SA se eerste Masterchef aangewys

Deena Naidoo. Foto: Masterchef SA se Facebook-blad

Suid-Afrika se eerste Masterchef is gisteraand op M-Net aangewys.

Dié eer het Deena Naidoo van Durban gisteraand te beurt geval. Naidoo het die hoogste punte van die beoordelaars gekry tydens drie verskillende uitdagings om Sue-Ann Allen van Kaapstad te klop. Die eerste uitdaging was ʼn sogenaamde “mystery box” waarin daar hoofsaaklik groente was en moes die deelnemers ʼn voorgereg daaruit maak. Tydens die tweede uitdaging is die deelnemers vrye teuels gegee om enige hoofgereg van hul keuse te maak. Vir die laaste uitdaging moes Naidoo en Allen ʼn gedekonstrueerde melktert maak. Naidoo wen onder meer ʼn tweejaarkontrak om ʼn restaurant by Montecasino te bedryf sowel as ʼn nuwe motor en R250 000 kontant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.