Zuma wil NVG-hoof laat ondersoek

Shamila Batohi, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Oudpresident Jacob Zuma het die president skriftelik versoek om die nasionale direkteur van openbare vervolging (NDOV) Shamila Batohi en haar adjunk, Rodney de Kock, te ondersoek vir wangedrag.

Zuma se prokureurs, Ntanga Nkuhlu Inc., het pres. Cyril Ramaphosa Maandag versoek om ʼn ondersoek van stapel te stuur kragtens artikel 12(6) van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag.

Nkuhlu verwys Ramaphosa in die skrywe na korrespondensie uit Augustus 2021 deur Zuma se voormalige prokureurs, BM Thusini Incorporated, oor bewerings van ernstige wangedrag op die hoogste vlakke deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG).

Die klag het in daardie stadium verband gehou met vertroulike mediese inligting wat aan ʼn verslaggewer, Karyn Maughan, uitgelek is, na bewering deur lede van die vervolgingspan (Billy Downer) in Zuma se kriminele saak wat hangende is voor die KwaZulu-Natalse hooggeregshof.

“Oënskynlik het jy versuim om alle nodige en voldoende stappe te doen om die kwessies te takel wat in die brief aangeroer is,” aldus Nkuhlu.

Sedert Zuma se inligting uitgelek het, “was daar baie verwikkelings wat plaasgevind het en waarvan Ramaphosa bewus is”.

Oudpres. Jacob Zuma. (Argieffoto: GCIS)

Die prokureurs het ʼn lys van oortredings deur die NVG in die skrywe uiteengesit, insluitend die voorlegging van ʼn vals en misleidende verklaring, wanverteenwoordiging van belangrike feite en dat fluitjieblasers se inligting geïgnoreer is.

“Ons kliënt glo dat die NDOV nie net ten volle bewus was van al die onwettige en kriminele aktiwiteite nie, maar dat sy sentraal betrokke was in die beplanning en/of uitvoering daarvan. Dieselfde geld haar adjunk.”

Zuma versoek gevolglik dat Ramaphosa dringend ondersoek sal instel na die NDOV en haar adjunk se bevoegdheid om die amp te beklee, aangesien hulle “skynbaar ʼn gevaar inhou vir die Grondwet en die mense van Suid-Afrika”.

Nkuhlu sê Zuma is van voornemens om verdere regstappe te doen indien die president versuim om teen Batohi en De Kock op te tree.

Ramaphosa moet voor 31 Mei 2023 op die brief reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elizabeth ·

Die skaap het geen einde en sal aanhou tot doodsdag. Wat ñ pateet is hy nie????????????

Johan ·

Hierdie man is die grootste gevaar vir die grondwet, met sy Stalingrad prosesse

Kenny ·

Zuma jy moet ‘n slag jou verkoue dagvaar vir verligting dit help hoor
Ek het dit gedoen en weg is hy met 2 disprins wat hom gejaag het p/s my huisdokter se raad net R450 later

annie ·

… en die grap is: Zuma het haar self aangestel. Maar not to worry, sy sal net soos hy maak. Die saak sal vir jare sloer want ons het ‘n uitstel-gerigte regsgelsel. ‘n Dik boek genaand: Neverending, verskyn binnekort op die rakke. Dit behoort meer te verkoop as De Ruyter se jongste riller. Hy werk moontlik ook aan ‘n opvolger.

Piet 6 ·

En die grap is, Zuma het haar nie aangestel nie. Dit is van die eerste aanstellings wat president Ramaphosa gemaak het om staatsinstellings te probeer regruk.

annie ·

O, jammer. Dan gaan dit erger onder Cyril. Zuma het dan te beter keuses gemaak. Hulle draai toe beter uit as waarop hy gehoop het.

Cathy ·

Goeie genade, hoe lank gaan hierdie verwoester van ons land se ekonomie nog op vrye voet wees en die wette so uitdag? Waarom word dit geduld? Gaan my verstand te bowe.

Papsak ·

Hoekom Zuma nog nie in sy plek waar hy al lankal moes wees nie hy nie President nie nou wil hy sy stem laat hoor

Veronika ·

Enigeiets om die aandag van jou korrupsie weg te kry en te “stall” dat jy boet vir jou sondes en die ellende waarin jy ons land gedompel het!

gatgogga ·

In hierdie geval is Zuma reg. Bitohi weier om enige van die kader misdade te ondersoek.

JohanR ·

Agh assebleif ondersoek haar. Sy is al 100 jaar daar en het nog NIKS vermag nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Batohi moes eerder in maatskappyreg gepraktiseer het…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.