun. Hulle gaan nog lank in beheer wees.

Papsak ·

Ja hy te siek om tronk toe te gaan maar nie te siek om grond te eis nie nou hoe nou

Adriana ·

Miskien moet hy terug gaan skool toe om sy Geskiedenis weer oor te leer.

ES ·

Ek wil net weet – wie is sy regspan en hoekom adviseer hulle hom nie daarteen nie? Ons almal weet hierdie hele klug gaan deur die hof van die hand gewys word, en sy regspan skep net die geld. Dis oneties!

Republikein in die Wes Kaap ·

Die land gaan opgesnipper word. Pleisters gaan dit nie meer bymekaar hou nie. Maak nou ‘n keuse waar jy jou wil skaar.

fransdutoit3 ·

Een van die vroegste grondtransaksies in die Kaap is op 19 April 1672 aangegaan toe die V.O.C.-kommissaris Aernhout van Overbeke as voorsitter van die Politieke Raad, formeel die grondgebied rondom die Kaap van die Khoi gekoop het, wat daarop aanspraak gemaak het. Hy het die transaksie volgens geskiedskrywers as raadsaam beskou om toekomstige grondgeskille te vermy. Dit is deur twee transaksies gedoen, die eerste op dié dag met die Khoi-kaptein Schacher en ‘n tweede een met die kaptein Dhouw nadat hy reeds ná ‘n maand aan die Kaap vertrek het. In die geval van Schacher, die seun van Gogosoa, is daar in ruil vir handelsware deur hom afstand gedoen van die hele Kaapse distrik, insluitende Tafelbaai, Houtbaai en Saldanhabaai wat aan die Cochoqua-stam behoort het. In die ooreenkoms met Dhouw van die Chaincuqua, is daar in ruil vir handelsware afstand gedoen van die Hottentots-Hollanddistrik wat Valsbaai ingesluit het.

Willie ·

Ek wonder net, kan daar nie ‘n “class action” saak teen die ANC gemaak word vir die vernietiging van Suid-Afrika nie?

annie ·

Deur die Zoeloe-geskiedenis kon hul nie eers hul naaste verduur nie, soos die onlangse gebeure rondom die troonopvolger toon. Dis hoogtyd dat ons ophou om die stam as ‘n koninkryk te onderhou. Zuma het in sy wagbeurt eerder uitlanders bevoordeel wat nou vry loop en met ons goud hul vreemde gode se tempels beslaan. Hy is die een groot klad op SA se naam. Die bladsy is propvol blertse…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.