Ses tieners vas na moord op drie kinders

Ses tieners is in hegtenis geneem in verband met die moord op drie kinders wie se liggame in Augustus in Mookgopong (Naboomspruit) in Limpopo gevind is.

Brig. Hangwani Mulaudzi, ʼn polisiewoordvoerder, sê die ses tieners, tussen die ouderdomme van 12 en 14, word in ʼn plek van veiligheid gehou en sal na verwagting Vrydagoggend in die Mookgopong-landdroshof verskyn. Hulle sal tereg staan op aanklagte van moord en verkragting. Die liggame van Bafana Kekana (9), sy broer Hosea Richard Kekana (10) en hulle niggie Johana Kekana (12) is op 18 Augustus vanjaar in ʼn veld naby die Constantia-vakansieoord in Mookgopong gevind. Hulle is met klippe doodgegooi. Die drie kinders was steeds in hulle skooluniforms en hulle hande en voete is met skoenveters vasgemaak. Die meisie is verkrag voor sy vermoor is. Die drie het by die Montadi-jeugsorgsentrum in die dorp gebly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.